Deur Maryna van Wyk, vryskutjoernalis en kopieskrywer
Male sonder tal het ek die afgelope ruk gehoor hoe sleg die jaar vir talle mense was. Daar was net ’n algehele gevoel van iets is drasties verkeerd in die wêreld. Die Christendom is uit talle oorde in verskeie lande aangeval en Christene is vir hul geloof doodgemaak.…
Deur ds Craig Salzmann, leraar van NG Gemeente Heuwelsig
Werk, vergaderings, buitemuurse aktiwiteite, skoolkar ry, jaarafsluitings, prysuitdelings, eksamens, kerssangdienste … ’n groooot sug, maar nie noodwendig een van verligting nie! Of wag, is dit juis ’n sug van vreugde? Onlangs, tydens ’n informele aandiens, vra iemand die baie waardevolle vraag: “In ’n wêreld wat besig…
Deur ds René Wessels, leraar van NG Gemeente Virginia
Soos die jaar stadig sy laaste draaie maak, raak die dae korter en die to-do-lyste langer. Dis maklik om vasgevang te raak in die gejaag — sperdatums wat naderkom, verpligtinge wat wag, en die konstante gevoel dat daar altyd nóg iets is wat gedoen moet word.…
Deur ds Santel Malan, leraar van NG Gemeente Heuwelkruin
Op 24 September vier ons Erfenisdag, oftewel ‘braaidag’ soos dit in die volksmond bekend staan: ’n dag waarop Suid-Afrikaners oor ons erfenis, kulturele diversiteit en identiteit nadink. Vanjaar kyk ons met Efenisdag terug op ’n jaar waar ons veral taal as deel van ons erfenis gevier…
Deur dr Enrico Casaleggio, leraar van NG Gemeente Fichardtpark
Markus 4:20: “Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.” “Dis heerlike lente, die winter’s verby … ” – so lui die woorde van…
Deur Maryna van Wyk, vryskutjoernalis en kopieskrywer
Vroue is sinoniem met skoonheid en versprei ’n aangename geur. Dit staan ook so in die Bybel dat waar daar vroue is, is liefde en diensbaarheid teenwoordig. My moeder was so diensbaar vir my tot op die ouderdom van 83 jaar. Daar was altyd ’n beker rooibostee langs…
Deur Magdaleen du Toit, lid van die Spiritualiteit Netwerk
“Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met ’n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink. As ek aan jou trane terugdink, verlang ek daarna om jou te sien, sodat ek met blydskap vervul kan…
Deur ds Hannes du Plessis, skriba van die Moderamen en leraar van NG Gemeente Universitas-Wes
Die Franse het ’n woord, flâneur, wat dui op iemand wat in die stad ronddrentel sonder ’n bestemming. Maar, die woord het nie noodwendig ’n negatiewe konnotasie nie. ’n Flâneur stap nie rond om te kyk wat gesteel kan word…
Deur ds Jan Lubbe, voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat en leraar van NG Gemeente Berg-en-Dal
Meimaand het oorgegaan in Junie, herfs in winter, ’n eerste semester se leerwerk in die halfjaareksamens. En dít, rondom daardie geliefde tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster in ons gemeentes. Oestyd. In sosiale media het die…
Deur dr Dawie Botes, ondervoorsitter van die Moderamen van die NG Kerk Vrystaat en leraar van NG Gemeente Welkom-Wes
Ons lewe in ‘n kitstyd waarin alles vinnig moet gebeur of eintlik al moes gebeur het. Die internet-spoed is altyd net te stadig en die toue by die kruidenierswinkel net te lank. Ja, ook op geestelike…
Deur ds Christo Weideman, Verteenwoordiger: Sinodale Taakspan Kerkorde (STK) en leraar van NG Gemeente Kroonheuwel-Noord
Handelinge 1:9-11 AFR83 (9)Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. (10)Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk,…
Deur ds Adrie Potgieter, addisionele lid van die Moderamen en leraar van NG Gemeente Senekal-Noord
Daar is ’n bekende ou liedjie met die refrein: “Onthou om te onthou … vergeet om te vergeet”. Dit is ’n liefdesliedjie, maar kon net sowel ’n gesang of ’n psalm gewees het. Dit verwoord immers wat baie van ons…
Deur ds Zak Scholtz, leraar van NG Gemeenskapskerk Woodland Hills
Dit is ’n Donderdagaand soos geen ander nie. In die klein bokamer is Jesus by sy vriende – jarelange vriende wat mekaar ken. Die wêreld salig onbewus en ingesluk in die warboel van klimaks en teleurstelling die laaste week. Jesus en sy dissipels lê aan…
Deur ds Hannes du Plessis, leraar van NG Gemeente Universitas-Wes
