DIDASKO, die nuwe VBO-handelsmerk van die NG Kerk Vrystaat, onder leiding van Bedieningsbegeleiding. DIDASKO is meer as ’n naam – dit beteken “om te leer” – en bied ’n vars, dinamiese ruimte waar ons sáám leer, groei en mekaar toerus vir diens in God se wêreld.
Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie reis van Leer. Inspireer. Verander.
VBO
Die volgehoue ontwikkeling van bedieningsvaardighede deur middel van Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) is vir die NG Kerk van deurslaggewende belang. Die VBO-Forum stel op ‘n gereelde basis VBO-kursusse beskikbaar deur middel van Communitas, Excelsus, Sinodes en ander diensverskaffers. Hugenote Kollege se MyNotes elektroniese platvorm stel aanlyn VBO-kursusse beskikbaar. Die riglyn is dat leraars ten minste 150 VBO-punte in ‘n driejaarsiklus verdien. VBO-punte word op die NG Kerk Databasis geregistreer.
Verwerwing van VBO-punte
KURSUSSE
A | VBO
C | Geakkrediteerde
H | Ander
KONFERENSIES
B | Langer, Een dag, Werkwinkels
STUDIE EN SKRYF
E | Verdere studies
G| Artikels (akademies)
I | Selfstudie
L | Selfsorg
M | Navorsing
N | Skryf van boeke
O | Skryf van Artikelse
P | Kursusontwerp
ANDER
D | Mentoraat
F | Aanbieding
J | Retraites
K | Sabbatsretraites
Q | Aanlyn opleiding
R | Verslag
S | Ringskommissie opleiding
*Ten minste 20 punte moet tydens interaktiewe kontakgeleenthede verwerf word.
| afd. | verw. | wdt_ID | Tipe VBO | wdt_created_by | wdt_created_at | wdt_last_edited_by | wdt_last_edited_at | Punte toekenning (Riglyn: 1 Punt per 1 uur aktiewe leer) |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
A |
1 | Kursusse/Konferensies by VBO diens-verskaffers | ngkvsadm | 26/08/2024 11:51 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:40 | Toerustingsgeleenthede bv. 30 pte vir ʼn drie-dag kursus |
![]() |
B | 2 | Sinodale konferensies / eendag kursusse / werkswinkels by Algemene Sinode se VBO diensverskaffers | ngkvsadm | 26/08/2024 11:53 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:42 | 10 krediete per dag |
![]() |
C | 3 | Vol VBO geakkrediteerde Kursusse deur ander instansies aangebied (Dws kursusse wat nie deur die NG Kerk self ontwikkel word nie. Instansies kan vir akkreditering aansoek doen. Na akkreditering word so ‘n kursus deel van die totale aanbod vir VBO) |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:53 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:47 | 10 krediete per dag – maksimum 30 punte |
![]() |
D | 4 | Mentoraat Kwalitatief is die riglyn 10 uur per jaar in mentor verhouding binne die ontwikkeling van geakkrediteerde mentors (Geld vir mentor en mentee) |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:54 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:52 | 10 per jaar |
![]() |
E | 5 | Verdere Studie (akademies) Finale Krediete word toegereken op datum van graduering, terugwerkend, met indien van ʼn afskrif van die sertifikaat. Punte word jaarliks toegeken. |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:54 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:54 | ● 100% vir Honneurs (50 pte per jaar) ● 100% vir Navorsings Magister oor 2 jaar (100 pte) EN ● 3 jaar vir ʼn bedienings/praktyk gerigte M (“Course work Masters”) (150 pte) EN 100% vir Doktoraal oor 4 jaar (200 pte) |
![]() |
F | 6 | Aanbieding van Teologiese Fakulteit- en VBO-Kursusse asook van die Predikantebegeleiding-sentrum (op versoek van VBO Forum of voorgelê en landwyd aanvaar) | ngkvsadm | 26/08/2024 11:55 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:56 | Dieselfde as vir die wat die kursusse deurloop (eenkeer per jaar vir maksimum van drie jaar van toepassing; aanbieder moet ook aan ander VBO deelneem) |
