Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

’n Blouer hemelruim

Deur Mariëtte Odendaal Sedert die eerste rookwolke van die Industriële Revolusie die hemelruim begin verdonker het, het die wêreld gou agtergekom dat skoon lug nie vanselfsprekend is nie. Die Internasionale Dag van Suiwer Lug vir ’n Blou Hemelruim (International Day of Clean Air for Blue Skies) wat op 7 September gevier word, herinner ons elke…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal Ek is moeg om moeg te wees

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke Wanneer slaap nie herstel bring nie  Hierdie artikel bring Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor kroniese siekte in gesprek met die persoonlike ervaring van aanhoudende moegheid. Die fokus val op selfbestuur, ondersteuning deur versorgers en professionele persone, asook die werks- en gemeenskapsruimtes waarin…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal Depressie: Leer om saam met donker te leef

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke "Soms wens ek my depressie was sigbaar – soos ’n gebreekte been in gips of koors wat gemeet kan word. Dan sou mense dalk verstaan waarom my bed my party dae gevange hou." (Anoniem) Hierdie artikel bring Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal Stadium 5-nierversaking met hemodialise

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke Wanneer drie dae van elke week aan lewensondersteuning behoort Hierdie artikel bied inligting vanuit Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor die persoonlike ervaring van kroniese siekwees. Die fokus val op selfbestuur, ondersteuning deur versorgers en professionele persone, en die werks- en gemeenskapsruimtes waarin…

Read More

Kom ons vier Wêreldomgewingsdag

Deur Mariëtte Odendaal As Vrystaters ken ons die grootsheid van God se skepping eerstehands – van die uitgestrekte, goudgeel mielielande en die welige grasvelde tot by die asemrowende Malutiberge. Op Vrydag 5 Junie vier die mensdom weer Wêreldomgewingsdag. Vir ons as gelowiges is hierdie nie net nog ’n sekulêre kalenderdag nie; dit is ’n dringende…

Read More

Geregtigheid

Deur ds Louwrens Scheepers Sameroeper: VBO Netwerk en aanbieder van Stillepolis-retraites in Philippolis Hierdie artikel is ds Louwrens Scheepers se opsomming van die webinaar van John Dominic Crossan oor “The Biblical God of Justice”. Die webinaar van John Dominic Crossan oor “The Biblical God of Justice” is ’n poging om die Bybelverhaal deur een…

Read More

Ons vier Biologiese Diversiteit

Deur Mariëtte Odendaal Op Vrydag 22 Mei het ons wêreldwyd ons unieke aarde se biologiese diversiteit gevier. Vanjaar se tema is “Doen iets plaasliks ter wille van globale impak" (Acting locally for global impact). Die Internasionale Dag van Biologiese Diversiteit is nie sommer net ’n niksseggende datum op ons kalenders nie – dit is ’n…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal | Wanneer broosheid en deernis ontmoet, ontvlam hoop

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke Wanneer broosheid en deernis ontmoet, ontvlam hoop Hierdie artikel spruit voort uit Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor die persoonlike ervaring van kroniese siekte, met die fokus op selfbestuur, versorger-ondersteuning, professionele begeleiding en die werks- en gemeenskapsruimtes waarin mense met kroniese siektes leef.…

Read More

Wegkomkans vir paartjies – ’n onontbeerlike belegging in jul verhouding

Deur Mariëtte Odendaal “In ’n wêreld waar werk, kinders, verantwoordelikhede en voortdurende druk mense maklik kan laat verval in ‘n patroon van bloot net saam te funksioneer, het ons gevoel daar is ’n behoefte daaraan om stadiger te leef, dieper te luister en doelbewuste teenwoordigheid te ervaar.” Louwrens en Gerda Scheepers Aanbieders: “Couples Retreat”…

