Adverteer hier
Inligting
NG Gemeentes
Advertensie spasie is slegs vir NG Gemeente gebeurtenisse (Byvoorbeeld ‘n basaar/dag-gebeurtenis).
Advertensie(s) word GRATIS aanlyn geplaas op die NG Kerk Vrystaat se kalender. Daar word ook ‘n skakel geplaas van die Gemeente se gebeurtenis in ons twee weeklikse uitgawe van die Vrypos.
Neem asseblief kennis dat die Vrypos slegs tydens skoolkwartale uitgestuur word en nie in skoolvakansies nie.
Geen bespreking(s) vir die gebeurtenisse en/óf betalings word deur die webtuiste gedoen nie, tensy dit so gereël word met die kommunikasie- en bemarkingspan.
Indien advertensie(s) ontwerp moet word kan u die besonderhede in die vorm hieronder plaas. Die koste verbonde op digitale ontwerpe sal gekwoteer word per aansoek.
Indien advertensie(s) self verskaf word volg asseblief die advertensie riglyne voordat dit opgelaai word.
Sodra alle inligting ontvang en goedgekeur is sal u bemarkingsmateriaal/advertensie(s) binne 24-uur aanlyn geplaas word.
NG Bedieninge | Netwerke
Bemarkingsmateriaal- en/óf advertensie(s)-spasie vir Bedieninge en/óf Netwerke van die NG Kerk Vrystaat se gebeurtenisse en/óf retraites en/óf konferensie(s) word GRATIS aanlyn geplaas op die NG Kerk Vrystaat se kalender, asook een volblad advertensie spasie in ons twee weeklikse uitgawe van die Vrypos.
Neem asseblief kennis dat die Vrypos slegs tydens skoolkwartale uitgestuur word en nie in skoolvakansies nie.
Bemarkingsmateriaal/advertensie(s) word digitaal uitgestuur per e-pos na al die Vrystaat se NG Gemeentes en/of betrokke partye en word ook op die amptelike NG Kerk Vrystaat se sosiale platforms geplaas.
Indien daar besprekings van die gebeurtenisse en/óf retraites en/óf konferensie(s) gratis of betaalbaar benodig word. Sal dit opgestel word met die gebruik van ‘n derde party naamlik, Quicket. Die hiperskakel, sowel as ‘n QR-kode sal verskyn om besprekings en betalings te verseker.
Geen verblyfbesprekings en/óf -betalings word deur die webtuiste gedoen nie.
Indien advertensie(s) en/óf bemarkingsmateriaal ontwerp moet word kan u die besonderhede in die vorm hieronder plaas. Die koste verbonde op digitale ontwerpe asook, benodigde bemarkingsmateriaal sal gekwoteer word per aansoek.
Indien advertensie(s) self verskaf word volg asseblief die advertensie riglyne voordat dit opgelaai word.
Sodra alle inligting ontvang en goedgekeur is sal u bemarkingsmateriaal/advertensie(s) binne 24-uur aanlyn geplaas word.
Riglyne
Metings in millimeter
A4 in landskap = 210 x 297mm
A4 in portret = 297 x 210mm
A5 in landskap = 148 x 210mm
A5 in portret = 210 x 148mm
Metings in pixels | 300 DPI
A4 in landskap = 2480 x 3508px
A4 in portret = 3508 x 2480px
A5 in landskap = 1748 x 2480px
A5 in portret = 2480 x 1748px
Digitale formaat
PDF- óf JPEG- óf PNG-formaat en nie groter as 12MB nie.
Kleurspesifikasies
Verkieslik RGB-formaat, CMYK is ook anvaarbaar.
Kopiereg
NG Kerk Vrystaat vrywaar haarself van kopiereg op enige beeldmateriaal wat nie deur ons ontwerp is nie.