Deur ds Cobus Hamman, leraar van NG Gemeente Bainsvlei
Nouwen, H M J 1989. In the Name of Jesus: Reflections on Christian Leadership. New York: Crossroad. Inleidend In sy boek oor Christelike leierskap fokus Nouwen op twee Skrifgedeeltes: Matteus 4:1-11 (Jesus se versoeking in die woestyn) en Johannes 21:15-19 (Petrus word in sy amp…
Deur Mariëtte Odendaal
“Wanneer dit tyd was vir die destydse jaarlikse sinodale kommissievergadering, is daar altyd in die portaal van die Sinodesaal tee en verversings aangebied. Dan het John ’n das aangesit, sy wit stofjas aangetrek en reg agter die kokende urn gaan staan en na homself as die ‘saakgelastigde se agteros’ verwys, terwyl hy…
Deur ds Zak Scholtz, leraar, en prof Hesta Friedrich-Nel, gemeentebestuurder, van NG Woodland Hills Gemeenskapskerk
Hierdie artikel deur ds Zak Scholtz (leraar) en prof Hesta Friedrich-Nel (gemeentebestuurder) van NG Woodland Hills Gemeenskapskerk beklemtoon die belangrikheid van strategiese beplanning in die kerk, aan die hand van drie kernvrae: Waar is ons? Waarheen gaan ons? En hoe…
Deur, Engo-aannemings, mediaverklaring
Engo is die grootste liefdadigheidsorganisasie van sy soort in die Vrystaat en bedien jaarliks meer as 200 000 mense in nood. Herkomsnavrae is een van die dienste wat Engo bied, en help met hierdie diens om ouers en kinders wat geskei is as gevolg van aanneming, weer met mekaar in kontak te…
Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding
Klein kinders is slimmer as wat ons dink. Met 'n eenvoudige vraag leer hulle hulle hele wêreld ken. Enige ouer wat al 'n vierjarige se “hoekoms” moes antwoord, sal verstaan. Dalk moet ons by hulle leer en meermale “hoekom” vra. Soos met Kersfees. Ek kan dink…
Oorgeneem uit Kerkbode, 22 September 2025, Artikels
Gesonde gemeentes word deur spanne gelei en diensleraars en opgeleide lidmate (Bedienaars) het ’n groot bydrae om te lewer om meer gawes aan die kerk te ontsluit, soos ook onlangs in ’n verslag oor die daling in predikanteposte uitgewys word. Die verskynsel van “ampsverbreding” in die NG Kerk…
Deur Juan du Toit, junior web- en grafiese ontwerper, NG Kerk Vrystaat
Op Woensdag, 24 September 2025, vier ons weer Erfenisdag. Dit is ’n dag wat ons herinner aan die ryke verskeidenheid van mense, tale, gebruike en tradisies in Suid-Afrika. Vir baie beteken dit ’n braaivleisvuur, familiebyeenkomste of die aantrek van kleurryke kultuurdrag. Maar dit…
Deur dr Enrico Casaleggio, leraar van NG Gemeente Fichardtpark
Waar tafels kreun onder tuisgebak se geur, en hande saamwerk in diens en seën, daar groei gemeenskap soos wingerd in sonlig – elkeen ’n loot, verbind in geloof se gloed. Kinders lag, oumas bid, en liedere vul die lug – ’n fees waar hemel en aarde…
Deur ds Melissa Jacobs, leraar van NG Gemeentes Lindley en Arlington
“Wie sou kon raai dat speel nie net vir kinders is nie?” Ek het die voorreg gehad om die Spelterapie-kursus, aangebied deur Excelsus en dr Siegfried Louw, in Randburg by te woon gedurende die week van 28 Julie tot 1 Augustus 2025. Tot my…
Deur Mariëtte Odendaal
’n Huldeblyk aan die vrouestem in die NG Kerk en samelewing – van die Vrouemonument tot die kansel Nasionale Vrouedag gee aan ons die geleentheid om met dankbaarheid terug te kyk en met verantwoordelikheid vorentoe te beweeg.
