Deur Celicia McLean, redakteur van die Vrypos-nuusbrief van die NG Kerk Vrystaat
Erfenismaand laat ’n mens maklik terugkyk. Na waar jy vandaan kom. Na die mense wat voor jou hier was. Maar dalk moet ons vanjaar ook ’n ander vraag vra: Wat gaan ná óns oorbly? September is Erfenismaand. En skielik is daar weer foto’s…
Deur ds Marnette van Rensburg, leraar van NG Gemeente Pearly Beach, Sinode van Wes-Kaapland
Uit die stil kusdorp Pearly Beach het ’n dringende en hoopvolle behoefte ontstaan: ’n nasionale gebedsgeleentheid vir die toekoms van Suid-Afrika, gerig op die komende verkiesing op 4 November. Mense sê gereeld dat net God ons land kan red. Terwyl…
Deur Juan du Toit
Op 6 September het ds. De la Harpe le Roux vir die laaste keer as deel van sy bediening deur die deure van die NG Gem Torings van Hoop gestap. Ná 18 jaar is dit die einde van ’n besondere hoofstuk – nie net in die geskiedenis van Torings van Hoop…
Deur ds Riaan van Zyl, ondervoorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat
“Omdat Ek lewe, sal julle ook lewe.” – Johannes 14:19 Daar is min dinge wat ’n mens so diep nodig het soos hoop. Nie oppervlakkige optimisme nie. Nie die soort hoop wat sê: “Alles sal seker maar uitwerk” nie. Maar ’n…
Deur ds Marnette van Rensburg, leraar van NG Gemeente Pearly Beach, Sinode van Wes-Kaapland
Uit die stil kusdorp Pearly Beach het ’n dringende en hoopvolle behoefte ontstaan: ’n nasionale gebedsgeleentheid vir die toekoms van Suid-Afrika, gerig op die komende verkiesing op 4 November. Mense sê gereeld dat net God ons land kan red. Terwyl…
Deur Juan du Toit
PredikanteSAAMkoms 2026 | 1 September 2026 Die tasse is uitgepak. Die wasgoed is waarskynlik al gewas. Die naamkaartjies lê iewers op ’n lessenaar of in ’n tas. Die laaste lied is gesing en die gesprekke rondom die tafels het stil geword. Ons is huis toe. Maar iets van Goudini het saamgekom.…
Deur Juan du Toit
26 Augustus 2026 | PredikanteSAAMkoms, Goudini Vandag is die tweede dag van die PredikanteSAAMkoms 2026 – en as daar een ding is wat al hoe duideliker word, is dit dat hierdie SAAMkoms soveel meer as net ’n byeenkoms is. Dit is ’n plek waar mense weer asemhaal, waar grense vervaag en…
Deur Juan du Toit
25 Augustus 2026 | PredikanteSAAMkoms, Goudini Die oggend begin in stilte. ’n Stilte wat nie leeg is nie, maar vol verwagting. Mis lê soos ’n sagte kombers oor die berge, ’n tortelduif verbreek die stilte met sy bekende roep, en iewers tussen die berge en die vroeë oggendskemer begin ’n dag…
Deur Juan du Toit
26 Augustus 2026 | PredikanteSAAMkoms, Goudini “Allawêreld, wat gaan hier aan? Ek hoor gelag, ek ruik braaivleis … en skielik klink dit minder na dominees en meer na mense wat sommer net lekker mens is.” Dis omtrent die enigste gedagte wat deur my kop gaan terwyl die reuk van braaivleis en…
Deur ds Charles James, Addisionele lid van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat
William Temple (1881–1944), voormalige aartsbiskop van Canterbury, se bekende woorde oor die kerk se roeping behoort eintlik elke gemeente se kompas te wees: “The Church is the only society that exists for the benefit of those who are not its members.”…
Deur dr Nina Müller van Velden, dosent in Nuwe Testament (UV) en as leraar gekoppel aan die NG Gemeente Hugenoot, Bloemfontein
Vrouemaand het ’n manier om ’n mens bewus te maak van dinge waaraan jy die res van die jaar dalk te maklik gewoond raak. In die vorige uitgawe het ons in hierdie ruimte…
Deur ds Marnette van Rensburg, leraar van NG Gemeente Pearly Beach, Sinode van Wes-Kaapland
