Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Adriaan de Ruiter vertel … Die eerste vier artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, later bekend as Direkteur: Administrasie en Finansies en tans bekend as Hoof- uitvoerende beampte: Ondersteuning, het in die vorige vier uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels…

Read More

Tussen eksamen en Eksodus: God se getrouheid in die spanningsveld van studentwees

Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies Ons kampusse leef stil. Jy hoor nie meer die gelag uit koshuiskombuise of die klanke van eerstejaars op ’n sportveld nie. Dis eksamentyd. En oral is daar studente wat hard probeer om hul kennis, hul tyd en hul energie te balanseer. Dis ’n seisoen van druk, verwagting…

Read More

Vadersdag

Deur Mariëtte Odendaal Op hierdie dag dank ons die Here vir pa’s én alle rolmodelle wat hierdie onontbeerlike plek in huishoudings ingeneem het. Wees verseker: jou lewensmaat en kinders soek nie goud en silwer nie – hulle soek pret, respek vir hul ma, onvoorwaardelike liefde en die sekuriteit van ’n pa by wie hulle veilig…

Read More

Die Ring van Bloemheuwel

Deur Mariëtte Odendaal Die Ring van Bloemheuwel – Better Together “Die projek help dat gemeentes wat te min kinders het en finansieel nie daartoe in staat is om ’n belydeniskamp aan te bied nie, dit wel kan doen as dit saam met ander gemeentes in Bloemfontein, asook ander gemeentes in die Vrystaat, gedoen kan word.…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Hennie de Lange vertel … Die eerste drie artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, deesdae bekend as direkteur van administrasie en finansies, het in die vorige drie uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels oor die sinodale kerkkantoordae van Piet Coetzer,…

Read More

Hemelvaart vol beloftes!

Deur ds Christo Weideman, Verteenwoordiger: Sinodale Taakspan Kerkorde (STK) en leraar van NG Gemeente Kroonheuwel-Noord Handelinge 1:9-11 AFR83 (9)Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. (10)Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk,…

Read More

Wêreld-trekvoëldag: Beskerm ons migrerende voëls

Deur Mariëtte Odendaal Wêreld-trekvoëldag (World Migratory Bird Day) is ’n jaarlikse veldtog wat vanjaar op Saterdag 10 Mei gevier word en bewusmaking bevorder oor die beskerming van migrerende voëls en hul habitats wêreldwyd. Ons almal ken die oggendvrolikheid van voëltjies soggens douvoordag. Die gekoer en getjirp laat jou glimlag nog voordat jy opstaan om jou…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal “As dit nie vir ’n sterk en gesonde ruggraat is nie, sal jy maar moeilik oor die weg kom – vra maar vir enigeen wat al met rugprobleme gesukkel het. “So is ons sinodale kantoor in der waarheid die ruggraat van die NG Kerk Vrystaat se administratiewe en finansiële bestuur; ’n onontbeerlike…

Read More

Waar is U, Here?

Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies ’n Fiktiewe korrespondensie tussen twee studente wat handel oor die alledaagse geestelike vrese van studente. BRIEF 1 Luan aan Karla Liewe Karla Ek hoop daar skyn vandag ’n sonstraal op jou studeertafel by die koshuis. Ek weet dis al weer eksamentyd, maar ek moes eenvoudig vir jou…

Read More

Moedersdag

Deur Mariëtte Odendaal Op Sondag 11 Mei vier ons Moedersdag, die dag waarop jy kan stilstaan en net weer aan jou ma kan hulde bring of, as jy nog so bevoorreg is, haar kan nooi vir ete, blomme kan stuur of sommer net bel en dankie sê vir dit wat sy in jou lewe beteken…

Read More

Onthou om te onthou …

Deur ds Adrie Potgieter, addisionele lid van die Moderamen en leraar van NG Gemeente Senekal-Noord Daar is ’n bekende ou liedjie met die refrein: “Onthou om te onthou … vergeet om te vergeet”. Dit is ’n liefdesliedjie, maar kon net sowel ’n gesang of ’n psalm gewees het. Dit verwoord immers wat baie van ons…

