Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Orgaanskenking – red ’n lewe!

Foto: Canva
Deur Mariëtte Odendaal

“Teen die tyd dat my dokter verklaar het ek is terminaal siek, hy kan niks meer vir my chroniese lewersklerose doen nie, was my lewensgehalte reeds daarmee heen …” vertel Tersia Smit in ’n artikel in Maroela Media. Nege weke later was ’n 16-jarige meisie se lewer, danksy orgaanskenking, vir haar beskikbaar vir ’n oorplantingsoperasie die volgende dag.

Augustusmaand is nie net Vrouemaand nie, maar ook Orgaanskenkingsmaand.

Ons hoor op Radio Sonder Grense (RSG) dat daar sowat 4 300 kinders en volwassenes in Suid-Afrika op die waglys is vir orgaan- en kornea-oorplantings.

Volgens die Southern African Transplantation Society was daar verlede jaar slegs 573 orgaan- en kornea-oorplantings in die land. Die vereniging se vorige president en ’n oorplantingchirurg, dr Elmi Muller, sê daar is verskeie organe in ’n persoon se liggaam wat geskik is vir skenking en oorplanting. Sy sê deesdae word daar ook baie organe van mense bo die ouderdom van 60 gebruik vir oorplantings. Luister gerus na die onderhoud met dr Muller HIER.

Die Orgaanskenkerstigting of Organ Donor Foundation (ODF) in Suid-Afrika is ‘n nasionale nie-winsgewende en openbare welsynsorganisasie wat in 1988 gestig is. Hulle doel is om die kritieke tekort aan orgaan- en weefselskenkers in Suid-Afrika aan te spreek deur bewusmakings- en opvoedingsveldtogte wat op die publiek en mediese beroepslui gemik is.

Jy kan as orgaanskenker tot 7 mense se lewens red en nog 50 mense help!

Die volgende organe, naamlik jou hart, longe, niere, lewer, pankreas en dunderm, kan elkeen afsonderlik gebruik word en sewe mense se lewens red.

Boonop kan weefsel soos jou kornea, hartkleppe, beenmurg, senings, kraakbeen en vel nog 50 mense help.

Enige iemand met goeie gesondheid, sonder tekens van kanker, hepatitis, diabetes of vigs kan ’n orgaanskenker word.

116 | Maatskaplike NOODLYN