Die meeste van ons kan getuig van sterk, gelowige vroue in ons gesinne en uitgebreide…
Deur dr Elrika Senekal-van der Berg, spanleier by Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Die boek van Spreuke leer ons om te luister na die woorde van ons moeders. My ma is een van my eerste herinneringe. Ma’s is wonderlike goed: sondige mense net soos elkeen van ons, vol uitdagings wat hulle bied natuurlik, maar versterk deur…
Deur Mariëtte Odendaal
“Professioneel gesproke wil ek voortdurend leer en verbeter. Ek hoop om in die toekoms ’n invloedryke, kreatiewe rol in die Kommunikasie- en Bemarkingspan te speel.” - Juan du Toit
Vanaf 4 Augustus is daar ’n nuwe gesig in die wandelgange van ons Sinodale Kantoor, naamlik die talentvolle Juan du Toit. Hy is…
Deur ds Joe Müller, skriba van die Teologies-kategoriale Ring en leraar van NG Gemeente Kroonstad
Op Vrydag 13 Junie 2025 het ’n geskiedkundige gebeurtenis plaasgevind. Drie gemeentes, NG Gemeentes Harrismith, Kroonstad en Parys-Suid het by Harrismith-gemeente bymekaargekom om die eerste Teologies-kategoriale Ring van die Vrystaat te stig. Ons Ring se naam heet ook so: Die…
Deur Mariëtte Odendaal
“Ek glo daaraan om altyd jou beste te lewer, hard te werk vir wat jy wil bereik en jou toekoms met vertroue in die Here se hande te plaas. Hy maak drome en visies waar.” - Carlie Niehaus
“Carlie se kreatiwiteit, toewyding en innemende persoonlikheid het ’n blywende indruk op ons departement…
Deur ds Lood Oliver, leraar van NG Gemeente Welkom-Noord
In die NG Kerk is daar tans uiteenlopende standpunte oor ’n aantal sake. Elke groep wat ’n standpunt ondersteun, beroep hulle op die Skrif. Daar is uitsprake soos: Dit is wat ek lees. Daar staan geskrywe. Die Bybel leer tog duidelik ... Dan is daar nog…
Deur ds Janke Hurter, jeugleraar van NG Gemeente Berg-en-Dal
Dis die dag voor Jeugdag, Sondag 15 Junie 2025. Ek wag rustig in die konsistorie se stilte vir die res van die Kerkraad om aan te meld, terwyl ek deur die Erediensblaadjie lees ... Vandag in die Fokus, hierdie sinnetjie: "Die eredienskollekte … Ons gee ’n…
Deur Mariëtte Odendaal
Adriaan de Ruiter vertel … Die eerste vier artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, later bekend as Direkteur: Administrasie en Finansies en tans bekend as Hoof- uitvoerende beampte: Ondersteuning, het in die vorige vier uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels…
Deur Mariëtte Odendaal
Op Jeugdag kan ons weer opnuut fokus op die wyse waarop ons die jeug kan toerus, begelei en bemagtig om positiewe verskilmakers te wees.
Elke jaar, op 16 Junie vier Suid-Afrikaners Jeugdag – ’n dag wat diep gewortel is in die geskiedenis van ons land se stryd vir geregtigheid en gelykheid. Vir…
Deur Mariëtte Odendaal
Op hierdie dag dank ons die Here vir pa’s én alle rolmodelle wat hierdie onontbeerlike plek in huishoudings ingeneem het. Wees verseker: jou lewensmaat en kinders soek nie goud en silwer nie – hulle soek pret, respek vir hul ma, onvoorwaardelike liefde en die sekuriteit van ’n pa by wie hulle veilig…
Deur Mariëtte Odendaal
Hennie de Lange vertel … Die eerste drie artikels in ’n reeks van vyf oor die afgelope meer as dertig jaar se vyf saakgelastigdes, deesdae bekend as direkteur van administrasie en finansies, het in die vorige drie uitgawes van Vrypos verskyn. Ons het toe gesels oor die sinodale kerkkantoordae van Piet Coetzer,…
Deur Celicia McLean, Redakteur van Vrypos
Ds Jan Lubbe, voorsitter van die Vrystaatse Moderamen en van die Algemene Sinode se Moderamen, is daaraan gewoond om op moeilike of warm stoele te sit. Maar onlangs het hy in ’n stoel in ’n hospitaalkamer gesit, in ’n splinternuwe rol – dié van Oupa. Vrypos het by hom…