Uit die stil kusdorp Pearly Beach het ’n dringende en hoopvolle behoefte ontstaan: ’n nasionale gebedsgeleentheid vir die toekoms van Suid-Afrika, gerig op die komende verkiesing op 4 November. Mense sê gereeld dat net God ons land kan red. Terwyl…
Deur dr Leon M Foot, Skriba van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat
Hoekom sukkel motoriste so met ligte? Hoe moeilik kan dit wees? As dit donker word, of as die sig swak raak, sit jy jou motor se ligte aan. Iewers het ek geleer jou ligte moet ’n halfuur voor sononder aangeskakel word…
Deur ds Marnette van Rensburg, leraar van NG Gemeente Pearly Beach, Sinode van Wes-Kaapland
Uit Pearly Beach het die inisiatief ontstaan om, in aanloop tot die nasionale verkiesing op 4 November 2026, ’n geleentheid vir gebed vir ons land te skep. Ons hoor dikwels mense sê: "Net God kan ons land red." Hoewel ons…
Deur dr Nina Müller van Velden, dosent in Nuwe Testament (UV) en as leraar gekoppel aan die NG Gemeente Hugenoot, Bloemfontein
Augustus het aangebreek, en daarmee die viering van Vrouemaand. Op 9 Augustus 1956 het ongeveer 20 000 vroue oor kleurgrense heen na die Uniegebou in Pretoria gestap in protes teen die paswetgewing van…
Koninkrykstyd is die langste van ons kerklike seisoene. Soms ook die seisoen met die minste “opwinding”. In al die ander seisoene vier ons immers iets of gebeur daar iets groots, maar geen groot heilsgebeure val binne hierdie tyd nie. Dis dalk hoekom die kerk soms nie so lekker weet wat om met hierdie seisoen te…
Deur dr Elrika Senekal-Van der Berg, Spanleier vir Verhoudings vir die Sentrale Streek by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Die Bybelgenootskap het sopas die voorreg beleef om die afgelope Sinode by te woon in Bothaville, en tydens hierdie geleentheid het ek spesifiek genoem dat die prentjie in my kop een is van die Bruid (kerk) wat…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat
Aan alles kom daar hier, ’n einde. Terwyl ek gisteraand hieraan begin skryf, kom die oproep dat oom Kowie Wessels oorgestap het. Hy was 96, een van ons oudste lidmate, ’n merkwaardige mens en geliefde medegelowige. Jare lank betrokke by die uitreik…
Deur Inné van Zyl, finalejaar-teologiestudent by Pellissier-gemeente
Kinderpinkster 2026 by Pellissier-gemeente en die daaropvolgende besoek aan Primêre Meisieskool Oranje is gekenmerk deur vreugde, lag en die boodskap van God se liefde toe Leon van Blêrfontein sy opwagting gemaak het. Leon, die geliefde skaapkarakter uit Die Verlore Skapie-verhalereeks van Martin Schwella, het tydens die drie aande…
Deur Juan du Toit, Kommunikasie en Bemarking, NG Kerk Vrystaat
Daar is ’n spesifieke soort stilte wat jy net kry wanneer mense wat dieselfde roeping deel, saam begin werk. Nie ’n ongemaklike stilte nie — eerder een van herkenning. So asof jy in ’n vertrek instap en besef: hierdie mense verstaan hoekom jy hier is.…
Van 7 tot 10 Junie 2026 kom die NG Kerk Vrystaat byeen vir die 55ste Sinode te Nampopark, Bothaville met die tema: “’n Stroom Lewende Water – van die Bron af vloei dit verder.” Die tema, gegrond op Esegiël 47:1-12 (AFR20), herinner ons aan die profeet se visioen van water wat vanuit die tempel vloei…
Deur ds Stefan Malan, leraar van NG Gemeente Heuwelkruin
Die woord “moegheid” verdien na my mening ’n plek op die podium by die prysuitdeling vir woord-van-die-jaar. Ons ken dit maar al te goed en gebruik dit daagliks om ’n verskeidenheid ervarings te beskryf wat wissel van dit wat ons in vlees en gees beleef. Een…
Deur Elmarie Els-Hammann, Maatskaplike Werker by Engo Kinder- en Jeugsorgsentrums
