Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag

Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 15 September 2023

Die osoonlaag, ‘n brose skild van gas, beskerm die aarde teen die skadelike gedeelte van sonstrale en help sodoende om lewe op ons planeet te bewaar. Die uitfasering van beheerde gebruike van osoon-afbrekende stowwe en die verwante verlagings het nie net gehelp om die osoonlaag vir hierdie en toekomstige geslagte te beskerm nie, maar het ook aansienlik bygedra tot wêreldwye pogings om klimaatsverandering aan te spreek. Verder het dit menslike gesondheid en ekosisteme beskerm deur die skadelike ultraviolet-straling te beperk om die aarde te bereik. Vanjaar word die Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag op 16 September gehou onder die tema: Montreal-protokol: Herstel van die osoonlaag en vermindering van klimaatsverandering.