Read More

Rentmeesters van die Skepping

Deur Mariëtte Odendaal In Psalm 24:1 word ons duidelik as die opsigters of rentmeesters van die Aarde beskryf. Ons het dus as Christene ’n ernstige verantwoordelikheid om in alle opsigte die skepping te bewaar en te respekteer. Die Vrystaat is een van die mooiste provinsies in ons land en staan bekend vir sy dramaties gekleurde…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke Diabetes Mellitus Tipe 1 (DMT1) Hierdie artikel bied informasie vanuit Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor die persoonlike ervaring van kroniese siekte met die fokus op selfbestuur, versorger-ondersteuning, professionele begeleiding en die werks- en gemeenskapsruimtes waarin mense met kroniese siektes leef. Vanuit ’n…

Read More

Aardedag

Deur Mariëtte Odendaal “Ons krag, ons planeet” Opvoeding oor die beskerming van die aarde raak toenemend belangrik en ons as gemeentes kan ’n baie bepalende en invloedryke rol hierin speel. Wat is nou mooier as ’n gloeiende sonsondergang oor ’n woestyn of oor die wye oop see? Wat is lekkerder as om deur branders te…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke Crohn-siekte (Inflammatoriese dermsiekte – IBD) Wanneer die liggaam ’n onvoorspelbare ritme skep Hierdie artikel bied informasie vanuit Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor die persoonlike ervaring van kroniese siekte met die fokus op selfbestuur, versorger-ondersteuning, professionele begeleiding en die werks- en gemeenskapsruimtes waarin…

Read More

Kroniese Kronieke – narratiewe van ’n nuwe normaal

Deur dr Suzanne van der Merwe, besigheidshoof en woordvoerder van Kroniese Kronieke Rumatoïede outo-immuunsiekte (ROS)  Hierdie artikel bied informasie vanuit Kroniese Kronieke se voortgaande navorsing oor die persoonlike ervaring van kroniese siekte met die fokus op selfbestuur, versorger-ondersteuning, professionele begeleiding en die werks- en gemeenskapsruimtes waarin mense met kroniese siektes leef. Vanuit ’n waardegedrewe raamwerk…

Read More

Mors minder kos

Deur Mariëtte Odendaal Gooi jy maklik oorskietkos weg en maak nie ’n plan om kos wat oorbly op ’n kreatiewe manier op te dis nie? Lees dan gerus verder. Daar word al sedert 2007 jaarliks in Maart wêreldwyd gefokus op 'n belangrike, maar dikwels onsigbare klimaatsveranderingskwessie, naamlik die vermorsing van voedsel. Vanaf 9 tot 15…

Read More

Wêrelddag vir Wildlewe

Deur Mariëtte Odendaal ’n Roeping tot getroue rentmeesterskap Op 3 Maart herdenk die wêreld Wêrelddag vir Wildlewe—’n dag wat ons herinner aan die rykdom en broosheid van God se skepping. Van die kleinste insek tot die magtigste dier, elke lewende wese getuig van God se wysheid en kreatiwiteit. Die Bybel leer ons dat die aarde…

Read More

Van Rentmeesters tot Instandhouders

Deur Mariëtte Odendaal Die rol wat gemeentes kan speel Die somerson hang tans swaar oor die mielie-, koring- en sonneblomlande van Suid-Afrika. Soos die planttye ten einde loop en die oestye naderkom, staan ons dikwels verstom en met groot dankbaarheid oor die oorvloed; nie net as boere nie, maar selfs ons as dorpenaars en stadsjapies…

Read More

Ons vier Wêreld-vleilanddag

Ons vier Wêreld-vleilanddag

Deur Mariëtte Odendaal Vleilande is nie net belangrik ten opsigte van biodiversiteit nie, maar ook vir die ekologiese balans van ons planeet. Op Maandag 2 Februarie vier ons Wêreld-vleilanddag; ’n viering van die ondertekening van die Ramsar-konvensie in 1971. Hierdie konvensie fokus op die bewaring en volhoubare gebruik van vleilande wêreldwyd Waarom is hierdie dag…

Read More

Ontmoet ons 2025-gelegitimeerdes

Deur Mariëtte Odendaal Op 18 November het ons Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat een nuwe teologiestudent, Jackie Smith (tans diensleraar), asook twee colloquium doctum-kandidate, Stéfan Coetzee en Flippie Kotzé, met leraarsbevoegdheid gelegitimeer.  Hiermee wil ons hulle in ons sinode verwelkom en hulle ook aan julle voorstel. Jacqueline Smith  |  NG Kerk Vrystaat, Fakulteit Teologie…

Read More

Hoe lyk die draaiboek van jou lewe?

