Inleiding
Gereedskapkis
Kern-info
Wat is aan die gebeur?
Kyk breër
Waarom gebeur dit?
Onderskeiding
Hoe maak ‘n mens sin hieruit?
Aksie
Wat moet nou gebeur?
Ons sal graag van julle wil hoor met idees en insette en webskakels wat julle gevind het en wat julle met ander kan deel. Dan sal ons ook graag julle stories wil vertel. Skakel ons gerus met julle verhale en ons sal verder reël vir die opneem daarvan en die plasing op die webwerf sodat almal dit kan hoor.
Kontak ons gerus en stuur wenke na
Ds Nioma Venter
nioma@kaapkerk.co.za
Dr Nico Mostert
missio@ngkvs.co.za
Ds Barnard Steyn
bicsteyn@ngkvs.co.za
In samewerking met
Inleiding
Gereedskapkis
Covid-19 is niks anders nie as ’n troefkaart wat nie net die kerk nie, maar die ganse mensdom tref en grootskaalse onsekerheid veroorsaak. Die impak daarvan op die onmiddellike en die afsienbare toekoms is onvoorspelbaar en onbekend. Ons is nog maar aan die begin van die leerkurwe. Niks keer ons om saam te leer nie – en daarom hierdie gereedskapkis wat ons sal aanvul soos omstandighede verander.
Die kerk, gemeentes en lidmate se gemeenskapsbetrokkenheid in krisistye -‘n toolkit
Kern-info
Wat is aan die gebeur?
Bly by die feite! Daar is niks wat onsekerheid so verdiep soos fopnuus nie. Kry die feite oor die Koronavirus hier en sê presies wat nodig is – nie te veel nie – nie te min nie.
Suid Afrika se amptelike en volledige webbladsy, met algemene inligting, statistieke, riglyne en regulasies.
Weet wat gaan aan → https://www.gov.za/covid-19/resources/regulations-and-guidelines-coronavirus-covid-19
Kyk ook by → https://sacoronavirus.co.za/
Nuutste regulasies rakende begrafnisse. Wat mag en wat nie?
Meer inligting oor die virus self is te kry by die NICD (The National Institute for Communicable Diseases). Hoe werk die virus?
Die amptelike, volledige lys van noodsaaklike dienste (essential services):
Gesaghebbende inligting en statistieke oor wat wêreldwyd aan die gebeur is. Hoe vergelyk SA met ander lande?
Die staat publiseer alle amptelike besluite en bepalings rakende Covid-19 in die amptelike Staatskoerant of die “Government Gazette”.
Vir navrae rakende die amptelike beleid rondom fisiese hulpverlening, armoedeverligting, kos- en kospakkieverspreiding in jou provinsie, raadpleeg jou plaaslike provinsiale Departement van Sosiale Dienste (Department of Social Development). Die regulasies verskil van provinsie tot provinsie daarom is dit nie moontlik om hier ’n sentrale kontak te plaas nie. Die KMDR-webblad kan ook geraadpleeg word vir kontakgegewens van al die NG Kerk se 10 Maatskaplike Dienste-organisasies waar inligting ook beskikbaar sal wees.
Amptelike dokumente van die NG Kerk Algemene Sinode
Kyk breër
Waarom gebeur dit?
Om sin te maak vir ons rol en roeping nou as kerk moet ons ’n greep kry op die groter kompleksiteit. Die wetenskap en tendense in lande waar die uitbreek van die virus ons situasie hier voorafgegaan het; die impak op wêreldekonomie; die sosiale impak op mense; ekologiese realiteite in hierdie tyd – is alles deel van die groter prentjie wat ons informeer.
Hoe raak die grendeltyd besigheid in Suid-Afrika?
Watter scenario’s is daar? Die bekende Clem Sunter gee sy mening:
Politiek: sosio-kulturele impak: Die teoloog en politieke kommentator, Tinyiko Maluleke, gee sy mening:
Sielkundig: ’n Insigartikel van die World Health Organisation.
Ekologies: Elize Tempelhoff se mooi artikel in Beeld: Die aarde haal asem.
Leierskap: “Leadership in an Age of uncertainty” MIT Sloan. Dit word ook as riglyn gebruik in die VBO-program: Sosiaal Innoverende Samewerkende Leierskap, Ontwerp en aangebied deur die Skool vir Sosiale Innovasie, Hugenote Kollege.
Covid-19 en die ekonomie – ‘n teologiese vertrekpunt. (VBO-kursus)
Onderskeiding
Hoe maak ‘n mens sin hieruit?
En nou moet ons ’n skietlood aanlê – moet ons ’n fyn aanvoeling kry – gelei word deur Woord en Gees – om in voeling met die Drie-Enige God deur hierdie woestyntyd te reis.
