Skip to content Skip to footer
Nuus
  • HELP ONS OM DIE BOEREVERENIGINGS TE HELP! VRYSTAAT-BRANDE | HOOPFONDS | ONS KORT JOU HULP! | NG KERK VRYSTAAT | Nedbank | Tjekrekening: 1178 097 218 | Takkode: 198765 | VERWYSING: VS-Brande | Navrae: Diens van Barmhartigheid Ds De la Harpe le Roux 083 232 1051 / dlh@ngkvs.co.za
  • HELP ONS OM DIE BOEREVERENIGINGS TE HELP! VRYSTAAT-BRANDE | HOOPFONDS | ONS KORT JOU HULP! NG KERK VRYSTAAT | Nedbank | Tjekrekening: 1178 097 218 | Takkode: 198765 | VERWYSING: VS-Brande | Navrae: Diens van Barmhartigheid Ds De la Harpe le Roux 083 232 1051 / dlh@ngkvs.co.za
  •  
ngkerkvrystaat.co.za

Privaatheidsbeid

Inleiding

Hierdie privaatheidsbeleid het ten doel om enige besoeker/s en gebruiker/s van die webtuiste ngkerkvrystaat.co.za se beleid rakende die insameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste gebruik maak en enige besluite wat met daardie data gepaard gaan, in te lig.

Ten doel van hierdie privaatheidsbeleid verwys ‘’platforms’’ na al die NG Kerk Vrystaat se webwerwe, sosialemediarekeninge, en / of enige ander tegnologiese of meganismes wat u mag gebruik om met ons in te skakel. ‘’Dienste’’ verwys na enige inhoud (op die webwerf of elders) wat deur die NG Kerk Vrystaat aangebied, besit, bedryf of gehuisves word.

Die NG Kerk Vrystaat en sy werknemers is verbind daartoe om u privaatheid sowel as u bates te beskerm.

Die NG Kerk Vrystaat besef ons verpligting om met vertroulikheid van u persoonlike, besigheids- en finansiële inligting te beskerm en te respekteer. Besoeker/s en gebruiker/s se privaatheid is ‘n belangrike aspek, beide vir u en die NG Kerk Vrystaat. Dit is waarom ons die NG Kerk Vrystaat beleid oor die beskerming van privaatheid ontwikkel het, wat die gedrag van die NG Kerk Vrystaat -werknemers en -verskaffers voorskryf met betrekking tot die akkuraatheid en sekuriteit van al u inligting.

Hiermee die aanvaarding van hierdie terme en voorwaardes word effetief sodra die besoeker/s en gebruiker/s die eerste maal toegang verkry het tot hierdie webstuiste en sal ‘n bindende ooreenkoms met die NG Kerk Vrystaat daarstel.

Om ten einde meer te leer oor die beleide en praktyke van die NG Kerk Vrystaat, lees asseblief die volgende:

– Beskerming van besoeker/s- of gebuiker/sinligting.

– Beskikbaarstelling van besoeker/s of gebruiker/sinligting – verantwoordelikheid.

– Bewaring van persoonlike inligting.

– Aanlyn privaatheid.

– E-pos kommunikasie.

– Private riglyne en besoeker/s of gebruiker/s se verpligtinge.

– Reg om na hierdie pirvaatheids- en sekerheidstelling te wysig.

 

Beskerming van besoeker/s- of gebruiker/sinligting

Besoeker/s- of gebruiker/sinligting verwys na die inligting wat betrekking het op ‘n kliënt, ongeag of die kliënt ‘n individu of ‘n besigheid is. Die inligting sluit persoonlike besonderhede in en is nie beperk tot ‘n naam, ouderdom, identiteitsnommer,  kliëntnommer, e-posadres, IP- (Internet Protocol) adres, datum en tye wat die webtuiste besoek is, die bladsye wat besoek is tydens die gebruik van die webtuiste, en die internetadres.

Die NG Kerk Vrystaat gebruik hierdie inligting ten einde vir navorsing, beplannning, ondersoeke sowel as om verbetering van die platform en die inhoudplaasings aan te bring. Die tipe inligting wat versamel word, word gebruik afhangende van die doel waarvoor dit benodig word om die dienste of die inligting aan ons besoeker/s en gebruiker/s te verskaf.