Read More

Voedselvermorsing-dag

Deur Mariëtte Odendaal Kom ons beveg voedselvermorsing! Het jy geweet dat 33% van alle kos wat wêreldwyd geproduseer word, elke jaar verlore gaan of vermors word? As jy dan lees dat net ’n kwart van die kos wat wêreldwyd vermors word, gebruik kan word om die 795 miljoen mense wat ondervoed is, te voed, besef…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Fondasies en staalstrukture van geboue word nie gesien nie, maar dit is juis hiérdie onontbeerlike elemente wat geboue stabiel en staande hou. So het elke organisasie ook sy onsigbare fondasie en struktuur wat moet verseker dat alle interne en eksterne prosesse glad verloop. Die eerste artikel in ’n reeks van vyf oor…

Read More

ʼn Graad gevang, ʼn roeping gevind –
twee jong teoloë kyk terug

Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies Elke roeping begin met ʼn stem – soms duidelik en sterk, ander kere stil en stadig ontvouend. Vir Nielbert Mostert en Sarahné Dreyer het dié stem op verskillende maniere gekom, maar altwee het gereageer met geloof, vasberadenheid en ’n bereidheid om te leer. Aan die einde van…

Read More

Saam met Jesus in Bloemfon-Tuin

Deur ds Zak Scholtz, leraar van NG Gemeenskapskerk Woodland Hills Dit is ’n Donderdagaand soos geen ander nie. In die klein bokamer is Jesus by sy vriende – jarelange vriende wat mekaar ken. Die wêreld salig onbewus en ingesluk in die warboel van klimaks en teleurstelling die laaste week. Jesus en sy dissipels lê aan…

Read More

Wat is die prys van sielerus?

Deur Ds Jan Lubbe ’n Paasboodskap Wat kos sielerus? Of, in Jesus se woorde, “Wat sou ’n mens gee as losprys vir sy lewe?” (Markus 8:37). Dit is nogals opmerklik dat hierdie gelade vraag van Jesus aan sy dissipels, kom direk ná sy eerste aankondiging van die lyding wat op pad was; hulle begin die…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Het julle geweet dat die NG Kerk Vrystaat die enigste sinode is wat nog nooit ’n predikant as saakgelastigde (later genoem direkteur van administrasie en finansies) aangestel het nie? By al die ander sinodes word predikante gewoonlik in dié pos aangestel. Vir die volgende vyf weke kan julle nog meer interessante stories…

Read More

Die Kruis – jy wen deur te verloor

Deur Mariëtte Odendaal “Hulle sal Hom aanskou vir wie hulle deurboor het.” Johannes 19:37 Die kruis as simbool van die Christendom leer ons dat jy wen deur te verloor – deur jouself te ‘verloor’ wen jy ’n heel nuwe, opgestane lewe in Christus. Wat het Jesus nou eintlik gedoen wat so verskriklik was dat hy…

Read More

Kerkwees op vlug

Deur ds Hannes du Plessis, leraar van NG Gemeente Universitas-Wes OR Tambo lughawe is nie dieselfde as Bram Fischer lughawe nie. Ek was laat vir my vlug. In ’n gejaagd-hygende drafstap kyk ek weer na my horlosie. 14:28. Ek behoort dit te maak, maar genade, nee. By die sekuriteitshekke staan ’n lang ry. Ek oorweeg…

Read More

Ons vier Wêrelddag vir Wildlewe

Deur Mariëtte Odendaal As mense van Afrika is ons baie bevoorregd om van kleins af al wilde diere in hul natuurlike habitat te sien. Ons is geseënd met wêreldberoemde nasionale parke, soos die Kruger Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark en vele meer. Die meeste van ons het ook al die groot vyf gesien, naamlik leeus,…

Read More

Ons Gestremdes – ingesluit of verstote?

Deur Mariëtte Odendaal Die boek Disability Inclusion in Africa – From Harmful to Life-Giving Theologies, het so pas op 23 Januarie by Langham Publishers verskyn. Dit is ’n boek wat ’n lang verwaarloosde onderwerp vanuit alle hoeke deur Afrika-studente bespreek. Ons het met dr Nico Mostert, uitvoerende amptenaar van die NG Kerk Vrystaat se Vennote…

Read More

Leef jy in die truspieëltjie?

