Deur ds Stephan Swart, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Efrata
“Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.”
Prediker 3:13 AFR83
Ons trek al in Oktober van 2024 en ek kan dit amper nie glo nie. Die jaar is so te sê op sy rug. Die meeste van die kerk se aksies is al verby en ons beplan Kerssangdienste en kalenders vir 2025! Die jaar het gevlieg en dit maak my bewus van tyd wat nie stilstaan nie.
Hierdie is my eerste jaar van bediening as ’n predikant en wanneer ek so reflekteer oor die tyd wat verby is, dink ek baie aan Prediker 3, ’n teks wat juis praat oor tyd. Die skrywer noem dat daar tye is vir goeie en slegte dinge. Ek is seker wanneer ons elkeen dink oor die jaar, kan ons ’n klomp slegte en goeie dinge opnoem. Wat maak ons met al hierdie dinge?
Terwyl die skrywer van Prediker oor tyd dink, is een van sy insigte sigbaar in vers 12. Hy sê: “Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.” Wat maak ons met ons tyd? In die bediening is daar ’n klomp dinge wat op een slag gebeur. In een dag staan jy saam met familie langs ’n geliefde se sterfbed en die volgende oomblik is jy in die hospitaal saam met jong ouers wat die lewe vier van hul nuutgebore kindjie. Slegte en goeie tye. Die teks laat my besef dat ek die goeie oomblikke moet geniet en daaraan moet vashou. Selfs in die slegte tye kan ons wel iets goeds raaksien.
Ons kan onsself ’n ander vraag ook afvra: Wat maak tyd aan ons? Soos wat tyd aanbeweeg, gebeur daar ’n klomp dinge. Dinge wat ons beïnvloed. Tyd het ’n manier om ons te verander. Soos wat tyd aanstap, kan dit veroorsaak dat ons meer negatief raak of dit kan ons meer positief maak. Dit hang alles af van wat met ons gebeur in die tyd. Terwyl ons reflekteer oor tyd, kan ons nie wegkom van die feit dat tyd nie stilstaan nie en dat dit vir niemand wag nie. Ek sluit af met vers 13 van Prediker 3 waar daar geskryf is: “Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.” God het ons die gawe van hierdie tyd gegee om te geniet. Mag ons dit benut en met Sy werk besig wees en, belangrik, om dit wel te geniet!

| verskaf: Ds Stephan Swart, leraar van NG Gemeente Bethlehem-Efrata.