OR Tambo lughawe is nie dieselfde as Bram Fischer lughawe nie. Ek was laat vir my vlug. In ’n gejaagd-hygende drafstap kyk ek weer na my horlosie. 14:28. Ek behoort dit te maak, maar genade, nee. By die sekuriteitshekke staan ’n lang ry. Ek oorweeg…
Deur ds Francois van Tonder, leraar van NG Gemeente Parys-Oos
’n Les uit die Visrivier Canyon
Met die oog op Aswoensdag wat om die draai is, breek ’n tyd van refleksie, bekering en ’n oproep tot nederigheid, aan. Dit is tradisioneel ’n tyd van geestelike vernuwing in die lewe van gelowiges en gemeentes, ’n tyd…
Deur ds Richi Kemp, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Eureka
“So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babel en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlug met dieselfde skepe waarop hulle hulle vroeër beroem het. Ek is die Here, julle heilige God, die Skepper van…
Deur ds Cobus (en sy vrou, Annelize) Hamman, leraar van NG Gemeente Bainsvlei
My vrou skryf nie gewoonlik my preke nie, en ek luister as ’n reël nie eintlik wanneer sy vir my preek nie. Maar wanneer Janu“worry” se kalf in die put is, is hierdie dominee daarvan oortuig dat plagiaat in die pastorie nie…
Deur ds Gerber Roux, leraar van NG Gemeente Hospitaalpark
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Johannes 10:27-28 AFR20
Vroeg in sy brief aan die…
Deur prof Kobus Schoeman, Praktiese en Missionale Teologie, Fakulteit: Teologie en Religie, UV
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid ...” Matteus 6:33 AFR20
As gelowiges bid ons die gebed “laat U koninkryk kom ...” gereeld as deel van die Ons Vader-gebed of as deel van ons eie gebede. Ons, as landsburgers,…
Deur ds Willie Griesel, leraar van NG Gemeente Hertzogville
“So gaan dit ook met die geloof: As dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” Jakobus 22:17 AFR83
In hierdie tyd van die liturgiese jaar, staan ons stil by Koninkrykstyd. Dit is die tydperk ná Pinkster tot en met Advent wat in…
Deur ds Stephan Swart, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Efrata
“Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.” Prediker 3:13 AFR83
Ons trek al in Oktober van 2024 en ek kan dit amper nie glo nie. Die jaar is so te…
Deur ds Lunette Basson, leraar van NG Gemeente Theunissen-Wes
“Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.” Jakobus 3:17-18 AFR20
As ek so terugkyk…
Deur ds Jannie du Plessis, leraar van NG Gemeente Brandfort
“En Ek sê vir jou, jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou; en die poorte van Hades sal dit nie oorweldig nie.” Matteus 16:18 AFR20
Wanneer ons bogenoemde tema oordink, ontstaan die vraag onwillekeurig: Waar in die Bybel lees ons…
Deur ds Mias Nortier, leraar van NG Gemeente Jacobsdal
“Sing vir God, besing sy Naam! Verheerlik Hom wat op die wolke ry – HERE is sy Naam – jubel voor Hom!” Psalm 68:5 AFR20
Tans is ons in Koninkrykstyd van die kerkjaar. Wat beteken dit en maak dit enigsins saak in hierdie deurmekaar wêreld van…
Deur dr Leon M Foot, Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding en Skriba van die Moderamen
“U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.” Psalm 5:4 AFR83
Hoe begin jou dag? Hoe word jy wakker? Sommige mense word wakker, ander skrik wakker. Sekere mense…
Deur Magdaleen du Toit,
Sameroeper van die Spiritualiteit Netwerk en aanbieder by vanjaar se Vrystaatse Vroueretreat
Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, ’n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. Hebreërs 11:1 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, ek maak alles nuut.” Openbaring 21:5
In die vorige…
Deur dr Leon M Foot, Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding en Skriba van die Moderamen
9 “In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U Here, laat my veilig woon.” PSALM 4:9 (AFR20: Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe slaap jy? Is jy dalk een van die vier miljoen Suid-Afrikaners wat…
Deur ds Gideon Lamprecht, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Panorama
1 “Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir
hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg!”