Deur ds Richi Kemp, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Eureka “So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babel en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlug met dieselfde skepe waarop hulle hulle vroeër beroem het. Ek is die Here, julle heilige God, die Skepper van…

Read More

Die Ring van Harrismith

Deur Mariëtte Odendaal Gee aandag aan die emosionele en geestelike welstand van ringsleraars “Die wegbreek het aan ons nie net ’n geleentheid van rus gebied nie, maar ook ’n geleentheid waarin ons mekaar kon herinner aan ons roeping ten spyte van die uitdagings van die NG Kerk in die breë, asook die uitdagings wat…

Read More

Wêreld-vleilanddag

Deur Mariëtte Odendaal Op Sondag 2 Februarie word daar wêreldwyd Vleilanddag gevier, maar wat is ’n vleiland presies, en waarom is dit van kritieke belang dat dit bewaar word? Vleilande is ekosisteme waar water die primêre faktor is wat die omgewing en die verwante plant- en dierelewe beheer. ’n Gebied word as ’n vleiland beskou…

Read More

Seëngroet vanuit die Sinodale kantoor

NG Kerk Vrystaat Bedieninge | Uitvoerende Amptenare Visionering Bedieningsbegeleiding Diens van Barmhartigheid Vennote in Getuienis Ondersteuning Met dankbare harte kyk ons terug op die afgelope jaar en al die genade en groei wat ons as geloofsgemeenskap beleef het. Soos die ster van Betlehem helder geskyn het, herinner dit ons aan die lig en hoop wat…

Read More

Laat U koninkryk kom

Deur prof Kobus Schoeman, Praktiese en Missionale Teologie, Fakulteit: Teologie en Religie, UV  “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid ...” Matteus 6:33 AFR20 As gelowiges bid ons die gebed “laat U koninkryk kom ...” gereeld as deel van die Ons Vader-gebed of as deel van ons eie gebede. Ons, as landsburgers,…

Read More

KI én KI

Deur prof Laetus Lategan, tentmakerleraar verbonde aan die NG Gemeente Bloemheuwel ’n Internetspeurtog oor Kunsmatige Inseminasie (KI) bring ’n verrassende resultaat na vore: In die laat 1800’s was dié tegniek reeds aan die ontwikkel. In kort het KI die moontlikheid om nuwe lewe te skep en kinderlose egpare die hoop op ’n gesin gee. Dus:…

Read More

Daders van Koninkrykstyd

Deur ds Willie Griesel, leraar van NG Gemeente Hertzogville “So gaan dit ook met die geloof: As dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” Jakobus 22:17 AFR83 In hierdie tyd van die liturgiese jaar, staan ons stil by Koninkrykstyd. Dit is die tydperk ná Pinkster tot en met Advent wat in…

Read More

Tyd

Deur ds Stephan Swart, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Efrata “Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.” Prediker 3:13 AFR83 Ons trek al in Oktober van 2024 en ek kan dit amper nie glo nie. Die jaar is so te…

Read More

Kopanong: ’n Verhaal van vernuwing en groei

Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies Kopanong, voorheen bekend as Kovsiekerk, het diep verbintenisse met huidige en voormalige studente, asook met die breër gemeenskap van die Vrystaat. Die Kovsie-gemeente het oor baie dekades ’n waardevolle rol gespeel binne die studentegemeenskap sedert die kerkgebou in 1984 opgerig is. Dit was ’n plek waar studente van…

Read More

Die Ring van Bloemheuwel

Deur Mariëtte Odendaal Die Ring van Bloemheuwel – Better Together “Tydens so ’n kamp kry die kinders die geleentheid om deur verskeie leraars, elk met hulle unieke gawes, in hul verhouding met die Here onderrig en geestelik begelei te word.” Ds Ettienne Engelbrecht Leraar: NG Gemeente Heuwelsig Die NG Kerk Vrystaat het in die 2023/24-boekjaar…

Read More

“Heer waar dan heen? …”

Deur ds Lunette Basson, leraar van NG Gemeente Theunissen-Wes “Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.” Jakobus 3:17-18 AFR20 As ek so terugkyk…

Read More

Op twee wiele vir teologie: Bewusmaking in die platteland

Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies Die traptoer het afgeskop op Saterdag, 14 Augustus, en geëindig op 31 Augustus, tydens die semesterbreuk. Hierdie unieke uitreik was gemik op teologiese bewusmaking in landelike gemeenskappe, geloofsgroei, en natuurlik, fietsry. Die teologiese bewusmaking is met groot sukses geïntegreer by gemeentes deur gesamentlike gesprekke met die katkisante, waar…

Read More