Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Kenmekaar leraars-retreat

Deur ds Johannes Rossouw, leraar van NG Gemeente Marquard Sentrale Ring te Clarens 24-26 Maart 2025 Ons retreat het afgeskop met heerlike tee/koffie en beskuit. Daarna het ons mekaar beter leer ken. Elkeen het kans gekry om hom-/haarself voor te stel aan die groep. Daarna was die interessantste om te hoor hoe en waar elkeen…

Read More

Die Ring van Welkom

Deur ds Philip McLaren, voorsitter van die Ring en Jeugwerk Jongmense geniet mekaar Jeugkamp 2024 Waar jongmense saam is, is daar groot vreugde. Wie van ons kan nog ons jongdae onthou, en veral wat ons saam met die kerk gedeel het? Die tye van kampvure, kruistogte en “singsongs” word al minder. Vandag kry ons groot…

Read More

Die Ring van Bloemheuwel

Deur Mariëtte Odendaal Die Ring van Bloemheuwel – Better Together “Die projek help dat gemeentes wat te min kinders het en finansieel nie daartoe in staat is om ’n belydeniskamp aan te bied nie, dit wel kan doen as dit saam met ander gemeentes in Bloemfontein, asook ander gemeentes in die Vrystaat, gedoen kan word.…

Read More

Die Ring van Harrismith

Deur Mariëtte Odendaal Gee aandag aan die emosionele en geestelike welstand van ringsleraars “Die wegbreek het aan ons nie net ’n geleentheid van rus gebied nie, maar ook ’n geleentheid waarin ons mekaar kon herinner aan ons roeping ten spyte van die uitdagings van die NG Kerk in die breë, asook die uitdagings wat…

Read More

Die Ring van Bloemheuwel

Deur Mariëtte Odendaal Die Ring van Bloemheuwel – Better Together “Tydens so ’n kamp kry die kinders die geleentheid om deur verskeie leraars, elk met hulle unieke gawes, in hul verhouding met die Here onderrig en geestelik begelei te word.” Ds Ettienne Engelbrecht Leraar: NG Gemeente Heuwelsig Die NG Kerk Vrystaat het in die 2023/24-boekjaar…

Read More

Die Ring van Goudveld

Deur Mariëtte Odendaal Die Ring van Goudveld belê in hul vroue en kinders “Die droom van ons Damesoggend was om ’n bederf-geleentheid met ’n lewensveranderde boodskap te reël wat vir alle belangstellende vroue bekostigbaar sou wees.” Hannetjie Nel Bestuurslid van die sinodale vrouebediening “Die #Imagine KIDZ was ’n geleentheid wat die kinders van ons…

Read More

Die Ring van Heilbron

Deur Mariëtte Odendaal ’n Hart vir dié in nood “Deur projekte aan te wakker, raak gemeentes bewus van nuwe moontlikhede en word hulle op ’n positiewe manier gemotiveer om betrokke te raak by die groter prentjie van die Koninkryk van God, eerder as om net na binne gefokus te wees.” Ds Gerrit Strydom Ringskriba:…

Read More

Die Ring van Suidoos-Bloemfontein

Deur Mariëtte Odendaal Ondersteun bedieningsopleiding en barmhartigheid “Die fondse wat hiermee ge-in word, word volledig gebruik om met die verligting van die nood van  mense in die dorp te help. Die gemeente is self in ’n oorlewingstryd gewikkel en hierdie projek help om die druk op die gemeentebegroting aansienlik te verlig.“ Die NG Kerk Vrystaat…

Read More

Die Ring van Waterbron

Deur Mariëtte Odendaal ’n Hart vir ons gebroke kinders “Dié Ringsprojek dra daartoe by dat hierdie kinders nie net fisies ’n veilige tuiste kry nie, maar ook holisties bedien word. Daar word baie op hul geestelike versorging, pastorale begeleiding en emosionele ondersteuning gefokus. Dit alles is ’n poging om die kinders te begelei na genesing…

Read More

Die Ring van Welkom

Deur ds Philip en Heidi McLaren van NG Gemeente Bedelia, Welkom Koud maar tog te lekker Jongmense verstaan nie die woord koud as dit kom by kuier en kampeer by ATKV Buffelspoort nie. Die gemeente van NG Bedelia kampeer al vir meer as 10 jaar elke wintervakansie by Buffelspoort. Die skole met al die aktiwiteite…

