Algemene Sinode 2023 | Spiritualiteit en Liturgie: Refleksies van afgevaardigdes
Die 18de Algemene Sinodesitting van die NG Kerk het plaasgevind vanaf Sondag 15 Oktober tot Vrydag 20 Oktober 2023 te Birchwood in Boksburg. Die agenda se buiteblad het dadelik die oog gevang met die treffende illustrasies van Moses se lewe, deur dr Nico Simpson. Hierdeur…
Daar is verskillende maniere waarop ons as gelowiges God saam kan aanbid. Kontemplatiewe aanbidding is een so 'n manier. Ek deel graag van die insigte wat tot dusver in my eie reis na 'n dieper verstaan van kontemplatiewe aanbidding na vore getree het. Hiermee erken ek ook dat hierdie skrywe inleidend is en dat daar…
NG Gemeente Petrusburg se verhaal
Die Erediens Netwerk poog om met hierdie reeks oor musiek en sang in die erediens ‘n diepe bewustheid te kweek rakende die onontbeerlike rol wat musiek en sang speel in die erediens. In hierdie bydrae tot die reeks word die verhaal van NG Petrusburg se musiekbediening vertel. John-John van Niekerk,…
In 2 Samuel 6 word die verhaal vertel van Dawid wat die ark van God wil bring na Jerusalem. Net in die vorige hoofstuk het Dawid, met sy privaat weermag, die Jebusiete verslaan en Jerusalem gesteel. Die subteks in die verhaal van die ark is dit: Dawid wil ’n nuwe politieke rigting inslaan, geografies onafhanklik…
Die oënskynlik oorspronklike einde van die Markus-evangelie bly ’n tergende vraag. Hoekom sou hierdie evangelie, gedagtig aan alles wat dit voorafgegaan het, eindig met dié woorde: “Hulle het uitgegaan en van die graf af weggehardloop, want bewing en verbystering het hulle beetgepak. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang” (Markus…
Ons staan in Koninkrykstyd, en alhoewel mens dalk veel eerder, wat die liturgiese jaar betref, stilte met Lydenstyd sou wil verbind, wonder ek hoe ons die rol van stilte in Koninkrykstyd sou kon verstaan en verbeeld. Hoe sal ons die verband tussen Woord en sakrament, mistiek en profetiese optrede, inkeer en uitgaan kon verstaan? Ek…
“Die erediens is die publieke ontmoetingsplek tussen God en sy gemeente, aldus die Handleiding vir die Erediens. Die erediens is die ruimte waarbinne God gelowiges toerus om lig vir die wêreld en sout vir die aarde te wees. Die erediens is daarom onlosmaaklik verbind aan die Missio Dei (waarmee God reeds besig is) en die…
ʼn Mens sou maklik met goeie rede aan Christus se Hemelvaart as ʼn onttrek en ʼn vertrek kon dink, maar dalk dui die eintlike betekenis van die gebeure en fees veel eerder op die teendeel. In plaas van so ʼn soort Groot Trek wat hier plaasvind, is daar dalk veel eerder sprake van ʼn verdere,…
Die onderstaande skrywe het onlangs op my tafel geland, en ek glo elkeen kan hiermee identifiseer. Gesels gerus saam oor hierdie geweldige belangrike saak, met die oog daarop om Vrystaat gemeentes en predikante te bemagtig met kreatiewe moontlikhede.
"Ek sou graag wou sien dat daar sterker gevra word na wat prinsipieel die verantwoordelikheid van die…
As ek ‘n bietjie reflekteer oor dit wat alles die afgelope nege maande spesifiek by Torings van Hoop gebeur het, kom daar ‘n diepe dankbaarheid in my op: Ons het dit gemaak! Deur God se genade het ons dit gemaak! Ja, daar was tye wat die oorweldigende uitdagings en die geweldige risiko’s wat ons moes trotseer amper te veel was. …
Ladybrand se samestelling is van so ‘n aard dat ons ‘n klein kleurling-gemeenskappie het asook ‘n baie klein swart gemeenskappie wat ver is van die tradisionele swartwoonbuurt. Vir dekades is die kleurlinglidmate vanuit Bloemfontein bedien. Gedurende 1991 het die plaaslike kerkraad geskakel met die destydse NG Sendingkerkraad in Bloemfontein met die aanbod dat ons die bediening van die kleurlinglidmate sou…
‘n Paar leraars het in 2001 die bundel Gebedeboek met liturgiese voorstelle saamgestel met die doel om liturgiese kreatiwiteit te stimuleer. In die inleiding word “nuwe” maniere aangemoedig.
Die boekie bevat ‘n aantal liturgiese riglyne, wat geensins volledig wil wees nie, maar voorbeelde is van nuwe maniere om nie-verbaal en met appèl op meer sintuie as net die…