Op 27 April 2026 het Suid-Afrika weer Vryheidsdag gevier, ’n dag wat vir baie mense ’n diep simboliese betekenis dra. Alhoewel die dag histories geanker is in belangrike gebeure, bied dit ook ’n waardevolle geleentheid om vanuit ’n maatskaplike oogpunt te reflekteer oor wat vryheid…
Deur prof Juanita Meyer, leraar van NG Gemeente Waterbron
In die tydperk tussen Opstanding en Hemelvaart word ons opnuut bewus van die stemme van Bybelse figure, stemme wat oor eeue heen bly weerklink in die lewe van gelowiges. Dit is stemme van roeping, maar ook van twyfel; van sekerheid, maar ook van diepe afhanklikheid. Aan…
Engo-mediaverklaring: Vrystelling op 10 April 2026
Bloemfontein, Vrystaat – Tydens die Maart/April-skoolvakansie het 38 sorgverlaters vanuit jeugsorgsentrums regoor die Vrystaat deelgeneem aan ’n unieke en lewensveranderende Sorgverlaterkamp. Die kamp fokus daarop om jongmense wat hulle voorberei om die sorgstelsel te verlaat, toe te rus met noodsaaklike lewensvaardighede en selfvertroue om suksesvol hul eie pad vorentoe…
Deur Maryna van Wyk, vryskutjoernalis en kopieskrywer
Min dinge kan die mensdom so aangryp soos ’n diertjie wat om een of ander rede swaarkry en dan gehelp of gered word. Een van hierdie verhale het hom die afgelope paar maande oor verskeie sosiale media-platforms afgespeel en gryp steeds die verbeelding van miljoene mense regoor die…
Deur Heléne Meissenheimer, uitvoerende joernalis en inhoudsvervaardiger by Kerkbode
Ek sit onlangs in ’n vliegtuig en lees hoe dr Stephan Joubert in een van sy boeke* vertel van wat hy sy “tweede bekering” noem. Hy sê dit was sy tweede weergeboorte. Dit gryp my aan want ek herken iets van my eie geloofstorie daarin. My…
Deur Elmarie Els-Hammann, Maatskaplike Werker – Ringerstraat,Sasolburg en Vrede Kinder- en Jeugsorgsentrums, deel van Engo Kinder- en Jeugsorgsentrums
Weerbaarheid, of “resilience”, verwys na ’n kind se vermoë om uitdagings, spanning en selfs traumatiese ervarings te hanteer sonder dat dit hul langtermynontwikkeling permanent benadeel. Dit beteken nie dat kinders nie swaarkry beleef nie – maar dat…
Deur ds Jan Venter, leraar van LIG-gemeente, NG Gemeente Gardeniapark
Ons lees in 2 Samuel 5:23 (AFR20): Toe Dawid die Here raadpleeg, het Hy gesê: “Moenie van voor teen hulle optrek nie; trek agter hulle om en val hulle aan voor die balsempopuliere.” Nou wat is so spesiaal aan hierdie woorde? Kan dit rigtinggewend wees…
Deur ds Cobus Hamman, leraar van NG Gemeente Bainsvlei
Nouwen, H M J 1989. In the Name of Jesus: Reflections on Christian Leadership. New York: Crossroad. Inleidend In sy boek oor Christelike leierskap fokus Nouwen op twee Skrifgedeeltes: Matteus 4:1-11 (Jesus se versoeking in die woestyn) en Johannes 21:15-19 (Petrus word in sy amp…
Deur Mariëtte Odendaal
“Wanneer dit tyd was vir die destydse jaarlikse sinodale kommissievergadering, is daar altyd in die portaal van die Sinodesaal tee en verversings aangebied. Dan het John ’n das aangesit, sy wit stofjas aangetrek en reg agter die kokende urn gaan staan en na homself as die ‘saakgelastigde se agteros’ verwys, terwyl hy…
Deur Celicia McLean, redakteur van die Vrypos, NG Kerk Vrystaat
“Be still, and know that I am God.” (Psalm 46:11) Januarie het skaars begin, toe dit al gevoel het asof ons agter die tyd aanhardloop. Besluite moes geneem word, kalenders ingevul word, verantwoordelikhede hervat word. En voor ons ons kon kry, het Januworry stilweg oorgegaan…
Deur ds Zak Scholtz, leraar, en prof Hesta Friedrich-Nel, gemeentebestuurder, van NG Woodland Hills Gemeenskapskerk
