Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Die Ring van Welkom

Deur ds Philip McLaren, voorsitter van die Ring en Jeugwerk

Jongmense geniet mekaar

Jeugkamp 2024

Waar jongmense saam is, is daar groot vreugde. Wie van ons kan nog ons jongdae onthou, en veral wat ons saam met die kerk gedeel het? Die tye van kampvure, kruistogte en “singsongs” word al minder. Vandag kry ons groot saamtrekke en ons is maar een van die massa.

Ek onthou nog die mooi getuienis van “oom Tom” langs die kampvuur. Vandag kan ek nog daarvan getuig dat ’n ou oom met my sy getuienis gedeel het. Soveel jongmense het al die geleentheid ervaar van ’n Buffelspoort-kamp. Hierdie geleentheid word jaarliks deur NG Gemeente Bedelia aangebied.

Die Sinode van die Vrystaat maak dit elke jaar vir ons moontlik om ’n groep kinders op hierdie geleentheid te neem en met die Woord en lied te bedien. Dit is ook jaarliks ons uitreikgeleentheid om kinderhuiskinders van ons omgewing saam te neem. Vir hulle is dit ’n wonderlike geleentheid om nuwe mense te leer ken, mense wat op ’n geestelike manier vir mekaar omgee.

Ons is bevoorreg om hierdie kamp saam met Heidi McLaren en die kerkraad van Bedelia aan te bied. Jeugwerk vra baie van ons tyd, maar die vrug van die bediening is sigbaar in ons gemeentes. Die jongmense leer ook om na ander uit te reik en daardeur hulle eie geloof te versterk. Ons bid dat die kerk kan voortgaan om hierdie bediening onder kleingroepe in stand te hou sodat gemeentes kan groei en bly voortbestaan. Die Here is groot en Sy liefde dring ons tot die bediening van jongmense in ons land.

Vir meer inligting kontak ds Philip McLaren, ringsvoorsitter, by mclarenphillip9@gmail.com

  | verskaf deur:  Ds Philip McLaren