Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Aarde-uur – vier 20 jaar van impak!

Deur Mariëtte Odendaal

Op Saterdag, 28 Maart 2026, tussen 20:30 en 21:30, kry miljoene mense regoor die wêreld weer die geleentheid om saam stil te staan by die toekoms van ons planeet. Van groot stede tot klein dorpe – ligte gaan af, en bewusmaking gaan aan.

Aarde-uur, ’n inisiatief van World Wide Fund for Nature (WWF), vier vanjaar 20 jaar van wêreldwye impak. Wat begin het as ’n simboliese gebaar in een stad, het gegroei tot een van die grootste omgewingsbewegings ter wêreld. Dit herinner ons dat kollektiewe optrede – selfs iets so eenvoudig soos om ’n lig af te skakel – ’n kragtige boodskap kan stuur. In Suid-Afrika sluit individue, gesinne, besighede en gemeenskappe aan by hierdie wêreldwye beweging. Deur nie-noodsaaklike ligte vir een uur af te skakel, wys ons ons verbintenis tot klimaatsaksie en die beskerming van natuurlike hulpbronne vir toekomstige geslagte.

Maar Aarde-uur gaan oor meer as net een uur sonder ligte. Dit gaan oor volhoubare keuses elke dag – om energie te bespaar, bewus te leef en aktief deel te wees van oplossings vir klimaatsverandering.

Besonderhede:

  • Datum: 28 Maart 2026
  • Tyd: 20:30 – 21:30
  • Waar: Oral in Suid-Afrika – en regoor die wêreld

Maak jy hierdie jaar ook jou stem dik deur jou ligte af te skakel? Sluit aan, inspireer ander, en wees deel van ’n wêreldwye beweging vir ’n beter toekoms.

Lees meer daaroor HIER.