Skip to content Skip to footer
Vrystaat kuratorium

Teologiese Opleiding

Wonder jy ook...

  • Wie God is en hoe ons Hom beter kan leer ken?
  • Wil jy meer weet van die Bybel, tale en antieke kulture?
  • Het jy gawes om mense te onderrig of te vertroos?
  • Waar kom al die kerke en geloofstradisies vandaan?
  • Wil jy graag as ‘n leier ‘n verskil in jou gemeenskap maak?
  • Glo jy dat die Evangelie hoop bied vir alle mense?
  • …dan is teologiese opleiding deur die
    NG Kerk Vrystaat die regte adres vir jou!

     Ons bied bekostigbare, hoë standaard akademiese opleiding van
    Christelik-gereformeerde oortuiging

     Ons bied ruim beurse vir opleiding

     Ons help om jou bedieningsbestemming te vind

    Teologiese opleiding van die NG Kerk Vrystaat word deur die Kuratorium bestuur, en in samewerking met ons akademiese vennote – die Universiteit van die Vrystaat, die Fakulteit Teologie en Religie, en Hugenote Kollege (Wellington) aangebied. 

    Dit is ‘n ekumeniese opleiding, vir studente uit die familie van NG Kerke en die breër kerklike gemeenskap in ons land.

    Die kerklike vorming van ons studente word deur die Seminarium van die NG Kerk Vrystaat en ‘n aantal mentors in opleidingsgemeentes gefasiliteer.

    Teologiese opleiding in die Vrystaat het ‘n lang geskiedenis. Sedert 1981 het predikante van die NG Kerk aan die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. Die fakulteit het oor jare heen gegroei, sodat dit vandag ‘n volledige ekumeniese opleiding vir verskeie kerke aanbied.

    Die formele akademiese opleiding word deur die fakulteit in verskillende departemente aangebied. Om predikante vir spesifiek die NG Kerk te vorm, staan die studente onder die voogdyskap van die kuratorium vir teologiese opleiding.

    Die voertuig van die kuratorium is die Teologiese Seminarium. 

    Ng kerk vrystaat bied die volgende

    Opleidingsmoontlikhede

    Om as ‘n bedienaar van die Woord op enige bedieningsvlak in die NG Kerk gelegitimeer te word, moet ‘n kandidaat die vereiste akademiese opleiding en kerklike vorming suksesvol deurloop het. Ons Kuratorium sal jou daarin begelei en ondersteun
    Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO)

    Kort kursusse vir alle vlakke van bediening,

    'n Gemeenteleraar | Voltyds- of deeltyds | Vlak 4

    Erkenning van voorafleer, BDiv- en M-graad,Nagraadse Diploma, M-graad en Colloqium doctum

    'n Diensleraar | Vlak 3

    Spesifieke fokus en opleiding, soos jeug of maatskaplike werk

    'n Standplaasleraar | Vlak 2

    Spesifieke area of kategorie van bediening

    'n Bedienaar | Vlak 1

    Ouderling met 'n diploma vir erediensbevoegdheid

    ons

    Akademiese Vennote

    Icons_Logo_UVS
    Fakuliteit Teologie en Religie
    Icons_Logo_Hugenote
    Hugenote Kollege
    Waar Christenwees grondvat in opleiding
    +27 (0)21 873 1181
    info@hugenote.com
    Facebook
    Webtuiste
    Teologiese

    Handleidings

    Stuur vir ons 'n boodskap

    Kontak ons


    Teologiese

    Opleiding 2022 | Video

    Teologie

    Skryf nou in

    kontak ons span

    Teologiese Opleiding & Ontwikkeling

    ANELIA VAN DEN BLINK
    TEOLOGIESE OPLEIDING & ONTWIKKELING
    +27 (0)51 406 6719
    kuratorium@ngkvs.co.za