Liturgiese hulp en nadenke
Liturgie vir ongekarteerde tye, ’n VBO-kursus aangebied deur prof. Cas Wepener.
Pastorale hulp en nadenke
Kieskerk, Kerkbode: ‘n versameling videopreke, maar ook ‘n baie nuttige bronnebord met allerlei handige hulpmiddels en nuus, toerusting:
Pastorale Sleutels in die Covid-19-grendeltyd, ‘n VBO-kursus aangebied deur prof. Jan-Albert van den Berg:
Pastorale riglyne – ’n reeks kort artikels op Christelike Lektuurfonds (CLF) se webblad:
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke bied inligting en toerusting, en help kerke om hande te vat.
God en Lyding
Dr James Kirkpatrick skryf oor God en Lyding
God en Lyding in die Ou Testament, ’n VBO-kursus aangebied deur Dr James Kirkpatrick
Gebed
Dr Gustav Claassen help ons na dink oor gebed
VBO-aanlynkursusse
Aanlynkursusmateriaal, maar ook nuus oor relevante publikasies in hierdie tyd.
Ander aanlynhulpbronne en teologiese besinning:
Teologie in die Tyd van Covid-19, ‘n VBO-kursus aangebied deur prof. Nico Koopman (Covid 19 en Menswaardigheid), prof. Robert Vosloo (Hoe praat ons oor God in hierdie tyd?), prof. Danie Veldsman (Geloof en Wetenskap) en dr. Nadia Marais (Teologiese Ekologie).
Hoe het die Vroeë Kerk siekte-epidemies hanteer: ook ander relevante teologiese en bedieninsgvrae deur die bekende Evangeliese tydskrif Christianity Today.
Onderskeiding
Wat moet nou gebeur?
Die kreatiwiteit waarmee gemeentes en leraars ratte verwissel het en op die werklikheid en die nood begin reageer het, is verstommend. Die stories is in hierdie gereedskapskis en ons kan begin om die blokkieskombers van getuienisse en ervarings – wat werk en wat nie werk nie – met mekaar te begin deel.
Hoe gemaak as ‘n ramp ons tref:
Spirale van Hoop, Strategieë vir Gemeentes se Betrokkenheid in Rampsituasies. Alhoewel hierdie opgestel is tydens die Knysna-brande is die inhoud ook toepaslik op die huidige Covid-19 krisis. (Diaconia NG Wes-Kaap)
Hoe begin ek ‘n ekumeniese netwerk in my gemeenskap:
Hoe werk ’n CAN (Community Action Network)? Danie Mouton gee raad
Networks for now. Socially innovative, collaborate leadership. ‘n VBO-kursus aangebied deur Prof Erwin Schwella.
Hoe begin of raak ek betrokke by ‘n LEAN (local ecumenical action network) in my gemeenskap?
Publieke getuienis
Hoe begin ek ’n gesprek met die staatsinstellings en leiers in my gemeenskap?
- Binnekort beskikbaar
Voedingskemas | kosvoorsiening | kospakkies:
Aanlynkoskoepons vir Shoprite, U-Save, OK en Checkers te kry by:
Kosverspreidingsorganisasies:
Praktiese raad vir gemeentes:
Wat is die voorsorgmaatreëls wat ’n gemeente moet tref as daar kospakkies gepak sou word op die kerkterrein? Hier geld dieselfde regulasies wat ook vir werkplekke geld. Die inligting en regulasies is te kry by:
‘n Voorbeeld van ‘n verbintenis vorm wat deur werkers ingevul kan word dat hulle hulle verbind tot die “Covid-19 precautionary measures”.
Algemene praktiese wenke vir gemeentes: Dr. Nico Mostert is in gesprek met ds. De la Harpe le Roux oor praktiese wenke vir gemeente
- Waar laai ek Zoom af?
Praktiese etiket vir Zoom-vergaderings of byeenkomste opgestel deur Ds Danie Mouton
Wenke en stories van hoop uit:
Klein plattelandse gemeentes – sonder ‘n leraar
- Binnekort beskikbaar
Klein plattelandse gemeentes – met ‘n leraar
- Binnekort beskikbaar
Groot plattelandse gemeentes
- Binnekort beskikbaar
Voorstedelike stadsgemeentes
- Van kospakkies tot gekookte etes – NG Hugenoot se verhaal
Makrogemeentes
- Binnekort beskikbaar
Middestadbedienings
- Toring van Hoop se verhaal
Praktiese raad vir leraars:
Praktiese, stap-vir-stap-voorbereiding van gemeentes vir ’n COVID-19-situasie. Baseer op navorsing
Word ‘n digitale sendeling
Die Kerke in Suid-Afrika, COVID-19 en die Toekoms. ‘n Praktiese werkboek (CLF)