Deur Riëtte Botha, fasiliteerder en navorser: Petra Instituut vir Kinderbediening
Die Bybel plaas die verantwoordelikheid vir ’n kind se geestelike groei duidelik op die ouers. Spreuke 22:6 (AFR83) sê: “Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” Net so beveel…
Deur Mariëtte Odendaal
“As dit nie vir ’n sterk en gesonde ruggraat is nie, sal jy maar moeilik oor die weg kom – vra maar vir enigeen wat al met rugprobleme gesukkel het. “So is ons sinodale kantoor in der waarheid die ruggraat van die NG Kerk Vrystaat se administratiewe en finansiële bestuur; ’n onontbeerlike…
Deur Mariëtte Odendaal
Op Sondag 11 Mei vier ons Moedersdag, die dag waarop jy kan stilstaan en net weer aan jou ma kan hulde bring of, as jy nog so bevoorreg is, haar kan nooi vir ete, blomme kan stuur of sommer net bel en dankie sê vir dit wat sy in jou lewe beteken…
Deur Mariëtte Odendaal
Fondasies en staalstrukture van geboue word nie gesien nie, maar dit is juis hiérdie onontbeerlike elemente wat geboue stabiel en staande hou. So het elke organisasie ook sy onsigbare fondasie en struktuur wat moet verseker dat alle interne en eksterne prosesse glad verloop. Die eerste artikel in ’n reeks van vyf oor…
Deur Mariëtte Odendaal
Ware vryheid is nie net tot ons eie voordeel nie. Ons is vrygemaak sodat ons in diens van God en ander kan staan. Dit beteken dat ons as kerk geroep is om onreg te beveg, die waarheid te verkondig en om in liefde vir ander om te gee.
Op 27 April vier…
Deur Mariëtte Odendaal
Die viering van Werkersdag op 1 Mei is meer as net ’n vakansiedag – dit is ’n herinnering aan die krag van eenheid en die lang stryd vir regverdigheid in die werkplek. Ons as navolgers van Christus behoort die voortou te neem waar ons onregverdige en onbillike vergoeding of swak dienslewering raaksien.…
Deur Ds Jan Lubbe
’n Paasboodskap
Wat kos sielerus? Of, in Jesus se woorde, “Wat sou ’n mens gee as losprys vir sy lewe?” (Markus 8:37). Dit is nogals opmerklik dat hierdie gelade vraag van Jesus aan sy dissipels, kom direk ná sy eerste aankondiging van die lyding wat op pad was; hulle begin die…
Deur Mariëtte Odendaal
Het julle geweet dat die NG Kerk Vrystaat die enigste sinode is wat nog nooit ’n predikant as saakgelastigde (later genoem direkteur van administrasie en finansies) aangestel het nie? By al die ander sinodes word predikante gewoonlik in dié pos aangestel. Vir die volgende vyf weke kan julle nog meer interessante stories…
Deur Mariëtte Odendaal
“Hulle sal Hom aanskou vir wie hulle deurboor het.” Johannes 19:37
Die kruis as simbool van die Christendom leer ons dat jy wen deur te verloor – deur jouself te ‘verloor’ wen jy ’n heel nuwe, opgestane lewe in Christus. Wat het Jesus nou eintlik gedoen wat so verskriklik was dat hy…
Deur Mariëtte Odendaal
Die boek Disability Inclusion in Africa – From Harmful to Life-Giving Theologies, het so pas op 23 Januarie by Langham Publishers verskyn. Dit is ’n boek wat ’n lang verwaarloosde onderwerp vanuit alle hoeke deur Afrika-studente bespreek. Ons het met dr Nico Mostert, uitvoerende amptenaar van die NG Kerk Vrystaat se Vennote…
Deur Mariëtte Odendaal
“Ek sorg byvoorbeeld dat ek elke semester, voordat ons klasse begin, weet waar die lesinglokale van my vakke op die kampus is. Ek gaan soek hulle een vir een en memoriseer dan daardie padkaart sodat ek kan weet hoe om van alle moontlike punte tot daar te kom.” Nielbert Mostert Siggestremde…
Deur Mariëtte Odendaal
In jou geestesoog sien jy Maria met die pasgebore baba, Jesus, in haar arms, met Josef en die herders in ’n halfmaan om die jong ma en Kind, hul oë vasgenael op die krip, dof verlig deur ’n lantern wat aan ’n balk hang. Op die agtergrond staan ’n paar staldiere en…
