Deur Mariëtte Odendaal
In Psalm 24:1 word ons duidelik as die opsigters of rentmeesters van die Aarde beskryf. Ons het dus as Christene ’n ernstige verantwoordelikheid om in alle opsigte die skepping te bewaar en te respekteer. Die Vrystaat is een van die mooiste provinsies in ons land en staan bekend vir sy dramaties gekleurde…
Deur Mariëtte Odendaal
“Ons krag, ons planeet” Opvoeding oor die beskerming van die aarde raak toenemend belangrik en ons as gemeentes kan ’n baie bepalende en invloedryke rol hierin speel.
Wat is nou mooier as ’n gloeiende sonsondergang oor ’n woestyn of oor die wye oop see? Wat is lekkerder as om deur branders te…
Deur Mariëtte Odendaal
Op Saterdag, 28 Maart 2026, tussen 20:30 en 21:30, kry miljoene mense regoor die wêreld weer die geleentheid om saam stil te staan by die toekoms van ons planeet. Van groot stede tot klein dorpe – ligte gaan af, en bewusmaking gaan aan. Aarde-uur, ’n inisiatief van World Wide Fund for Nature…
Deur Mariëtte Odendaal
Gooi jy maklik oorskietkos weg en maak nie ’n plan om kos wat oorbly op ’n kreatiewe manier op te dis nie? Lees dan gerus verder. Daar word al sedert 2007 jaarliks in Maart wêreldwyd gefokus op 'n belangrike, maar dikwels onsigbare klimaatsveranderingskwessie, naamlik die vermorsing van voedsel. Vanaf 9 tot 15…
Deur Mariëtte Odendaal
’n Roeping tot getroue rentmeesterskap Op 3 Maart herdenk die wêreld Wêrelddag vir Wildlewe—’n dag wat ons herinner aan die rykdom en broosheid van God se skepping. Van die kleinste insek tot die magtigste dier, elke lewende wese getuig van God se wysheid en kreatiwiteit. Die Bybel leer ons dat die aarde…
Deur Mariëtte Odendaal
Die rol wat gemeentes kan speel Die somerson hang tans swaar oor die mielie-, koring- en sonneblomlande van Suid-Afrika. Soos die planttye ten einde loop en die oestye naderkom, staan ons dikwels verstom en met groot dankbaarheid oor die oorvloed; nie net as boere nie, maar selfs ons as dorpenaars en stadsjapies…
Deur Mariëtte Odendaal
Vleilande is nie net belangrik ten opsigte van biodiversiteit nie, maar ook vir die ekologiese balans van ons planeet. Op Maandag 2 Februarie vier ons Wêreld-vleilanddag; ’n viering van die ondertekening van die Ramsar-konvensie in 1971. Hierdie konvensie fokus op die bewaring en volhoubare gebruik van vleilande wêreldwyd
Waarom is hierdie dag…
Deur Mariëtte Odendaal
Kom in November klaar met wat jy het Wanneer is genoeg genoeg? In 2010 het ’n eenvoudige maar kragtige beweging, Buy Nothing New Month, in Brittanje begin. Die doel van hierdie beweging was om mense aan te moedig om vir een maand geen nuwe produkte aan te skaf nie — nie as…
Deur Mariëtte Odendaal
Ek het onlangs hierdie besondere boek, CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice, raak gesien. Dis by Christelike Lektuurfonds/Christian Literature Fund (CLF) te koop wat die boek as volg beskryf: 'CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice' is a bold and essential contribution to the growing call…
Deur Mariëtte Odendaal
Organiese September herinner ons daaraan dat elke bord kos ’n verhaal vertel – ’n verhaal van hoe ons óf bydra tot die uitputting van God se skepping, óf help om dit te bewaar vir die geslagte wat kom.