Read More

Die Ring van Bloemfontein-Noord

Deur Mariëtte Odendaal ’n Baken van hoop vir armes en middelafhanklikes “Die NG Kerk De Bloem is ’n semi-middestadgemeente met baie beperkte hulpbronne, maar vele bedieningsmoontlikhede. Uit die aard van die gemeente se samestelling poog ons voortdurend om die gemeente se werksaamhede uit te brei; iets waarmee die sinodale ondersteuning van R30 000 ons finansiële…

Read More

Ring van Smithfield help vure doodslaan!

“Dit is met groot dankbaarheid dat ons ring, danksy hierdie besondere NG Kerk Vrystaat-fonds, in samewerking met die Brandbeskermingsvereniging, al byna 400 boere en plaasarbeiders in die bestryding van weghol-veldbrande kon laat oplei.” | Ds Werner Burger, Voorsitter van die Ring van Smithfield Die NG Kerk Vrystaat stel jaarliks aan hul 15 ringe ’n…

Read More

Ring van Harrismith

“Die fondse wat beskikbaar gestel is, het dit moontlik gemaak om hierdie sentrum by te staan en sodoende die nodige versorging aan mense te kan bly gee.” | Ds Hannes van Deventer Die NG Kerk Vrystaat het in die 2022/23-boekjaar 'n bedrag van R30 000 aan elkeen van die 15 Vrystaatse ringe beskikbaar…

Read More

Die Ring van Valsrivier

“Hy het met sy Bybel onder ’n boom gaan sit, dit van blydskap gesoen en dadelik daarin begin blaai. Met ons vertrek was hy steeds besig om daaruit te lees – in sy eie taal!” | Ds Dylan Allen Die NG Kerk Vrystaat het in die 2022/23-boekjaar 'n bedrag van R30 000 aan…

Read More

Die Ring van Fauresmith

“…  ons eerste prioriteit (is) nou eers om te fokus op die prediking van die Woord en om hulp te verleen aan ons vakante gemeentes …” | Ds Natasha du Plessis Die NG Kerk Vrystaat het in die 2022/23-boekjaar 'n bedrag van R30 000 aan elkeen van die 15 Vrystaatse ringe beskikbaar gestel…

Read More

Ring van Smithfield

“Tydens die NGKA-basaar het ons gemeente vervoer, asook tafels en braaiers verskaf. Ons het gehelp braai, verkoop en ook saam met die NGKA-lede pannekoek gebak.” | Ds Horance van Coller Die NG Kerk Vrystaat het in die 2022/23-boekjaar 'n bedrag van R30 000 aan elkeen van die 15 Vrystaatse ringe beskikbaar gestel om gesamentlike ring-projekte te ondersteun.…

Read More

Ring van Heilbron

Maar om arm te wees beteken nie dat ek nie hande het en nie ’n bydrae kan lewer nie. En dit is waar die gemeente se unieke aanslag “Dié fonds het dit vir verskeie gemeentes in ons ring moontlik help maak om barmhartigheidsdiens aan vele verdienstelike behoeftes te lewer.”merkwaardig is – alle lidmate wat voedselhulp…

Read More

Wie is Carin van Schalkwyk?

Soos die meeste van ons is Carin nie werklik my naam nie, dit staan nie op my identiteitsdokument nie en ook nie iewers in 'n doopregister nie. Julle sal sien dat ek dokumente onderteken as CHJ van Schalkwyk. My volle name is Catharina Hester Johanna. Dit is name wat nooit gebruik word nie - my…

Read More

So hoe “lyk” ek?