Die NG Kerk Vrystaat mag die versamelende inligting ook om die volgende redes gebruik:

  • Om u in kennis te stel van veranderings in ons dienste en of interaktiewe geleenthede volgens ons kalender.
  • Die gebruik van die platform te moniteer en sekere gebruikspatrone te analiseer en rakend demografie inligting te win, hierdie statistieke is vertroulik.
  • Ontleding en/of waardevolle inligting word vertroulik aan bestuur vir/van die platform/s  verskaf ten einde van sekere bestuursafdelings doeltreffend te volkom.
  • Enige tegniese probleme te kan identifiseer en doeltreffend reg te stel.
  • Deur die uitstuur van ons tweeweeklikse nuusbrief (Vrypos), volgens die spesifieke individue wat ingeteken het op die webtuiste en diens.
  • Verdere inwin van inligting vir die inhoudskepping om doeltreffende inligting te plaas vir ons besoeker/s of gebruiker/s.
  • Vir die terugvoering wat aangevra is deur besoeker/s of gebruiker/s.
  • U te kontak in verband met u aanlyn verkope te kan prosesseer (OTP’s) faktuur, state , afleweringstate ens.
  • U te kontak indien die NG Kerk Vrystaaat enige kompitiesies / trekkings gehou het en u ingeskryf het.

Die bewaring van die besoeker/s en gebruiker/s se inligting is een van ons belangrikste verantwoordelikhede. Ons privaatheidskode bepaal dat die gedrag van werknemers en verskaffers met betrekking tot akkuraatheid, vertroulikheid en sekerheid van alle besoeker/s en gebruiker/s se inligting.

Inligting beskermingsriglyne:

  • Die NG Kerk Vrystaat sal nie inligting versamel sonder u vooraf verkreë toestemming nie.
  • Die keuse bly die besoeker/s of gebruiker/s se vrywillige keuse om die NG Kerk Vrystaat platform/s  te gebruik.
  • Indien ‘n besoeker/s of gebruiker/s jonger as 18 jaar is, moet daar toestemming vanaf ‘n ouer of voog gegee word, voordat daar enige inligting geplaas word van die individu.
  • Die meeste inligting wat ontvang word deur die besoeker/s of gebruiker/s  word op ‘n databasis bewaar wat ingeboude veiligheidseienskappe het ten einde van die privaatheid en vertroulikheid van sodanige inligting te kan verseker.
  • Die NG Kerk Vrystaat sal noot enige besoeker/s of gebruiker/s  se inligting verkoop of andersins beskikbaar stel aan enige ander organisasie of partye nie,  behalwe in uitsonderlike gevalle soos uiteengesit in die deel van besoeker/s- of gebruiker/sinligting.
  • Dit word van die werknemers vereis om die privaatheidstandaarde van die NG Kerk Vrystaat te onderskryf by diensaanvaarding.

Indien ons besoeker/s of gebruiker/s van ons aanlyn dienste gebruik, word daar ‘n gebruikersrekening gestig op ons webtuiste, Ons gebruiker/s stem ooreen om akkurate inligting te verskaf en sou ons in kennis stel indien daar enige veranderinge sou plaasvind. Dit is die gebruiker/s se verantwoordelikheid om nie ‘n vals identiteit te verskaf nie en slegs vir jouself ‘n gebruikersrekening te skep, dit is ook die gebruiker/s se verantwoordelikheid om u intekennaam (gebruikersnaam) en slotwoord (wagwoord) veilig te hou en te bewaar. Insluitend ‘n sterk wagwoord te skep. Die  NG Kerk Vrystaat sal nie die verantwoordelikheid neem as enige ander persoon toegang het tot u gebruikersrekening of enige veranderinge wat daartoe kan lei nie. Indien u vermoed dat u gebruikersrekening misbruik word, stel ons so spoedig moontlik per e-pos in kennis.  (skakel@ngkvs.co.za) 

Beskikbaarstelling van besoeker/s- of gebruiker/sinligting – verantwoordelikheid

Gevalle waarin die NG Kerk Vrystaat toegelaat te word om  besoeker /s- of gebruiker/sinligting te openbaar, is die volgende:

  • Deur u gemagtig: Die NG Kerk Vrystaat bestaan uit ‘n aantal verskillende afdelings, deur inligting met betrekking tot u inligting aan die verskillende afdelings te voorsien, kan ons u meer effektief bedien.
  • Wetlike vereistes: Dit verwys dikwels na die owerheid se belastingrapporteringsvereistes. Ons sal egter in alle gevalle, soos deur die wet vereis, slegs inligting voorsien wat spesifiek versoek word.
  • Noodsaaklikheid om die NG Kerk Vrystaat se belange te beskerm: Bogenoemde sal nie gebruik word as rede vir die openbaarmaking van inligting met betrekking tot u of u rekeninge (insluitend u naam en adres) aan enige ander persoon, vir bemarkingsdoeleindes nie, insluitend ander maatskappye in ons groep. Dit is egter so dat basiese prosedures gevolg word wat die NG Kerk Vrystaat se belange sal beskerm.
  • In publieke belang: Die NG Kerk Vrystaat word soms versoek om besoeker/s- of gebruiker/sinligting te verskaf vir doeleindes van publieke belang, byvoorbeeld om bystand te verleen in die voorkoming van misdaad. Voordat daar aan hierdie versoeke voldoen word, neem die NG Kerk Vrystaat elke moontlike voorkomende maatreël om ten einde te verseker dat die owerhede betrokke wetlike, gronde het om sodanige versoek te rig.
  • Voorkomming en/of beheer van enige siektes en /of pandemies.
  • Die NG Kerk Vrystaat sal nie enige persoonlike inligting aan derde partye vir onafhanklike gebruik beskikbaar stel of voorsien nie.

Bewaring van persoonllike inligting

Persoonlike inligting wat versamel word deur die NG Kerk Vrystaat deur middel van die NG Kerk Vrystaat webtuiste, word in ‘n veilige omgewing bewaar.

Aanlyn Privaatheid

Die privaatheid en sekuriteit van toepassing op spesifieke aanlyn dienste. Die NG Kerk Vrystaat bevat skakels na en vanaf ander webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derde partye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie konneksies te aktiveer, kan derde partye toegelaat word om inligting oor die persoon te versamel en te deel. Let asseblief daarop dat hierdie derde partye nie deur ons geëvalueer is nie, en ons geen beheer oor hierdie derde partye het nie, en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander partye wanneer u die NG Kerk Vrystaat platforms verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings van elke webtuiste lees wat u besoek en wat persoonlike inlligting versamel.


E-pos Kommunikasie
Kommunikasie vanaf die NG Kerk Vrystaat mag u persoonlike of ander inligting gebruik om inligting met betrekking tot nuwe dienste of produkte wat u mag interesseer, van tyd tot tyd aan u te pos, e-pos of sms-inligting daaromtrent aan u te stuur met betrekking tot die NG Kerk Vrystaat produkte en/of dienste. Die intekenaar sal die opsie hê om aan te dui of hy/sy sodanige inligting wil ontvang in die toekoms. As u op enige tydstrip nie inligting wil ontvang nie, kan dit in die geval van die nuusbrief/Vrypos direk gedoen word deur die uittekenopsie te kies. Die NG Kerk Vrystaat se kommunikasie en bemarkingsafdeling skakel@ngkvs.co.za kan ook direk hiervoor gekontak word.

Private riglyne en besoeker/s of gebruiker/s verpligtinge
U kan ook help om die sekuriteit van u inligting te beskerm deur die volgende private riglyne en verpligtinge te volg:  
  • Moenie u identiteit (gebruikersnaam) of kodewoord (wagwoord) met enige persoon deel nie.
  • Wysig u kodewoord(wagwoord) op ‘n gereelde basis.
  • Onthou om af te teken na ‘n aanlyn sessie.
  • Moenie u rekenaar sonder toesig laat terwyl u aanlyn transaksie/s doen nie.
  • Help die NG Kerk Vrystaat om akkurate rekords in stand te hou deur ons in kennis te stel van wysigings in u situasie sodat ons, ons rekords ooreenkomstig kan opdateer.
  • Moenie enige vertroulike inligting deur middel van ongekodeerde (“unencrypted”) e-pos te stuur nie.
  • Moenie u persoonlike en finansiële inligting toevertrou aan enige webblad wat u nie ken of vertrou nie.

Reg om hierdie pirvaatheids en sekerheidstelling te wysig

Die NG Kerk Vrystaat behou die reg voor om hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid teen enige tyd te wysig. Alle wysigings tot hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid sal op die NG Kerk Vrystaat webtuiste gepubliseer word. Tensy anders bepaal, sal die huidige weergawe alle vorige weergawes van hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid herroep en vervang.

Hersien: Februarie 2023

116 | Maatskaplike NOODLYN