Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Skrifgebruik

Deur ds Lood Oliver, leraar van NG Gemeente Welkom-Noord In die NG Kerk is daar tans uiteenlopende standpunte oor ’n aantal sake.  Elke groep wat ’n standpunt ondersteun, beroep hulle op die Skrif.  Daar is uitsprake soos:  Dit is wat ek lees.  Daar staan geskrywe.  Die Bybel leer tog duidelik ...  Dan is daar nog…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Adriaan de Ruiter vertel … Die eerste vier artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, later bekend as Direkteur: Administrasie en Finansies en tans bekend as Hoof- uitvoerende beampte: Ondersteuning, het in die vorige vier uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels…

Read More

Vadersdag

Deur Mariëtte Odendaal Op hierdie dag dank ons die Here vir pa’s én alle rolmodelle wat hierdie onontbeerlike plek in huishoudings ingeneem het. Wees verseker: jou lewensmaat en kinders soek nie goud en silwer nie – hulle soek pret, respek vir hul ma, onvoorwaardelike liefde en die sekuriteit van ’n pa by wie hulle veilig…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Hennie de Lange vertel … Die eerste drie artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, deesdae bekend as direkteur van administrasie en finansies, het in die vorige drie uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels oor die sinodale kerkkantoordae van Piet Coetzer,…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal “As dit nie vir ’n sterk en gesonde ruggraat is nie, sal jy maar moeilik oor die weg kom – vra maar vir enigeen wat al met rugprobleme gesukkel het. “So is ons sinodale kantoor in der waarheid die ruggraat van die NG Kerk Vrystaat se administratiewe en finansiële bestuur; ’n onontbeerlike…

Read More

Moedersdag

Deur Mariëtte Odendaal Op Sondag 11 Mei vier ons Moedersdag, die dag waarop jy kan stilstaan en net weer aan jou ma kan hulde bring of, as jy nog so bevoorreg is, haar kan nooi vir ete, blomme kan stuur of sommer net bel en dankie sê vir dit wat sy in jou lewe beteken…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Fondasies en staalstrukture van geboue word nie gesien nie, maar dit is juis hiérdie onontbeerlike elemente wat geboue stabiel en staande hou. So het elke organisasie ook sy onsigbare fondasie en struktuur wat moet verseker dat alle interne en eksterne prosesse glad verloop. Die eerste artikel in ’n reeks van vyf oor…

Read More

Wat is die prys van sielerus?

Deur Ds Jan Lubbe ’n Paasboodskap Wat kos sielerus? Of, in Jesus se woorde, “Wat sou ’n mens gee as losprys vir sy lewe?” (Markus 8:37). Dit is nogals opmerklik dat hierdie gelade vraag van Jesus aan sy dissipels, kom direk ná sy eerste aankondiging van die lyding wat op pad was; hulle begin die…

Read More

Ons Sinodale Kantoor onthou

Deur Mariëtte Odendaal Het julle geweet dat die NG Kerk Vrystaat die enigste sinode is wat nog nooit ’n predikant as saakgelastigde (later genoem direkteur van administrasie en finansies) aangestel het nie? By al die ander sinodes word predikante gewoonlik in dié pos aangestel. Vir die volgende vyf weke kan julle nog meer interessante stories…

Read More

Die Kruis – jy wen deur te verloor

Deur Mariëtte Odendaal “Hulle sal Hom aanskou vir wie hulle deurboor het.” Johannes 19:37 Die kruis as simbool van die Christendom leer ons dat jy wen deur te verloor – deur jouself te ‘verloor’ wen jy ’n heel nuwe, opgestane lewe in Christus. Wat het Jesus nou eintlik gedoen wat so verskriklik was dat hy…

Read More

Ons Gestremdes – ingesluit of verstote?

Deur Mariëtte Odendaal Die boek Disability Inclusion in Africa – From Harmful to Life-Giving Theologies, het so pas op 23 Januarie by Langham Publishers verskyn. Dit is ’n boek wat ’n lang verwaarloosde onderwerp vanuit alle hoeke deur Afrika-studente bespreek. Ons het met dr Nico Mostert, uitvoerende amptenaar van die NG Kerk Vrystaat se Vennote…

Read More

Seëngroet vanuit die Sinodale kantoor

NG Kerk Vrystaat Bedieninge | Uitvoerende Amptenare Visionering Bedieningsbegeleiding Diens van Barmhartigheid Vennote in Getuienis Ondersteuning Met dankbare harte kyk ons terug op die afgelope jaar en al die genade en groei wat ons as geloofsgemeenskap beleef het. Soos die ster van Betlehem helder geskyn het, herinner dit ons aan die lig en hoop wat…

