Deur ds Janke Hurter | Erediens Netwerk
Ek het onlangs ’n boek genaamd “Digital liturgies” (2023) geskryf deur Samuel James begin lees. Dit vertel hoe ons aanlyn deelname besig is om ons op ’n etiese manier te vorm asook hoe ons oor ons werklike realiteit wat ons in ons liggame beleef, dink. Ons word gevorm, nie bloot deur die inhoud wat ons aanlyn ontvang nie, maar ook die omgewing van aanlyn waarin ons beweeg. James verwys na Wallace se toespraak wat hy aan ’n groep studente gemaak het om die punt verder te illustreer:
“Wallace began his speech to the graduating class with a short fable. Two young fish are swimming in the ocean, and eventually an older fish greets them. “Hello, boys. How’s the water?” The two young fish look at each other completely confused, and then ask: “What is water?” “The point of the fish story,” Wallace explained, “is merely that the most obvious, important realities are often the ones that are hardest to see and talk about.”
Volgens James is die aanlyn omgewing ook iets wat van ons minder mens maak. Hy verwys veral na ons etiese optrede in hierdie verband. Of dan, die wyse waarop ons ander liggame ontvang en verwelkom. Ons aanlyn deelname oefen ’n invloed uit op die gedagtes wat ons vorm oor wat aanvaarbaar, goed en reg is. En dra daartoe by dat ons vinnig gefrustreerd raak met ons eie liggame wat nie die ideale wat ons stel, bereik nie.
Vir Basselin in sy werk Why theology needs disability (2021) is dit juis die liggaam van ’n persoon met ’n gestremdheid wat vertel van broosheid en afhanklikheid, maar terselfdertyd ook getuig van ons gesamentelike broosheid en afhanklikheid as gelowiges. Ons afhanklikheid van God en ook van mekaar. Die vreemdheid van die liggaam van Christus rus onder andere op ons gedeelde menslike broosheid. Nes gemeenskap met God afhanklik is van Christus se gebroke liggaam, net so is ons gemeenskap met mekaar afhanklik van die besef van ons menslike gebrokenheid. Dit is die liggaam van die “disabled” of dan die “differently able” persoon wat ons kan help om die belang van die liggaam van Christus, die “vreemde” liggaam van Christus, waar broosheid nie bedek word nie, maar gevier word, ook in ’n tyd waar aanlynwees wat deel vorm van meeste mense se daaglikse roetine, raak te sien. ’n Liggaam waarin alle ander liggame leefruimte vind en kan tuiskom. ’n Liggaam waar ons afhanklikheid van God en ons medemens erken word.
Anders gestel: Dit is juis wanneer ons “doing-functions” bo “being-functions” verhef en mense eintlik maar net as kommoditeite sien, dat ons besig is om onsself te verwond (in plaas van om in verwondering te wees oor die “being” van ander). Volgens Fulkerson (2007:165) wil dit lyk of die kerk se grootste uitdaging is om in die reine te kom met die feit dat ons aan “able-ism” ly. Dit blyk dat ons meer glo in die mens se goedheid as in die mens se vervallenheid. Anders gestel: Mense se bruikbaarheid oordonder ons oordeel en daarom vorm ons onwrikbare geloof in ons “ability” (ons vemoëns) ons grootste uitdaging.