Elke September word mense regoor die wêreld uitgenooi om vir die hele maand te…
Deur Mariëtte Odendaal
As jy dalk al op besoek was aan die Hiroshima Peace Memorial Museum in Japan, of die film Oppenheimer gesien het wat handel oor die lewe van J Robert Oppenheimer, teoretiese fisikus, wat die eerste kernwapens gedurende die Tweede Wêreldoorlog help ontwikkel het, sal jy besef hoe vernietigend ’n kernoorlog kan wees.…
Deur Mariëtte Odendaal
Hoe sterk is die stem wat ons aan die jeug in ons gemeentes gee? Hoeveel moeite doen ons om toe te sien dat hulle aktief betrokke raak by natuurbewaringsaksies en ’n sensitiwiteit vir ekologie ontwikkel
Ons jongmense is die gelowiges wat in die toekoms ’n bepalende rol gaan speel ten opsigte van…
Deur Mariëtte Odendaal
“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …” Psalm 24:1 (1983-vertaling)
Elke jaar neem mense wêreldwyd gedurende Plastiekvrye Julie 'n doelbewuste besluit om hul gebruik van plastiek te verminder. Maar waar het dit begin en hoe kan ons as Christene…
Deur Mariëtte Odendaal
Wanneer laas het jy stilgestaan en gewonder oor die waarde van ’n by, ’n skoenlapper of selfs ’n mier? Insekteweek, wat jaarliks van 23 tot 29 Junie gevier word, is ’n bewusmakingsweek wat daarop gemik is om mense se waardering en begrip van insekte op te skerp. Dit is ’n tyd om…
Deur Mariëtte Odendaal
As Vrystaters en Suid-Afrikaners ken ons droogtes en woestyne maar alte goed, veral gebiede wat as gevolg van droogtes stelselmatig woestynagtig word. Met die viering van hierdie dag word ons as Christene geroep om goeie rentmeesters van God se skepping te wees (Genesis 2:15). Hierdie dag bied aan ons ’n gulde geleentheid…
Deur Mariëtte Odendaal
Wêreld-omgewingsdag, wat jaarliks op 5 Junie gevier word, is ’n geleentheid om wêreldwye aandag te vestig op die beskerming van ons planeet. Vir Christene is hierdie dag nie net ’n oproep tot omgewingsbewustheid nie, maar ook ’n uitnodiging om ons Godgegewe roeping as rentmeesters van die skepping te herontdek.
Hoe kan ons…
Deur Mariëtte Odendaal
Wêreld-trekvoëldag (World Migratory Bird Day) is ’n jaarlikse veldtog wat vanjaar op Saterdag 10 Mei gevier word en bewusmaking bevorder oor die beskerming van migrerende voëls en hul habitats wêreldwyd.
Ons almal ken die oggendvrolikheid van voëltjies soggens douvoordag. Die gekoer en getjirp laat jou glimlag nog voordat jy opstaan om jou…
Deur Mariëtte Odendaal
Kom ons beveg voedselvermorsing! Het jy geweet dat 33% van alle kos wat wêreldwyd geproduseer word, elke jaar verlore gaan of vermors word? As jy dan lees dat net ’n kwart van die kos wat wêreldwyd vermors word, gebruik kan word om die 795 miljoen mense wat ondervoed is, te voed, besef…
Deur Mariëtte Odendaal
Of jy nou besluit om minder plastiek te gebruik, ’n boom te plant, water te bespaar, of bloot ’n oomblik te neem om God te loof vir die wonder van die skepping – elke klein aksie dra by tot ’n groter, gesonder toekoms vir ons planeet en vir geslagte wat ná ons…
Deur Mariëtte Odendaal
As mense van Afrika is ons baie bevoorregd om van kleins af al wilde diere in hul natuurlike habitat te sien. Ons is geseënd met wêreldberoemde nasionale parke, soos die Kruger Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark en vele meer. Die meeste van ons het ook al die groot vyf gesien, naamlik leeus,…
Deur Mariëtte Odendaal
Bestuur vanjaar jul kerkgeboue en huise energie-doeltreffend Die idee van rentmeesterskap (Genesis 2:15) moedig ons aan om as gelowiges verantwoordelikheid vir ons omgewing te aanvaar. Deur bedag te wees op ’n energie-doeltreffende lewenswyse, sorg ons op 'n direkte manier vir die skepping en bespaar ons terselfdertyd koste. WAT KAN ONS DOEN? Volg…
Deur Mariëtte Odendaal