Read More

KI én KI

Deur prof Laetus Lategan, tentmakerleraar verbonde aan die NG Gemeente Bloemheuwel ’n Internetspeurtog oor Kunsmatige Inseminasie (KI) bring ’n verrassende resultaat na vore: In die laat 1800’s was dié tegniek reeds aan die ontwikkel. In kort het KI die moontlikheid om nuwe lewe te skep en kinderlose egpare die hoop op ’n gesin gee. Dus:…

Read More

Kopanong: ’n Verhaal van vernuwing en groei

Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies Kopanong, voorheen bekend as Kovsiekerk, het diep verbintenisse met huidige en voormalige studente, asook met die breër gemeenskap van die Vrystaat. Die Kovsie-gemeente het oor baie dekades ’n waardevolle rol gespeel binne die studentegemeenskap sedert die kerkgebou in 1984 opgerig is. Dit was ’n plek waar studente van…

Read More

Op twee wiele vir teologie: Bewusmaking in die platteland

Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies Die traptoer het afgeskop op Saterdag, 14 Augustus, en geëindig op 31 Augustus, tydens die semesterbreuk. Hierdie unieke uitreik was gemik op teologiese bewusmaking in landelike gemeenskappe, geloofsgroei, en natuurlik, fietsry. Die teologiese bewusmaking is met groot sukses geïntegreer by gemeentes deur gesamentlike gesprekke met die katkisante, waar…

Read More

’n Naweek van geloof, gemeenskap en groei

Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies Efesiërs 4:11-12: “En Hy het sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou.” Die seminariumstudente van die NG Kerk Vrystaat is genooi om…

Read More

Orgaanskenking – red ’n lewe!

Foto: Canva Deur Mariëtte Odendaal “Teen die tyd dat my dokter verklaar het ek is terminaal siek, hy kan niks meer vir my chroniese lewersklerose doen nie, was my lewensgehalte reeds daarmee heen …” vertel Tersia Smit in ’n artikel in Maroela Media. Nege weke later was ’n 16-jarige meisie se lewer, danksy orgaanskenking, vir haar…

Read More

Vrouemaand | Skoonma’s en skoondogters

Foto: Canva Deur Mariëtte Odendaal Het jy al ooit gewonder waar die ronde, plomp kaktus met die geniepsige dorings reg rondom die naam ‘skoonma-se-stoel’ vandaan kry, of waar die lang, lenige blare met hul skerp puntjies aan die naam ‘skoonma-se-tong’ kom? As jy self ’n skoonma word, raak jy nogal sensitief oor dié benaminge en veral…

Read More

Ons sê “tot siens” aan Christelle Smith

Deur Mariëtte Odendaal “Christelle laat ’n groot leemte; die kantoor voel heel van balans af. Sy was ’n ware vriendin vir ons hier in die kantoor. Ons gaan haar regtig baie mis.” So getuig personeellede van die NG Kerk Vrystaat se sinodale kantoor oor Christelle Smith wat onlangs na Gauteng verhuis het nadat haar man,…

Read More

Die Vrystaat groet Barnard Steyn

Deur Mariëtte Odendaal “Gelowiges is bedelaars wat weet waar om b(B)rood te vind. Mag ons so leef en dien.” Ds Barnard Steyn oor sy droom vir die kerk “Hy’s regverdig. Hy’s uniek geveerd. Hy weet hoe om ongemaklike oomblikke te hanteer; hy weet hoe om na randfigure uit te reik. Hy het groen vingers en…

Read More

NG Vishoek se 30 jaar van genade

Oorgeneem uit Getuienisaksie, VrydagNuus Kaapkerk, 12 April 2024 As navolgers van Christus weet ons wat Hy bedoel het met die beelde van sout en lig; dat ons elkeen dit moet vergestalt in ons leefwêreld. Die mensdom is moreel bankrot; politieke leiers, ekonomiese stelsels en sosiale strukture slaag selde daarin om reg aan mense te laat…

Read More

Met groot waardering

Deur mnr Hennie van der Walt, voormalige direkteur van NG Kerk Vrystaat Elke keer wanneer ek Vrypos ontvang en lees, kom ek weer onder die indruk, met groot waardering, van die groot en belangrike werk wat ons “kerk” doen, onder andere vanuit die Sinodale Sentrum. Natuurlik is daar mense wat verantwoordelik is vir dié groot…