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Brueggemann sê: “Die wêreld vertel ons elke dag ’n verhaal van beheer, verbruik en vrees. Die Bybel vertel ’n ander een — van vertroue, vryheid en nuwe lewe. Die taak van die kerk is om hierdie ander verhaal te onthou, te vertel en te leef.…

Read More

Dink jouself gelukkig

Deur Mariëtte Odendaal “Om jou gedrag en denke te verander, ís moontlik. Neuroplastisiteit – die brein se vermoë om nuwe verbindings te vorm – is ’n wonderlike stuk gereedskap tot ons álmal se beskikking, maar dit vereis herhaaldelike inoefening.” Dr Pieter van Jaarsveld Op 30 September en 1 Oktober het dr Pieter van Jaarsveld, sielkundige…

Read More

Stil retraite in Philippolis … “Stille-polis”

Deur ds Louwrens Scheepers, sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk, Bedieningsbegeleiding Ons eerste vyfdag-retraite is afgehandel. Vyf dae met ritmes van stilte. Vreemdelinge word vriende – in stilte en deur gedeelde ervarings, al luisterend na die stem van liefde en deernis. En dan word dit sigbaar wanneer dorpenaars verwelkom word en gesels en saam kom luister…

Read More

Aanhalings

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Ek hou van aanhalings. Ek onthou van skooldae af dat 'n kort, kragtige boodskap my aangespreek het.  Langenhoven se As die kortpad die beste was sou die hoofpad daar geloop het, sê soveel meer as die blote woorde. Later op universiteit het my kamermaat 'n luukse…

Read More

Ekologie: Sorg vir Afrika Header

Ekologie: Sorg vir Afrika

Deur Mariëtte Odendaal Ek het onlangs hierdie besondere boek, CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice, raak gesien. Dis by Christelike Lektuurfonds/Christian Literature Fund (CLF) te koop wat die boek as volg beskryf:   'CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice' is a bold and essential contribution to the growing call…

Read More

DIDASKO – ‘n Lerende Gemeenskap

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding Die afgelope Dinsdag 19 Augustus 2025 was 'n vreugdevolle dag in die Vrystaat. Op hierdie dag het Didasko amptelik die lig gesien. Didasko is die handelsnaam waaronder VBO in die Vrystaat voortaan aangebied gaan word. Die Griekse woord, didasko, beteken om te leer. En dit is…

Read More

Netwerk vir Spiritualiteit se nuwe sameroeper

Deur Magdaleen du Toit, vorige Netwerk-sameroeper Ds Louwrens Scheepers, sedert Februarie vanjaar predikant van die NG Gemeente Philippolis in die Suid-Vrystaat, het pas oorgeneem as sameroeper van die Spiritualiteit-netwerk onder die ‘sambreel’ van Bedieningsbegeleiding. Hartlik welkom! Magdaleen du Toit, vorige netwerk-sameroeper, het hom uitgevra en hy vertel: My lewensreis begin in 1967 op Nelspruit, tans…

Read More

Spirituele begeleiding: drie opleiers gesels

Deur Magdaleen du Toit, Spirituele begeleier en lid van die Spiritualiteit Netwerk Wat is spirituele/geestelike begeleiding? En is dit van waarde vir predikante in hul bediening? Hierdie vrae is die afgelope Dinsdag (22 Julie) onder die loep geneem tydens ’n VBO-geleentheid aangebied deur Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die NG Kuratorium, Universiteit van Pretoria.…

Read More