Hierdie artikel deur ds Zak Scholtz (leraar) en prof Hesta Friedrich-Nel (gemeentebestuurder) van NG Woodland Hills Gemeenskapskerk beklemtoon die belangrikheid van strategiese beplanning in die kerk, aan die hand van drie kernvrae: Waar is ons? Waarheen gaan ons? En hoe…
Deur, Engo-aannemings, mediaverklaring
Engo is die grootste liefdadigheidsorganisasie van sy soort in die Vrystaat en bedien jaarliks meer as 200 000 mense in nood. Herkomsnavrae is een van die dienste wat Engo bied, en help met hierdie diens om ouers en kinders wat geskei is as gevolg van aanneming, weer met mekaar in kontak te…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat
Die film “Wake up Dead Man” wat in Desember op Netflix vrygestel is – en wat in sommige kringe as (onbedoeld) een van die beste films oor die Christelike geloof en kerkwees bestempel word – open met die hoofkarakter, “Father Jud Duplenticy”…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Klein kinders is slimmer as wat ons dink. Met 'n eenvoudige vraag leer hulle hulle hele wêreld ken. Enige ouer wat al 'n vierjarige se “hoekoms” moes antwoord, sal verstaan. Dalk moet ons by hulle leer en meermale “hoekom” vra. Soos met Kersfees. Ek kan dink…
Deur Maryna van Wyk, vryskutjoernalis en kopieskrywer
Male sonder tal het ek die afgelope ruk gehoor hoe sleg die jaar vir talle mense was. Daar was net ’n algehele gevoel van iets is drasties verkeerd in die wêreld. Die Christendom is uit talle oorde in verskeie lande aangeval en Christene is vir hul geloof doodgemaak.…
Deur ds Craig Salzmann, leraar van NG Gemeente Heuwelsig
Werk, vergaderings, buitemuurse aktiwiteite, skoolkar ry, jaarafsluitings, prysuitdelings, eksamens, kerssangdienste … ’n groooot sug, maar nie noodwendig een van verligting nie! Of wag, is dit juis ’n sug van vreugde? Onlangs, tydens ’n informele aandiens, vra iemand die baie waardevolle vraag: “In ’n wêreld wat besig…
Oorgeneem uit Kerkbode, 22 September 2025, Artikels
Gesonde gemeentes word deur spanne gelei en diensleraars en opgeleide lidmate (Bedienaars) het ’n groot bydrae om te lewer om meer gawes aan die kerk te ontsluit, soos ook onlangs in ’n verslag oor die daling in predikanteposte uitgewys word. Die verskynsel van “ampsverbreding” in die NG Kerk…
Deur ds René Wessels, leraar van NG Gemeente Virginia
Soos die jaar stadig sy laaste draaie maak, raak die dae korter en die to-do-lyste langer. Dis maklik om vasgevang te raak in die gejaag — sperdatums wat naderkom, verpligtinge wat wag, en die konstante gevoel dat daar altyd nóg iets is wat gedoen moet word.…
Deur Juan du Toit, junior web- en grafiese ontwerper, NG Kerk Vrystaat
Op Woensdag, 24 September 2025, vier ons weer Erfenisdag. Dit is ’n dag wat ons herinner aan die ryke verskeidenheid van mense, tale, gebruike en tradisies in Suid-Afrika. Vir baie beteken dit ’n braaivleisvuur, familiebyeenkomste of die aantrek van kleurryke kultuurdrag. Maar dit…
Deur ds Santel Malan, leraar van NG Gemeente Heuwelkruin
Op 24 September vier ons Erfenisdag, oftewel ‘braaidag’ soos dit in die volksmond bekend staan: ’n dag waarop Suid-Afrikaners oor ons erfenis, kulturele diversiteit en identiteit nadink. Vanjaar kyk ons met Efenisdag terug op ’n jaar waar ons veral taal as deel van ons erfenis gevier…
Deur dr Enrico Casaleggio, leraar van NG Gemeente Fichardtpark
Markus 4:20: “Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.” “Dis heerlike lente, die winter’s verby … ” – so lui die woorde van…
Deur dr Enrico Casaleggio, leraar van NG Gemeente Fichardtpark
Waar tafels kreun onder tuisgebak se geur, en hande saamwerk in diens en seën, daar groei gemeenskap soos wingerd in sonlig – elkeen ’n loot, verbind in geloof se gloed. Kinders lag, oumas bid, en liedere vul die lug – ’n fees waar hemel en aarde…
