Deur dr Leon M Foot,
Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding en Skriba van die Moderamen
9 “In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U Here, laat my veilig woon.”
PSALM 4:9 (AFR20: Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe slaap jy? Is jy dalk een van die vier miljoen Suid-Afrikaners wat nie genoeg slaap nie? Asof hierdie syfer nie al erg genoeg is nie, ly ongeveer 20% van ons aan slaap-apnee. As ons ons vrouens sou vra, slaap hulle dikwels ook sleg, omdat ons blykbaar (ongetoetste bewering!) snork.
Die ergste is egter wanneer jy in die nag rondrol en jou bekommer oor iets wat vroeër die dag gebeur het, of wat vir jou voorlê. Daar is niks wat jou jou nagrus so ontneem as kommer nie. Sommige mense is gelukkig omdat dit selde met hulle gebeur; vir ander is dit ‘n daaglikse (nagtelike) ervaring. Dalk is dit ‘n uitdagende situasie, of ‘n groot besluit wat jou laat rondrol, of jou kinders, of jou werk. Die moontlikhede is eindeloos.
Die ou mense het gesê jy moet skape tel as jy nie kan slaap nie. Dalk sal hierdie eentonige handeling jou so verveel dat jy onwillekeurig aan die slaap raak. Ander sê weer jy moet met die Skaapwagter praat as jy nie kan slaap nie. Dit kan ons doen, want volgens Psalm 121 slaap Hy wat jou beskerm, nooit nie. Daarom kan ons ons probleme, uitdagings, vrae, worsteling vir Hom gee. Ons sing mos: Ewig oor ons kleine kommer waak Gods goedertierenheid (Liedboek 203:4).
Die Psalmskrywers verwoord dit mooi. In Psalm 4 vers 9 lees ons: In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U Here, laat my veilig woon.
En kyk hoe mooi laat TT Cloete vir Dawid sing in Psalm 3 vers 3:
Ek weet U sal my – as ek roep – verhoor,
hoog op u berg wat Heilig is.
As ek gaan slaap dan rus ek onverstoor,
omdat ek by U veilig is.
Goeie nag. Lekker slaap.

| verskaf: Dr Leon M Foot, Uitvoerende Amptenaar van Bedieningsbegeleiding en Skriba van die Moderamen