GENESIS 17:1 AFR83
’n Woord wat ’n mens deesdae min hoor, is die woord ‘onkreukbaar’. Dis…
Deur ds Johan Marais, medeleraar van NG Gemeente Berg-en-Dal
10 “'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” JOHANNES 10:10 AFR83
Dit is Maandagmiddag, oomblikke voor die Pinksterbiduur. Oorhaastig kom my motor tot stilstand … amper laat … nog baie wat…
Deur ds Etresia van Schalkwyk, leraar van NG Gemeente Memel
13 “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” ROMEINE 15:13 AFR83
Pinkster bring ’n nuwe hoofstuk vir die dissipels wat Jesus…
Deur dr Johan Nel, seminariumbestuurder, NG Kerk Vrystaat
11 “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” HANDELINGE 1:11 AFR83
Preek Hemelvaartdag is die weeskind onder die…
Deur ds Gerhard Meyer, leraar van Kopanong Church en medeleraar van NG Gemeente Langenhovenpark
3 “Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in sy groot ontferming, deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood, opnuut verwek het, sodat ons 'n lewende hoop mag hê…” 1…
Deur prof Laetus OK Lategan, tentmakerleraar verbonde aan NG Gemeente Bloemheuwel
Almal kan seker saamstem met diè stelling: “Wie nie gely het nie, het nie geleef nie.” Lyding is ‘n algemeen-menslike ervaring. Mense ly oor siekte, verbreekte verhoudings, omstandighede buite hulle beheer en nog baie meer. Enige lyding bly ‘n persoonlike ervaring. Niemand kan namens…
Deur ds Gerhardt Wessels, leraar van NG Gemeente Kroonstad-Suid
“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My." JOHANNES 14:1 AFR83
Vrees is baie mense se daaglikse metgesel. Gelukkig is ons hoop in God sterker as vrees. Maar dan moet hoop voortdurend groei en nagestreef word. Ons moet op God gefokus…
Deur ds Anton Meiring, leraar van Woodland Hills Gemeenskapskerk
“Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het…
Deur ds André Barlow, emeritusleraar van NG Gemeente Hugenoot
“Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul." EFESIËRS 1:23 AFR83
Dit het gebeur tydens ’n vakansie by Kleinzee, ’n kusdorpie aan die Noord-Kaapse kus 62 km suid van Port Nolloth, redelik afgesonder met grondpaaie as toegangsroetes. ’n Interessante…
Deur ds Wouter van Velden
“Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense. Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.". HANDELINGE 4:13 AFR83
Ek kyk onlangs na die aangrypende film “One Life” (2023)[1], wat die…
My pa (en ma!) se skaappot is een van my gunsteling-etes. My ma koop altyd vars groente vir hierdie bederf-ete of haal selfs pampoen en patats uit die groentetuin. Eers braai hulle die uie met heerlike speserye en dan braai my pa die skaapnek en skenkels in die pot. Intussen sny my ma die berge…
1 “Op my wagpos wil ek gaan staan; ek wil stelling inneem op die vestingmuur, op die uitkyk wees om agter te kom wat Hy vir my gaan sê en wat ek mense moet antwoord oor my verwyt..” HABAKUK 2:1 (AFR20) Die profeet Habakuk worstel met God se (skynbare) afwesigheid in die lewe van…
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” MATTEUS 5:16 AFR83
Met Hervorming-Sondag so pas agter die rug en die kerkjaar van 2023 wat met “Koninkrykstyd” eersdaags ten einde loop, het ek gewonder of lidmate altyd die verband…
1 Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.
9 Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring; roep hard, Jerusalem, jy wat die goeie tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die…
“Kyk na die wilde voëls: Hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?”.