NG Kerk Vrystaat Bedieninge | Uitvoerende Amptenare
Visionering
Bedieningsbegeleiding
Diens van Barmhartigheid
Vennote in Getuienis
Ondersteuning
Met dankbare harte kyk ons terug op die afgelope jaar en al die genade en groei wat ons as geloofsgemeenskap beleef het. Soos die ster van Betlehem helder geskyn het, herinner dit ons aan die lig en hoop wat…
Deur prof Laetus Lategan, tentmakerleraar verbonde aan die NG Gemeente Bloemheuwel
’n Internetspeurtog oor Kunsmatige Inseminasie (KI) bring ’n verrassende resultaat na vore: In die laat 1800’s was dié tegniek reeds aan die ontwikkel. In kort het KI die moontlikheid om nuwe lewe te skep en kinderlose egpare die hoop op ’n gesin gee. Dus:…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Kerkgeskiedenis, die verhaal van die liggaam van Christus deur die eeue, vanaf daardie opwindende oomblik van Pinkster, bied steeds volhoubare insigte wat betekenisvol is vir getroue gelowiges. Dit is waardevol om na die verlede terug te kyk en te leer hoe die kerk verskeie uitdagings, soos dwaalleer, vervolging…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Hervormingsdag herinner ons aan ’n gebeurtenis wat ’n groot invloed gehad het op die verstaan van kerkwees, geloof en verlossing in die Christendom sedert die 16de eeu. Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 stellinge in reaksie op die leerstellings en praktyke van die Roomse Kerk…
Deur Mariëtte Odendaal
Die hele Novembermaand word jaarliks geoormerk om op mansgesondheid te fokus. Hierdie bewusmakingsveldtog word Movember genoem. Prostaatkanker en depressie onder mans neem wêreldwyd toe en verdien baie meer aandag as wat dit tans kry. Statisties is mans geneig om minder aandag aan hul fisieke gesondheid, maar veral ook hul geestesgesondheid te gee;…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Kopanong, voorheen bekend as Kovsiekerk, het diep verbintenisse met huidige en voormalige studente, asook met die breër gemeenskap van die Vrystaat. Die Kovsie-gemeente het oor baie dekades ’n waardevolle rol gespeel binne die studentegemeenskap sedert die kerkgebou in 1984 opgerig is. Dit was ’n plek waar studente van…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Die traptoer het afgeskop op Saterdag, 14 Augustus, en geëindig op 31 Augustus, tydens die semesterbreuk. Hierdie unieke uitreik was gemik op teologiese bewusmaking in landelike gemeenskappe, geloofsgroei, en natuurlik, fietsry. Die teologiese bewusmaking is met groot sukses geïntegreer by gemeentes deur gesamentlike gesprekke met die katkisante, waar…
Deur Albert Geldenhuys
Albert Geldenhuys het onlangs sy verhandeling ingedien oor die kerkgeboue wat deur die argitek Wynand H. Louw (1883-1967) ontwerp is. Geldenhuys is ’n nasaat van Louw. Dié Meestersgraad-dissertasie in argitektuur bevat kosbare inligting oor kerkgeboue in die land, maar ook die Vrystaat, wat deur Louw ontwerp is. Die kerkgebou van Port Elizabeth…
Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk, 20 September 2024
Die NG Kerkargief was vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasgevind het. Die Argief het vyf diskoerssessies in die kapel van die Fakulteit Teologie aangebied: 1. Veldpredikers van die Suid-Afrikaanse oorlog Die werk…
Deur Mariëtte Odendaal
Ons leier met ’n toegewyde hart vir die Vrystaat en die NG Kerk
In hierdie uitdagende tye is die rol van ons kerkleiers belangriker as ooit tevore. Hulle wys die weg na 'n hoër roeping aan – 'n lewe van hoop, liefde en onwrikbare geloof in 'n wêreld wat smag na rigting…
Deur Ethan Kleynhans, ’n eerstejaar-teologiestudent aan Kovsies
Efesiërs 4:11-12: “En Hy het sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou.”
