Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Die 8ste dag: “Stil maar, wag maar, alles word nuut – die hemel en die aarde!”

Deur ds Janke Hurter  |  Erediens Netwerk ’n Vasgestelde ritme van aanbidding is algemeen in die wêreld van godsdiens. Terwyl aanbidding elke dag gedoen word, en baie keer selfs verskeie kere gedurende die dag, word sekere dae as veral heilige dae gesien. Vir Christene is Sondag die vasgestelde dag van gesamentlike aanbidding. Regoor die wêreld…

Read More

Kom laat ons sing!

Deur ds Janke Hurter, Erediens Netwerk Musiek lê my na aan die hart omdat my ervaring ook is dat, soos Martin Luther dit stel, "musiek geloof kweek". Alhoewel ek vanuit my liefde vir musiek wil sê: “Kom laat ons sing”, sal ons die uitnodiging ook onder gelowiges hoor, veral in hierdie Paastyd, waar ons nie…

Read More

Gehoor van Skriflesing?

Deur dr Martin Laubscher, Erediens Netwerk Een van die oomblikke in die weeklikse liturgie op ‘n Sondagaand in die Presbiteriaanse kerk op Stellenbosch wat ‘n groot indruk op my as student gemaak het, was wanneer een van die lidmate na vore sou stap terwyl die plaaslike predikant van die gemeente, David Hunter, eenkant sou gaan…

Read More

Saam met kinders vóór Kersfees

“The lectionary says, ‘repent and prepare’, but the rhythms of many congregations say, ‘children’s Christmas program’. The calendar says, ‘fast and pray’, but Sunday schools schedule Christmas parties with cake and cookies. Advent says, ‘not yet, not yet’ but church-goers clamor to sing their favorite Christmas carols.” (Ruth n.d.: aanlyn). Met hierdie woorde van Lester…

Read More

‘n Reeks oor musiek en sang in die erediens

Inleiding Himnoloë is van mening dat liturgiese sang en musiek van absolute wesenlike belang is vir die erediens van die kerk. Dr. W.M. Louwrens Strydom (1994:283) beklemtoon “dit is ‘n onontbeerlike medium vir menslike ekspressie, ‘n unieke emosioneel-terapeutiese uitlaatklep, ‘n kommunikasie-medium wat die totale mens aanspreek.” Selfs Martin Luther en Johannes Calvyn het sang en…

Read More

Inspirerende Prediking

Aan die begin van ‘n module in prediking wat ek jaarliks doseer, het ons die gesprek rondom prediking wat inspirerend is. Prediking wat betekenis aan mense se lewens gee, en die mens oortuig om die evangelie ernstig op te neem. Uiteraard is die bedoeling dat prediking juis kan inspireer en behoort te inspireer. Uiteraard, ja!…

Read More

Duideliker Spraak

Prediking vind plaas deur spraak. En spraak kan wêrelde skep of afbreek, mense inspireer of verdruk, emosies wek of verveel. Daarom is dit belangrik dat die prediker fyn bespiegel oor die woorde wat gebruik word en opweeg hoe dit gekonstrueer word in sinne en paragrawe en die uiteindelike vloei van die hele preek. Tog, uit…

Read More

Digitale bediening ná Covid

Met ‘n vorige skrywe het ek teen die gebruik van die woord digitale kerk geargumenteer. Elke leraar en gemeente moet die saak vir hulleself uitmaak, maar ek is oortuig dat ons eerder van digitale bediening moet praat. Op akademiese vlak sal ‘n mens die skrif redelik moet verdraai om die konsep van digitale kerk Bybels te fundeer. Die meeste…

Read More

Ek het hierdie preek (en vraelys) al gehoor …

In 1994 publiseer Johan Cilliers sy God vir ons. ʼn Analise en beoordeling van Nederduitse Gereformeerde volksprediking (1960-1980) (Kaapstad: Lux Verbi). In 2006 word dit ook in Engels vertaal: God for us. An analysis and assessment of Dutch Reformed preaching during the apartheid years (Stellenbosch: Sun Press) en ook gratis beskikbaar op die internet. Vandag is dit voorgeskrewe werk…

Read More

Nadenke oor ‘n Pelgrimstog

Gedurende die eerste twee weke van Desember 2021 was ek, tesame met ses ander pelgrims, op die Pelgrimstog van Hoop: Robertson tot Agulhas. Dit was die eerste keer wat ek so iets aangepak het, met idealistiese uitkomstes wat ek tot my mede-pelgrims verwoord het as verligting, lewens-veranderend, en selfs verlossing. Dit is waarvoor ek gehoop het. Maar dit…

Read More

After whiteness?

Saam met ʼn paar kollegas lees en herkou ons die afgelope weke aan Willie James Jennings se After Whiteness – An Education in Belonging (Eerdmans, 2020). Die begrip “whiteness” mag lesers dalk onmiddellik orent laat sit, en/of sommer net afsit, en daarom is die “after” wat dit voorafgaan myns insiens so belangrik. “After whiteness” is ambivalent, dubbelsinnig;…

Read More

“The Sound of Silence”

Bladmusiek is slegs vir die ingewydes wat musieknotasie ken. Klanke wat deur instrumente voortgebring kan word, word op en tussen vyf lyntjies en vier spasies “geskryf”. Hierdie musiekskrif wat uit sekere note, simbole en tekens bestaan, word deur musikante gebruik om die komposisies te lees en ook te interpreteer. Elke noot, simbool en teken op…

Read More