Read More

James Bond van ouds gooi draai in Dewetsdorp

Deur Mariëtte Odendaal As jy so deur die argiewe van gemeentes blaai, kom jy dikwels af op fassinerende stories. Een daarvan is dié van die wilde loot Conrad Frederick Genal,  ’n Duits-gebore soldaat wat nie net van sy verpligtinge as Franse Vreemdelegioen-soldaat ontsnap het deur in die Suez-kanaal te duik en daarvandaan deur Afrika te…

Read More

Die vreugdes en hartseer van bejaard raak

Deur Bertus Muller  Op ons ouderdom is ons elke dag nader en nader aan die volgende begrafnis van ou bure, vriende en familie wat ons sedert die 1960’s geken het. Begrafnisse word nou ‘n groot werklikheid: ooms en tannies wat help kinders grootmaak het, nabye familielede, familie van wie ons lanklaas gehoor het en met…

Read More

Aborsie en die Algemene Sinode

Deur dr Leon M Foot, 'n opiniestuk Die waarheid kan nooit deur ʼn leuen gedien word nie. In die tydperk sedert die Algemene Sinode in Oktober 2023 word daar verskeie halwe waarhede en volle leuens oor die sitting versprei – tot groot onmin en verwarring onder lidmate. Een daarvan is die saak oor aborsie. Die…

Read More

NG Gemeente Goedemoed

Ons hoor gereeld van gemeentes wat toemaak of saamsmelt, maar watter gemeente in die Vrystaat was die eerste om te sluit? Lees die mooi storie van NG Gemeente Goedemoed. GESTIG 1938 RING Smithfield INGELYF BY NG Gemeente Aliwal-Noord Die NG Gemeente Goedemoed was ’n gemeente in die suide van die Vrystaat met sy kern in…

Read More

Pelgrimstog van Hoop se Ligtoringroete

Oorgeneem uit Pelgrimstog van Hoop se Facebookblad, 8 November 2023 -‘n Facebook-inskrywing deur dr Frederick Marais Ek het verlede week die laaste deel van die #ligtoringroete van Malgas tot by L’Agulhas gestap saam met vier wonderlike kollegas. Oor ‘n tydperk van agt jaar kon ek nou al die Pelgrimstog van Hoop, vanaf Kaappunt tot by…

Read More

Waarderingsdag

Sondag 8 Oktober Dis nou ses jaar sedert ek die eerste keer van ʼn Waarderingsdag vir Predikante gehoor het. In ʼn e-pos in 2017 nooi ds Leon Venter, die destydse Uitvoerende Hoof van Bybel-Media, gemeentes om deel te neem aan hierdie beweging wat in 1992 deur Focus on the Family as Clergy Appreciation Month begin…

Read More

Vrystaat Vroueleraars

Dr Suzanne van der Merwe NG Gemeente Kroonstad-Noord Wat maak van jou ‘n sterk vrou? Ek is dankbaar vir geliefdes rondom my – hulle maak my sterk en by hulle leer ek daagliks hoe om ‘n sterk vrou te wees. Ek dink spesiaal aan my ouers, my pa Theo en my ma Cicilia…

Read More

Die ghoeroe en die gesig van Jesus

Deur dr Enrico Casaleggio, leraar van NG Gemeente Fichardtpark ‘n Wonderlike geleentheid om die Evangelie te deel met ’n Hindoe-ghoeroe het heel onverwags oor my pad gekom.  Nou onlangs besoek ek weer met ’n groep katkisante die oudste Hindoetempel in Durban, trouens die oudste een op die kontinent. Aangesien ek al dikwels hierdie tempel met…

Read More

Winterhoop 2023

Winterhoop is ’n nasionale inisiatief wat die afgelope paar jaar deur MES, PEN, His Hands en Torings van Hoop gedryf word in die maand van Junie om hoop te bring aan hulle wat op straat probeer oorleef. Warm klere, komberse en kos maak in die winterkoue die wêreld se verskil aan hulle wat daagliks aan…

Read More

God onthou my

Hierdie is ‘n ware verhaal. Een van die mees troosvolle tekste in die Bybel, vir my, is Jesaja 49:15,16. Selfs tussen baie ander bemoedigende verse in Jesaja staan dit soos ‘n baken van lig: “Kan ‘n vrou haar baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al…

Read More

Trane en troos in die doopbak

Die ingangsportaal van die Universitas Hospitaal [1] is meestal ‘n miernes van bedrywighede. Besoekers, pasiënte, dokters, verpleegsters, kruiers, mense in rolstoele en ander op krukke skuif by mekaar verby of stamp aan mekaar in ‘n wedloop na die hysbakke of om hulle weg te vind na buite, na die parkeerterrein. Vandag is dit anders. Die massiewe…

Read More