Die seminariumstudente van die NG Kerk Vrystaat is genooi om…
Foto: Canva Deur Jaco Thom (emeritus), met erkenning aan Bybelkoerant
Gemeentesang was van die begin af ’n integrerende deel van die erediens. Reeds in Oud-Israel was dit so. Koning Dawid het baie moeite gedoen om koorsang en gemeentesang in die erediens uit te bou. Hy het uit die Leviete ’n magtige groep tempelsangers aangestel…
Foto: Canva
Deur Mariëtte Odendaal
Het jy al ooit gewonder waar die ronde, plomp kaktus met die geniepsige dorings reg rondom die naam ‘skoonma-se-stoel’ vandaan kry, of waar die lang, lenige blare met hul skerp puntjies aan die naam ‘skoonma-se-tong’ kom?
As jy self ’n skoonma word, raak jy nogal sensitief oor dié benaminge en veral…
Foto: Canva
Deur Mariëtte Odendaal
“Teen die tyd dat my dokter verklaar het ek is terminaal siek, hy kan niks meer vir my chroniese lewersklerose doen nie, was my lewensgehalte reeds daarmee heen …” vertel Tersia Smit in ’n artikel in Maroela Media. Nege weke later was ’n 16-jarige meisie se lewer, danksy orgaanskenking, vir haar…
Deur Celicia McLean, Redakteur van Vrypos
Vrouedag word in Suid-Afrika op 9 Augustus gevier en het ’n diepgaande en veelvlakkige betekenis vir alle vroue. Dit is ’n simboliese dag wat die krag, moed en veerkragtigheid van vroue beklemtoon en elke vrou se uniekheid, diversiteit en vrouwees in die samelewing vier. Die perspektief van vroueskrywers…
Deur Mariëtte Odendaal
“Gelukkig ken ek, danksy my jarelange sinodale betrokkenheid, die kerklike strukture baie goed en is alreeds die afgelope twintig jaar betrokke by Bedieningsbegeleiding. Ek ken ook alreeds die personeel in die sinodale kantoor; iets wat my werk aansienlik vergemaklik.” Dr Leon M Foot
As jy deesdae in die Sinodale gebou van die…
Deur Mariëtte Odendaal
“Christelle laat ’n groot leemte; die kantoor voel heel van balans af. Sy was ’n ware vriendin vir ons hier in die kantoor. Ons gaan haar regtig baie mis.”
So getuig personeellede van die NG Kerk Vrystaat se sinodale kantoor oor Christelle Smith wat onlangs na Gauteng verhuis het nadat haar man,…
Deur Mariëtte Odendaal
“Gelowiges is bedelaars wat weet waar om b(B)rood te vind. Mag ons so leef en dien.” Ds Barnard Steyn oor sy droom vir die kerk
“Hy’s regverdig. Hy’s uniek geveerd. Hy weet hoe om ongemaklike oomblikke te hanteer; hy weet hoe om na randfigure uit te reik. Hy het groen vingers en…
Oorgeneem uit Getuienisaksie, VrydagNuus Kaapkerk, 12 April 2024
As navolgers van Christus weet ons wat Hy bedoel het met die beelde van sout en lig; dat ons elkeen dit moet vergestalt in ons leefwêreld. Die mensdom is moreel bankrot; politieke leiers, ekonomiese stelsels en sosiale strukture slaag selde daarin om reg aan mense te laat…
Deur Mariëtte Odendaal
As jy na Corné le Roux se skilderye kyk, sal jy in elkeen ’n goue draad sien loop. “Dit simboliseer God se teenwoordigheid, omgee en liefde in ons lewens. Alhoewel ons nie altyd daarvan bewus is nie, is dit altyd daar. Dit is wat ek met my skilderye probeer weergee.” Corné tydens…
Deur mnr Hennie van der Walt, voormalige direkteur van NG Kerk Vrystaat
Elke keer wanneer ek Vrypos ontvang en lees, kom ek weer onder die indruk, met groot waardering, van die groot en belangrike werk wat ons “kerk” doen, onder andere vanuit die Sinodale Sentrum. Natuurlik is daar mense wat verantwoordelik is vir dié groot…
Deur Mariëtte Odendaal
As jy so deur die argiewe van gemeentes blaai, kom jy dikwels af op fassinerende stories. Een daarvan is dié van die wilde loot Conrad Frederick Genal, ’n Duits-gebore soldaat wat nie net van sy verpligtinge as Franse Vreemdelegioen-soldaat ontsnap het deur in die Suez-kanaal te duik en daarvandaan deur Afrika te…