Kort na ek die bediening in 2013 betree het, draf-stap ek 'n hospitaal in Kimberley binne om 'n lidmaat te besoek. Die sekuriteit stop my vinnig: "Dit is nie nou besoektyd nie." Ek verseker hom vinnig dat ék die predikant is van die gemeente waarin sy is. Ons kom van Jacobsdal en ek het spesiaal…

Read More

Die wêreld van idees

Sedert Maart 2021 is ek as tentmakerleraar verbonde aan die NG Kerk Bloemheuwel waar ek reeds 26 jaar lidmaat is. Ek het doelbewus ‘n akademiese loopbaan gekies omdat ek soos my professore die wêreld van idees wou verken, maar ook aangespoor was deur oortuiging dat die Christelike geloof ‘n verskil aan die wêreld kan maak.…

Read More

‘n Lewenskets

Anton Meiring is gebore as ‘n Oos-Kapenaar op 30 Januarie 1960, het skoolgegaan in onder andere die Langkloof en matriek geskryf by die Nico Malan Hoërskool op Humansdorp. Hy onthou met groot dankbaarheid onderwysers op sy lewenspad wat ‘n groot rol gespeel het in sy vormingsjare. Van kleins af het hy ‘n diep bewustheid van…

Read More

Verras oor Paasnaweek

Oor die afgelope Paasnaweek het ek vir die eerste keer in sowat ses jaar besluit om oor Paasnaweek verlof te neem sodat ons as gesin saam kan rus oor ʼn naweek wat normaalweg baie besig is met eredienste en voorbereidings. Ek en my vrou het besluit dat ons by my skoonfamilie gaan kuier in Belfast.…

Read More

My Roepingsverhaal – Hoopbringer

Toe ek jonk was, was ek oortuig dat ek ‘n vlieënier gaan word.  Om die wêreld te kan sien en verantwoordelik te wees vir soveel ander mense se lewens.  Volgens Hettie Brits se boek, “Kweek kinders met karakter”,  floreer ek op verantwoordelikheid.  Toe ek ouer word het dit geskuif van vlieg na bou, ‘n siviele…

Read More

Eerste vrou in die NGK

Ek moes dink wat skryf ek en wat nie.  Dis amper my hele lewensverhaal as ek moet skryf oor my reis as eerste vrouepredikant in die NGK.  Ek het besef ek sal net penstrepe kan trek. In my finale jaar belydenisklas het ek skielik begin worstel met die vraag: Hoekom kan daar nie vrouepredikante wees…

Read More

‘n Goeie reis

Ek is Werner Burger as inboorling van Ermelo het ek ook hier my skoolloopbaan voltooi. Ek het my studies voltooi aan Kovsies in 2010. Die eerste paar jaar in my bediening was ’n goeie reis - ek stel dit so want ons het ’n klomp plekke ontdek op soek na ’n vaste betrekking. Die gemeente waar…

Read More

Noem my sommer net Willem

My naam is Willem Andreas Smit, maar noem my sommer net Willem. Ek is gebore in 1989 in Pretoria, waar ek die eerste 30 jaar van my lewe deurgebring het. Ek het nou nie die tradisionele pad tot die bediening in die NG Kerk gevolg nie. In 2008 begin my Teologiese opleiding aan Lewende Woord se…

Read More

Klein botteltjies, groot gif

My naam is Elandré.  Ek is die jongste predikant in my ring en verseker die kortste!  Maar soos wat hulle sê: “Klein botteltjies, groot gif.”  Dit was altyd die sê-ding oor my gewees in my skooljare.  Ek was altyd die kortste een op die rugbyveld, maar altyd die een wat die grootste (“vetste”) outjie gesoek…

Read More

Klein begin vir Kleingroepe

NG Gemeente Kerkenberg het aan die begin van 2019 'n splinternuwe kleingroep-bediening op die been gebring.  Die uitgangspunt en motivering vanaf die leierskap se kant was geskoei op die nuut geformuleerde gemeentevisie :  NG Gemeente Kerkenberg  hier  1) Streef ons na die wil van God 2) Koester ons mekaar in liefde 3) Dien ons ń gemeenskap in nood…

Read More

Liewe Goeie Genade

Goeie genade hoe skryf mens iets oor jouself!? Dit laat my dink aan daai leer-mekaar-beter-ken-episodes waar almal in ‘n kringetjie sit en uitfigure wanneer dit jou beurt is dat jy darem iets opbouend kan deel oor jou inkom en uitgaan, jou gaan slaap en jou opstaan... My vrou Letia sou hierdie makliker gedoen het, want…

Read More

Dienskneg in eie reg

Ds Johann Kemp is gebore in Ermelo in Mpumalanga, waar hy ook grootgeword en gematrikuleer het. Hy wou al van kleins af 'n predikant word, maar dit is eers in sy matriekjaar dat hy bevestiging van sy roeping ontvang het en daarna by die Universiteit van Pretoria sy BA, BD en nagraadse diploma in Teologie voltooi…

