Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Doen wat saak maak – dis maklik!

Oorgeneem uit Getuienisaksie, Kaapkerk

Ons dink dikwels dat ons as individue geen verskil in hierdie wêreld kan maak nie, want die probleme is net eenvoudig te groot. Daar is so baie gemors in hierdie wêreld, so baie besoedeling en uitwissing van spesies. Die probleme lyk so oorweldigend dat ons maar eerder moed opgee en niks doen nie. Kan ons as individue regtig ’n verskil maak? Maak dit wat ons wel kan doen regtig enige impak op die groter krisis? Die antwoord op hierdie vraag is ’n onomwonde JA! As ons ALMAL saamstaan, kan die hele wêreld ’n beter plek word om in te woon. Baie dankie aan dr Rudolph Scharneck vir sy inspirerende bydrae uit Getuienisaksie (Wes-Kaapland) se Taakspan Ekologie-argief oor wat gedoen kan word.

116 | Maatskaplike NOODLYN