Op Sondag 2 Februarie word daar wêreldwyd Vleilanddag gevier, maar wat is ’n vleiland presies, en waarom is dit van kritieke belang dat dit bewaar word? Vleilande is ekosisteme waar water die primêre faktor is wat die omgewing en die verwante plant- en dierelewe beheer. ’n Gebied word as ’n vleiland beskou…
Deur Mariëtte Odendaal
Die meeste van ons het al begin om ’n denneboom, hetsy van ’n kwekery of een van plastiek uit ’n winkel, in die een hoek van ons woonvertrek te versier. Aanhangers van Koos du Plessis se ‘Somerkersfees’ het waarskynlik ’n garing- of doringboompie volgens eg-Suid-Afrikaanse tradisie in die hoek. Ná weke van…
Deur Mariëtte Odendaal
In 'n wêreld waar ons al hoe meer bewus raak van die impak wat ons op die omgewing het, is daar geen beter tyd as Kersfees om volhoubaarheid deur middel van ons geskenke te ondersteun nie. Eko-vriendelike Kersgeskenke bring nie net vreugde aan die ontvanger nie, maar dra ook by tot die…
Deur Mariëtte Odendaal
Gebruik minder plastiek - dra positief by tot ’n skoner aarde Is jy dalk al moeg daarvan om gedurig te hoor hoe belangrik dit is om minder plastiek te gebruik? Wel, moet nooit daarvoor moeg word nie; raak wakker en begin daadwerklik iets daaraan doen. Waarom is dit so belangrik om minder…
Oorgeneem uit cbd.int/conferences/2024
Die Verenigde Nasies (VN) se Biodiversiteitskonferensie (COP16) word van 21 Oktober tot 1 November 2024 in Cali, Colombia gehou. Met slegs ses jaar oor om die wêreldwye biodiversiteitsteikens wat in 2022 aangeneem is, te bereik, verteenwoordig COP16 'n kritieke oomblik om finansiering te mobiliseer en aksies vir die natuur op te skaal.…
Oorgeneem uit worldmigratorybirdday.org
Trekvoëls het ’n besondere plek in die skepping. Jaarliks migreer hulle duisende kilometers oor kontinente heen, wat hul oorlewingsvermoë en die krag van God se handewerk beklemtoon. Op 12 Oktober 2024 vier ons Wêreldtrekvoëldag om bewusmaking te skep oor die uitdagings wat hierdie wonderlike wesens in die gesig staar, en hoe ons…
Oorgeneem uit © 2024 South African National Parks™
Ontdek die skatte van Suid-Afrika: Nasionale Parkeweek 2024 Elke jaar sedert 2006 bied Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParks) aan inwoners die unieke geleentheid om ons land se natuurlike skatte gratis te ervaar tydens Nasionale Parkeweek. In 2024 vind dié opwindende geleentheid plaas by die Marakele Nasionale Park om…
Oorgeneem by VrydagNuus Kaapkerk, 23 Augustus 2024
“Natuurrampe gaan vanweë klimaatsverandering meer intens en meer dikwels in die toekoms voorkom. Dit gaan ons almal se verhoudinge onder druk sit. Ons sal moet leer hoe om ons eie en mekaar se keelvol-gevoelens te erken en te bestuur.” So waarsku David Botha, eko-korrespondent van ons Groenspan,…
Oorgeneem by VrydagNuus Kaapkerk, 9 Augustus 2024
"Ouers, veral ma’s, is onder soveel druk om alles perfek te doen, maar dis onmoontlik. Vroue voel maklik hulle misluk in hul poging om ekologies volhoubaar hul baba groot te maak,” sê Marizanne Pfeil-Wessels, lid van Getuienisaksie in die Wes-Kaap se Groenspan en predikant van die NG Kerk…
Deur Mariëtte Odendaal
Augustus is Vrouemaand en bied aan ons as vroue ’n gulde geleentheid om ’n lewensveranderende impak op ons samelewing en veral ons huishoudings te maak. As navolgers van Christus is dit belangrik om oral waar moontlik, die gesindheid van ’n eko-vriendelike lewenswyse prakties uit te leef. As vroue is ons dikwels nie…
Deur Getuienisaksie se Groenspan, Kaapkerk, 12 Julie 2024
Deur die maand Julie neem ons voorraad van al die plastiek wat ons gebruik. Alhoewel die fokus hoofsaaklik op enkelgebruik-plastiek is, gebruik ons elke dag plastiek op verskeie maniere. Laat ons dus tydens vanjaar se Plastiekvrye Julie ’n oomblik stilstaan om na te dink oor al die…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 7 Junie 2024