Read More

Lente van Hoop | Reeks aangebied

Die leraars van die Ring van die Goudveld het dit goedgedink om vanjaar, met die draai van die seisoen, vanaf 1-10 September 2020, daagliks ‘n kort boodskappie van hoop via sosiale media uit te stuur. Die doel van hierdie boodskappies was om die Goudveld-gemeenskap gedurende hierdie moeilike en uitdagende tye net weer bietjie geestelik te…

Read More

Vergesel Kareltjie en Friedel

Deur dr Christo Herbst, leraar van NG Gemeente Trompsbrug Gebore in Standerton in Mpumalanga op 29 Mei 1969. Getroud met Alta op 4 Januarie 1997 en het twee kinders, Lené en Chris. Later jare het nog tweetjies deel van die gesin geword, Kareltjie en Friedel.  Kareltjie het in Warmbad by die gesin aangesluit toe die sanger Fatman ons aan…

Read More

Van rommel tot meubels

Dit is eers toe ek begin het om al my sagte plastiek te stoor, wat ek agtergekom het presies hoe baie plastiek ek net een keer gebruik en dan weggooi. En ons almal weet dat “weggooi” eintlik net ‘n eufemisme is vir “laat lê dit net op ‘n ander plek waar dit skadelik is vir…

Read More

Gesant – Predikant

Deur ds Jaco Thom, leraar van NG Gemeente Petrusburg Toe ek in April 2019 in Petrusburg as predikant bevestig is, is die sirkel van my bediening voltooi. Ek is in Februarie 1985 in Monument (nou deel van Uitsig-Bloemfontein) georden. Van 1991 tot 2018 was ek predikant in Toringkerk in die Paarl. Ek kyk dankbaar terug…

Read More

Ek is ‘n gewone gemeentedominee…

Deur ds Jors (Jannie) Reynders, leraar van NG Gemeente Bloemheuwel Paulus sê dat wanneer hy oor homself praat, praat hy soos ‘n dwaas. Ek is ook versoek om hierdie “dwase ding” te doen en iets oor myself te skryf. Ek is ‘n gebore en getoë Vrystater. Op ‘n plaas in die Noord-Vrystaat grootgeword, in Wesselsbron matriek…

Read More

Ek, van toeka tot nou…

Deur ds Fanie Spamer, leraar van NG Gemeente Heuwelsig Fanie Spamer, 'n amper oupa, gebore in Kroonstad op 18 September 1960. Ek het grootgeword in Welkom op die Vrystaatse goudvelde. My skooljare is aan die Laerskool Dagbreek (1967 – 1973) waar my ouma ook 'n onderwyseres was en die Hoërskool Welkom Gimnasium (1974 – 1978) waar my skoonpa…

Read More

Graslandbediening: Bloemheuwel-gemeente

My pad het in Maart 2018 gekruis met ‘n jongman met die naam Neo Khobotlo. Ons het mekaar op die “markplein” ontmoet, maar gou het ons gesprekke oor Christenskap en die kerk se roeping begin draai. In hierdie gesprekke ontdek ek dat hy ‘n lekeprediker is in ‘n onafhanklike Afrika Kerk wat as NPO geregistreer is onder die…

Read More

EK IS…

Deur ds Anneri Viljoen, leraar by NG Gemeente Hugenoot Ek is ‘n sondaar, ‘n Bloemfonteiner, een van twee dogters – die jongste – ‘n ma van twee seuntjies onder vier jaar oud, agt jaar in die bediening, ‘n Vrystaat rugby ondersteuner (dit is belangrike inligting), ‘n liefhebber van lente, die trotse eienaar van Sam ‘n rescue hond…

Read More

Advies oor die hou van Ringsittings

Die nuutste regulasies oor Covid-19 laat konferensies en vergaderings van organisasies toe. 'n Mens sou seker ook ‘n ringsitting as ‘n “godsdienstige byeenkoms” kon tipeer as jy regtig wil. Ewenwel, die volgende is van toepassing op die hou van ‘n ringsitting: maksimum vyftig persone dra van maskers al die reëls oor die reiniging van die…

Read More