![]() |
G | 7 | Peer-review (eweknie beoordeelde) Artikels/Studiestukke vir kerklike kommissie/ Bywoning en deelname aan Akademiese Vak Werkgemeenskappe (Per jaar) | ngkvsadm | 26/08/2024 11:55 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:59 | 20 Punte |
![]() |
H | 8 | Ring, Sinodale kursusse / werkswinkels en seminare OF dien op ringskommissie (deur ringsvoorsitter aangevra) OF ʼn Studiestuk (ekwivalent van ʼn artikel van ongeveer 6000 woorde) vir 'n sinode. |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:56 | ngkvsadm | 26/01/2026 09:59 | Maksimum van 10 Punte |
![]() |
I | 9 | Selfstudie Die bestudering van Teologiese Boeke en Artikels; Met die indien van ʼn opsomming van 2 bladsye (±800 woorde) |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:56 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:53 | 10 Punte per boek 5 Punte akademiese artikel |
![]() |
J | 10 | Retraites Dieselfde punte as vir VBO kursus. |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:56 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:59 | 10 Punte per dag Maksimum 30 Punte |
![]() |
K | 11 | Sabbatsretraites (dws 30 dae) Indien dit ingerig is as leer- selfsorg of selfontwikkelingsgeleentheid Bv Pelgrimstap |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:57 | ngkvsadm | 26/01/2026 10:01 | 30 Punte met indien van verslag aan VBO-kantoor wat benut kan word byvoorbeeld om op webblad te plaas. |
![]() |
L | 12 | Selfsorg / Selfontwikkeling Byvoorbeeld: Skilderlesse, oefenprogram wat 30 000+ Vitalitypunte verdien, ensovoort. |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:57 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:54 | 10 Punte per jaar Dien aanvraag met nodige bewyse by jou sinodale kantoor / VBO-verteenwoordiger in. |
![]() |
M | 13 | Navorsings / Studie / Ondersteuningsgroepe Wat gereeld bymekaarkom en waar boeke bespreek of deurgewerk word. |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:57 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:55 | 1 Punt per 1 uur aktiewe leer Soos met bywoning van kursusse |
![]() |
N | 14 | Skryf van Geestelike / Bedieningsverwante boeke. | ngkvsadm | 26/08/2024 11:58 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:55 | 50 Punte per boek |
![]() |
O | 15 | Skryf van artikels vir kerklike of geestelike tydskrifte. | ngkvsadm | 26/08/2024 11:58 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:56 | Minder as 1000 woorde = 2 Punte Meer as 1000 woorde = 5 Punte |
![]() |
P | 16 | Ontwerp en skryf van kursusse Dubbel aantal krediete as vir diegene wat die kursusse deurloop (kursus ontwerp / skryf vra baie meer navorsing / leer) |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:59 | ngkvsadm | 25/11/2024 14:56 | 1-dagkursus 20 Punte 2-dagkurses 40 Punte vir ontwerp 3-dagkursus kry ontwerper 60 Punte |
![]() |
Q | 17 | “Streaming” van kursusse / konferensies Kursus / konferensie word lewendig óf in klankgrepe beskikbaar gestel. Kan inluister of dit aflaai en op eie tyd luister. |
ngkvsadm | 26/08/2024 11:59 | ngkvsadm | 25/11/2024 15:00 | Punte word toegeken na aanleiding van lengte van opleiding. |
![]() |
R | 18 | Enige blootstelling / refleksie wat ʼn leergeleentheid was. | ngkvsadm | 26/08/2024 11:59 | ngkvsadm | 26/01/2026 10:06 | Met die indien van ʼn verslag kan 10 punte verdien word |
![]() |
S | 19 | Ringskommissie opleiding | ngkvsadm | 26/08/2024 11:59 | ngkvsadm | 25/11/2024 15:01 | 30 Punte |





