Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Vier Wêreld-vleilandedag op 2 Februarie

Deur Mariëtte Odendaal

Water speel regdeur die Bybel ’n baie belangrike rol. Jesus gebruik lewende water byvoorbeeld as metafoor vir die verlossing en nuwe lewe wat Hy bring. Op 2 Februarie word Wêreld-vleilandedag gevier. Vleilande werk soos ’n natuurlike sif; dit is natuurlike watersuiweraars. Dit is water-ekosisteme wat plantegroei en ander organismes bevat en ekologiese gesondheid verseker, nie net vir waterbronne nie, maar ook vir ons omgewing as ‘n geheel. Op hierdie dag raak ons weer opnuut bewus van die beduidende rol wat vleilande speel; nie net vir ons as mense nie, maar ook vir ons planeet as ‘n geheel. Ongelukkig word hierdie kosbare water-ekosisteme bedreig as gevolg van oorbevolking en die gepaardgaande menslike konstruksies; ’n dilemma wat dringende aandag verdien.

Kyk ook gerus na die video

Erkening aan Getuienisaksie

116 | Maatskaplike NOODLYN