Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Ons vier Wêrelddag vir Wildlewe

Deur Mariëtte Odendaal

As mense van Afrika is ons baie bevoorregd om van kleins af al wilde diere in hul natuurlike habitat te sien. Ons is geseënd met wêreldberoemde nasionale parke, soos die Kruger Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark en vele meer.

Die meeste van ons het ook al die groot vyf gesien, naamlik leeus, renosters, buffels, luiperds en olifante – iets wat al lank gelede in Europa, Brittanje en ander dele van kontinente uitgewis is. Buiten hierdie groot voorreg waarvan Europeërs net kan droom, is ons ook geseënd met ’n groot verskeidenheid plantegroei – van woestyne tot woude tot die unieke fynbosgebied in die Wes- en Oos-Kaap. “See the world in one country” is inderdaad ’n uiters gepaste slagspreuk vir ons Suid-Afrikaanse toerisme.

Op Maandag 3 Maart word daar wêreldwyd die Wêrelddag vir Wildlewe gevier. Op hierdie dag gee ons erkenning aan die unieke rolle en bydraes wat ons wilde diere en plante ten bate van die welsyn van die mensdom en alle ander vorme van lewe op ons kosbare planeet lewer.

Die tema vir vanjaar is Wildlewebewaring en Finansiering: Belegging in Mense en die Planeet.