Wat is nou lekkerder as om deur ’n brander te duik, op die see in jou kajak te roei of sommer net langs die see te gaan stap? Op Saterdag 8 Junie vier ons Wêreld-oseanedag met die tema “Awaken New Depths”. Oseane beslaan meer as 70% van ons…
Deur Mariëtte Odendaal | Ekologie Netwerk
“Toe ek verlede jaar in September as dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein begin werk, was ek geskok om vullishope regoor die hele stad te sien. Ek het weer dieselfde opstandigheid ervaar as kind in Citrusdal; wanneer trokke en trekkers vullis reg oorkant ons huis…
Oorgeneem uit Getuienisaksie, Kaapkerk
Ons dink dikwels dat ons as individue geen verskil in hierdie wêreld kan maak nie, want die probleme is net eenvoudig te groot. Daar is so baie gemors in hierdie wêreld, so baie besoedeling en uitwissing van spesies. Die probleme lyk so oorweldigend dat ons maar eerder moed opgee en niks…
Deur Mariëtte Odendaal | Ekologie Netwerk
“Toe ek verlede jaar in September as dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein begin werk, was ek geskok om vullishope regoor die hele stad te sien. Ek het weer dieselfde opstandigheid ervaar as kind in Citrusdal; wanneer trokke en trekkers vullis reg oorkant ons huis…
Deur Mariëtte Odendaal Oorgeneem uit nationaltoday.com
Dalk is jy een van die gelukkige mense wat ’n swaeltjienessie bokant jou voordeur of êrens onder jou stoepdak het. Op Saterdag 11 Mei vier ons Wêreld Trekvoëldag en kyk met nuwe oë na onder andere hierdie klein swaeltjie; ’n wonderwerkie daar reg op jou voorstoep. Ter wille…
Deur Mariëtte Odendaal | Ekologie Netwerk
“Toe ek verlede jaar in September as dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein begin werk, was ek geskok om vullishope regoor die hele stad te sien. Ek het weer dieselfde opstandigheid ervaar as kind in Citrusdal; wanneer trokke en trekkers vullis reg oorkant ons huis…
Deur Mariëtte Odendaal Oorgeneem uit Re-Wild, Todd Wynward
Wanneer laas het jy alleen in ’n berg gaan stap, in ’n kano gaan vaar, op ’n duin gaan sit, in die see gaan swem of die tyd gemaak om na al die wonderlike voëltjies in jou tuin te gaan kyk? Dit is dikwels in sulke stiltes,…
Oorgeneem uit www.ecolandscaping.org
Nadat die welbekende digter DJ Opperman destyds uit ’n diepe koma ontwaak en op ’n gevorderde ouderdom weer alle woorde en objekte van voor af moes leer ken, was een van die wonderlikste gewaarwordinge in sy herstelperiode dat daar iets groens met lewe uit die grond kon groei wat ons ‘boom’ noem.…
Oorgeneem uit www.earthhour.org
Vanjaar word Aarde-uur op 23 Maart vanaf 20:30 tot 21:30 gevier. Aarde-uur het in 2007 begin met die aanvanklike oproep om vir ’n uur lank geen ligte te gebruik nie. Dit het intussen uitgebrei na ook ander maniere om enige 60 minute gedurende dié dag op te offer en iets positiefs vir…
Oorgeneem uit uit www.un.org
Kom ons vier op Sondag 3 Maart saam met die res van die wêreld ons pragtige natuur. As Suid-Afrikaners is ons baie bevoorreg om een van die mees biodiverse fauna en flora ter wêreld te hê. Dink maar net aan ons unieke fynbos-areas en die groot vyf wat in verskeie van…
Oorgeneem uit Maroela Media, 16 April 2022, AFP
Die woord "ietermagog" is ‘n inboorlingwoord (pangolin in Engels) vir die insek-vretende, reptielagtige soogdiertjie met skubbe wat net snags uitkom en die aarde al sowat 80 miljoen jaar lank bewoon. Op Saterdag 17 Februarie vier ons wêreldwyd die bestaan en beskerming van die ietermagog. Ongelukkig is hulle…
Deur Mariëtte Odendaal
Water speel regdeur die Bybel ’n baie belangrike rol. Jesus gebruik lewende water byvoorbeeld as metafoor vir die verlossing en nuwe lewe wat Hy bring. Op 2 Februarie word Wêreld-vleilandedag gevier. Vleilande werk soos ’n natuurlike sif; dit is natuurlike watersuiweraars. Dit is water-ekosisteme wat plantegroei en ander organismes bevat en ekologiese…
