Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

De Wets op pad na Japan as ‘brug’-sendelinge

– ’n Versoek tot biddende ondersteuning – Tobie en Annalie de Wet, wat ná hul aftrede as sendelingspaar van meer as twintig jaar by die Reformed Church in Japan (RCJ) nou al geruime tyd op Swellendam woon, is nou weer op pad terug na Japan. Hierdie keer as “brug”-sendelinge. Ons NG Kerk (Missie Japan) staan in 'n amptelike sustersverhouding…

Read More

Dr Mostert benoem as ACTEA-raadslid

Hiermee wens ons vir dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis, veels geluk met sy benoeming as raadslid van die Association for Christian Theological Education in Africa (ACTEA). Die twee hoofredes vir die bestaan van hierdie belangrike assosiasie is: om akademiese akkreditasie van teologiese programme aan te bied deur 'n streng proses van gehalteversekering en aanspreeklikheid, en…

Read More

Publieke Teologie as Profetiese Teologie?

Boekbekendstelling Laubscher, M. Publieke Teologie as Profetiese Teologie? Martin Laubscher Bio Martin Laubscher is ʼn senior lektor in homiletiek en liturgiek aan die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika. Boekbekendstelling Laubscher, M. Publieke Teologie as Profetiese Teologie? Daar is ʼn immer dringende, dog dubbelsinnige vraag na die kerk se openbare rol in ons samelewing. Is die…

Read More

Vrystaat teenwoordig by RCA Sinodesitting

Gedurende die eerste week in Oktober het ons susterskerk wat onstaan het uit die bediening aan die Indiërbevolking hier in Suid-Afrika, die Reformed Church in Africa (RCA), hul sinodesitting in Hillton, Natal gehou. Dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis, het dit op 4 en 5 Oktober bygewoon. “Dit was ’n goeie sinodesitting,” vertel Nico. “Die…

Read More

Eugene H Peterson: Working the Angles: The Shape of Pastoral Integrity (1987)

Eugene Peterson (1932-2018) en predikante Ek het die boek Working the Angles. The Shape of Pastoral Integrity (1987) van Eugene Peterson by die sinode se mediateek geleen. Peterson was ‘n baie bekende en gesogte skrywer van talle boeke... veral bekend vir sy parafrase-vertaling van die Nuwe Testament The Message (2002). Maar nou moet ek erken dat ek (skandelik!) nog…

Read More

Ons gemeente wil herwin, maar hoe gemaak?

Nadat tien van die NG Kerk Vrystaat se sinodale kantoorpersoneel op Vrydag 23 September na die Waste Pickers Association by die noordelike stortingsterrein van Bloemfontein uitgereik het, is daar op verskeie mediaplatforms, soos dié van die NG Kerk Vrystaat en NETWERK24 daaroor berig. Omdat daar waarskynlik gemeentes is wat nou ook graag herwinningsprojekte sal wil begin, het ons besluit…

Read More

Neels Jackson, Drie Dekades van Verandering. Die NG Kerk se pad van verruiming

Kaapstad: Lux Verbi, 2021 Daar is seker niemand wat oor die afgelope drie dekades meer NG Kerk-vergaderings bygewoon het as Neels Jackson nie. Vanaf 1990 was hy kerksake-verslaggewer van Beeld (en sy familie) koerante, en later vir ‘n aantal jare self redakteur van Kerkbode. En dit was nie net sinodes (Algemene- en Streeksinodes) nie, maar ook allerlei ander…

Read More

“Ons is deel van ’n groter geheel …”

Die pragtige handelstad, Karlsruhe in Duitsland, wat langs die magtige Rynrivier geleë is, gaan tans swaar gebuk onder klimaatsveranderinge wat as gevolg van die somerdroogte tans die skeepsvaart bemoeilik en die ekonomie onder groot druk plaas. Die afgelope tyd het dié stad egter in ’n miernes van kerklike bedrywighede ontaard toe die elfde Algemene Vergadering…

Read More

Nuwe ooreenkoms met UV oor Teologiese Opleiding

“Ons bring verskillende vaardighede en vermoëns na hierdie vennootskap” (Prof Francis Petersen, Rektor van die UV) Die afgelope Dinsdagaand 23 Augustus 2022 is ‘n nuwe ooreenkoms tussen die NG Kerk Vrystaat en die Universiteit van die Vrystaat (UV) oor teologiese opleiding onderteken. Sedert die totstandkoming van ‘n teologiese fakulteit aan die destydse UOVS (1980), is die…

Read More

Johan Nel – ons teologiese opleiding in bekwame hande

Tydens ons sinodesitting in Maart vanjaar het die opleiding van ons teologie-studente redelik onder skoot gekom. Daar is uit sommige geledere met groot kommer na die Universiteit van die Vrystaat se Fakulteit Teologie, die kuratorium en seminarium gekyk. Uiteraard is dit natuurlik van kardinale belang dat die akademiese instansies waar ons studente teologies geskool en…

Read More

116 | Maatskaplike NOODLYN