Deur Maryna van Wyk, vryskutjoernalis en kopieskrywer
Vroue is sinoniem met skoonheid en versprei ’n aangename geur. Dit staan ook so in die Bybel dat waar daar vroue is, is liefde en diensbaarheid teenwoordig. My moeder was so diensbaar vir my tot op die ouderdom van 83 jaar. Daar was altyd ’n beker rooibostee langs…
Deur Mariëtte Odendaal
Hoe sterk is die stem wat ons aan die jeug in ons gemeentes gee? Hoeveel moeite doen ons om toe te sien dat hulle aktief betrokke raak by natuurbewaringsaksies en ’n sensitiwiteit vir ekologie ontwikkel
Ons jongmense is die gelowiges wat in die toekoms ’n bepalende rol gaan speel ten opsigte van…
Deur ds Melissa Jacobs, leraar van NG Gemeentes Lindley en Arlington
“Wie sou kon raai dat speel nie net vir kinders is nie?” Ek het die voorreg gehad om die Spelterapie-kursus, aangebied deur Excelsus en dr Siegfried Louw, in Randburg by te woon gedurende die week van 28 Julie tot 1 Augustus 2025. Tot my…
Deur Mariëtte Odendaal
’n Huldeblyk aan die vrouestem in die NG Kerk en samelewing – van die Vrouemonument tot die kansel Nasionale Vrouedag gee aan ons die geleentheid om met dankbaarheid terug te kyk en met verantwoordelikheid vorentoe te beweeg.
Die meeste van ons kan getuig van sterk, gelowige vroue in ons gesinne en uitgebreide…
Deur dr Elrika Senekal-van der Berg, spanleier by Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Die boek van Spreuke leer ons om te luister na die woorde van ons moeders. My ma is een van my eerste herinneringe. Ma’s is wonderlike goed: sondige mense net soos elkeen van ons, vol uitdagings wat hulle bied natuurlik, maar versterk deur…
Deur Mariëtte Odendaal
“Professioneel gesproke wil ek voortdurend leer en verbeter. Ek hoop om in die toekoms ’n invloedryke, kreatiewe rol in die Kommunikasie- en Bemarkingspan te speel.” - Juan du Toit
Vanaf 4 Augustus is daar ’n nuwe gesig in die wandelgange van ons Sinodale Kantoor, naamlik die talentvolle Juan du Toit. Hy is…
Deur Magdaleen du Toit, lid van die Spiritualiteit Netwerk
“Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met ’n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink. As ek aan jou trane terugdink, verlang ek daarna om jou te sien, sodat ek met blydskap vervul kan…
Deur ds Johannes Rossouw, leraar van NG Gemeente Marquard
Sentrale Ring te Clarens 24-26 Maart 2025 Ons retreat het afgeskop met heerlike tee/koffie en beskuit. Daarna het ons mekaar beter leer ken. Elkeen het kans gekry om hom-/haarself voor te stel aan die groep. Daarna was die interessantste om te hoor hoe en waar elkeen…
Deur Mariëtte Odendaal
“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here …” Psalm 24:1 (1983-vertaling)
Elke jaar neem mense wêreldwyd gedurende Plastiekvrye Julie 'n doelbewuste besluit om hul gebruik van plastiek te verminder. Maar waar het dit begin en hoe kan ons as Christene…
Deur Ethan Kleynhans, ’n tweedejaar-teologiestudent (BDiv) aan Kovsies
Maandagoggend, 23 Junie. Die lig lê nog bleek oor die kerkgronde toe ons begin pak. Die groot wit bussie staan soos ’n rustende dier. Ek en ds Van Velden, Kopanong se predikant, is die enigste mans tussen die groep en haal met stil vasberadenheid die agtersitplekke uit…
Deur ds Joe Müller, skriba van die Teologies-kategoriale Ring en leraar van NG Gemeente Kroonstad
Op Vrydag 13 Junie 2025 het ’n geskiedkundige gebeurtenis plaasgevind. Drie gemeentes, NG Gemeentes Harrismith, Kroonstad en Parys-Suid het by Harrismith-gemeente bymekaargekom om die eerste Teologies-kategoriale Ring van die Vrystaat te stig. Ons Ring se naam heet ook so: Die…