Deur Mariëtte Odendaal
Die antwoord hierop is: “Omdat jy andersins die renoster of skoenlapper oor 20 jaar net in dieretuine of museums sal vind en nie meer in die veld na hulle sal kan kyk nie.” Hulle is ons erfenis en van kardinale belang vir ons biodiversiteit. Biodiversiteit vorm ’n buffer teen verandering van die…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 24 November 2023
Tydens ’n onlangse kuier van die Groenspan van Getuienisaksie Wes-Kaap by eko-teoloog David Botha en sy vrou Estelle op Tulbaghweg, het hy onder andere gesels oor ‘global scorching' (aardverskroeiing), die effek van klimaatsverandering, sy hoop in God en ons verantwoordelikheid om as navolgers van Christus meer omgee-mense te…
Die passasiers op die Titanic sou nooit kon droom dat dié magtige skip sou sink nie. As dit egter reg bestuur was, sou die ysberg vermy kon gewees het en ongeveer 1 500 mense nie verdrink het nie. Ons aardbewoners kan nog iets daaraan doen om ons mooi planeet te red, maar wie neem dit…
Oorgeneem by Getuienisaksie Kaapkerk, 13 Oktober 2023
“Biodiversiteit vorm ’n buffer teen verandering van die omgewing. Hoe meer spesies ons uit ’n ekosisteem haal, hoe kwesbaarder word daardie sisteem – om later inmekaar te stort wanneer sekere omgewingsfaktore verander. Ons is dus al hoe meer besig om die buffer te verswak wanneer ons die…
Diere verskaf aan ons as mense van die grootste vreugdes in ons lewens. Of dit nou ’n getroue hondevriend, ’n liefdevolle kat of van die mees interessante wilde diere is wat ons in die talle wildtuine en natuurparke in ons mooi land te siene kry; diere verryk ons lewens op ontelbare maniere. Vier gerus vanjaar…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 15 September 2023
Die osoonlaag, 'n brose skild van gas, beskerm die aarde teen die skadelike gedeelte van sonstrale en help sodoende om lewe op ons planeet te bewaar. Die uitfasering van beheerde gebruike van osoon-afbrekende stowwe en die verwante verlagings het nie net gehelp om die osoonlaag vir hierdie en…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 8 September 2023
Sal dit nou die Bontebok-, Camdebo-, of Karoo Nasionale Park wees? Maak seker dat jy nie hierdie gulde geleentheid misloop nie! Hier is jou kans om 'n lang lys van 18 SANParke in die week van 16/18 tot 23 September gratis te gaan besoek. Kry jou verkyker, stapskoene…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 8 September 2023
Dis alweer sulke tyd …Tyd om stil te raak oor die wonderlike skepping waarvan ons deel is. Kom vier saam met ons die Seisoen van Skepping vanaf 1 September tot 4 Oktober en staan opnuut in verwondering oor die Here se wonderwerke in die natuur. Kyk gerus na…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 1 September 2023
David Botha, eko-korrespondent van Getuienisaksie NG Kerk Wes-Kaapland, deel hierdie week met ons ’n besondere bydrae oor die eko-teoloog Kuzipa Nalwamba. Botha se ontmoeting met haar het hom bekend gestel aan die geskenk wat Afrika-spiritualiteit vir teologie in die algemeen en vir eko-teologie in die besonder is. Sy…
Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 11 Augustus 2023
Tydens die Groenspan van Wes-Kaap se onlangse kuier by eko-teoloog, David Botha en sy vrou, Estelle, op Tulbaghweg, is hulle met ’n heerlike koppie vegetariese rooilensiesop en varsgebakte brood bederf. Tydens die ete is daar in diepte gesels oor die verskillende redes waarom sommige mense vegetaries begin eet.…
28 Julie 2023
Kom ons sit skouer aan die wiel en gaan kyk op die Taakspan Ekologie se webblad wat jy alles kan doen om aktief by te dra om ’n GROENER aarde te help skep. Lees wenke daaroor HIER. Kyk ook gerus na hierdie video.
