Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Met groot waardering

Deur mnr Hennie van der Walt, voormalige direkteur van NG Kerk Vrystaat

Elke keer wanneer ek Vrypos ontvang en lees, kom ek weer onder die indruk, met groot waardering, van die groot en belangrike werk wat ons “kerk” doen, onder andere vanuit die Sinodale Sentrum. Natuurlik is daar mense wat verantwoordelik is vir dié groot werke. As oud-Sinodale amptenaar (al het baie dinge baie verander) kan ek my tog nog effens herinner aan die opofferings, soms moeite, maar voorreg om in diens van Sy kerk te kan wees. Wees verseker, u harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Baie dankie en groot waardering vir die groot werk wat u doen in belang van ons kerk en sy mense. Graag sê ek opreg, wees verseker van ons voorbidding vir u en u werk, elke dag. Mag u die teenwoordigheid van ons Heer en Hemelse Vader elke dag ryklik ervaar. Die Heer se seën u toegebid.

Aan die keersy, aan ons leraars in gemeentes, skribas/kassiere (sommige kan my dalk nog onthou!), kosters, ander gemeente-amptenare, orreliste, tuinwerkers,  skoonmakers, ensovoorts: u almal doen groot werk om op u manier en terrein Sy kerk “in stand” te hou. Ook aan u, dankie vir die groot werk wat u doen. Mag die Here u ryklik onderneem en seën. Weet maar daar is iemand, êrens, wat ook vir u in gebed by die Vader intree.

Met seënwense en vriendelike groete

Hennie van der Walt

 | verskaf : Mnr Hennie van der Walt, voormalige direkteur van NG Kerk Vrystaat

116 | Maatskaplike NOODLYN