MATTEUS 6:26
Ek is en was nog nooit ‘n voëlkyker nie. Tog val die helfte van my familie onder…
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.
JESAJA 60:1 (AFR83)
Lig het ’n belangrike plek in ons lewe. Die lig van die son is lewe-gewend. Die son gee energie, laat groei, maak warm, maak dat ons kan sien…
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Psalm 16:6 (Afr 2020)
God is ons erfenis en God is in beheer van ons erfenis. Almal wat glo, het deel aan God se erfenis. God se erfenis sorg vir ons - dit is ’n bron, die voeding…
“Vir die musiekleier. Op Haghittiet. 'n Psalm. Van Dawid.”
- Psalm 8:1-10 (AFR20)
Op Woensdag 30 Augustus was ons met die maan gepla. Dit was immers ‘n blou supermaan – ‘n astronomiese verskynsel wat eers weer in 2037 sal voorkom. Op hierdie nag draai die maan vir die tweede keer in een kalendermaand…
Onlangs was ek op 'n kursus by Menuha (ek dink die meeste Vrystaatse leraars ken al hierdie terrein soos die palm van hul hande!) en wéér het ek besef watter groot voorreg dit is om in die bediening te kan wees!
Ja, daar is sóveel goed wat daagliks ons energie tap en ons moedeloos en…
Deur die geskiedenis heen was daar al soveel invloedryke vroue. Name soos Florence Nightingale, Moeder Teresa, Marie Curie en Eleanor Rooseveldt kom by my op. Vroue wat opgestaan het vir dit wat reg is, vroue soos Helen Joseph, Lillian Ngoyi, Rahima Moosa en Sophia Williams inspireer ons vandag nog. Die vroue van die Bybel is…
In 1 Korintiërs 6 sê Paulus vir ons dat ons liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is en dat ons God moet verheerlik deur ons liggaam. Dit sou ook beteken dat ons mooi na ons fisieke liggame moet kyk.
Ons lees in 1 Timoteus 4 dat fisieke oefening waarde vir die liggaam het. En…
Hoe mooi en ironies is dit dat Jeugdag en Vadersdag vanjaar so oor dieselfde naweek val. Wanneer ek dink aan die jeug in ons land, kan ek nie anders as om ook aan hul ouers te dink nie – ons ouers vorm tog tot ’n groot mate wie ons is en hoe ons oor die…
Pinkster is die viering van God se teenwoordigheid by elke gelowige deur die Heilige Gees. Dit is die geboorte van die kerk. God wil hê dat ons Hom sal ken. Daarom is die manier waarop Johannes Jesus bekendstel aangrypend. Johannes kies om nie ’n “volledige verslag” te gee, soos die ander evangeliste, aangaande Jesus se…
Hemelvaart was gister, volgende week is dit Pinkster. Ons leef in daardie tien dae tussen-in. En in die woorde waarmee ons Christus onthou – “... ontvang van die Heilige Gees, gebore is, gely het, gesterf het, begrawe is, neergedaal het, opgestaan het, opgevaar het, wat weer sal kom...” – klink daar ‘n diep oortuiging op:…
Binnekort vier ons Moedersdag.
Ma, mamma, mams, moeder, moeks, moeksie – baie name wat ’n aanduiding gee van die gehalte van ’n verhouding tussen ma en kind. Moederskap: ’n Kosbare faset van menswees, ’n konsep wat ons assosieer met sorg, omgee, beskerming, opoffering, geduld, aanmoediging, grappies, speel, voed, opvoed, vorm ...
Nege maande lank is…
Met die laaste gedagte van die begintydperk van Pase, moet ons dit nie as ‘n laaste gedagte sien nie, maar as ‘n gedagte wat aangaan. God eerste, laaste, in die middel en altyd ons Alles, in alles en deur alles.
Die besefpunt wat uitklaring nodig het, is die feit dat ons elke dag meer en…
"Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God..."
- Efesiërs 1:7 (AFR83)
Einde Maart 2023 - ons staan aan die vooraand van Goeie Vrydag en Paassondag. Ons herdenk die dood en opstanding van Jesus Christus.
In Efesiërs 1 bring Paulus lof aan God die…
“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het... En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het.”
(Matteus 7:24, 26)
In sy…
