Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk, 20 September 2024
Die NG Kerkargief was vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasgevind het. Die Argief het vyf diskoerssessies in die kapel van die Fakulteit Teologie aangebied:
1. Veldpredikers van die Suid-Afrikaanse oorlog
Die werk van NGK veldpredikers en kapelane as hulpdiensnetwerk tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is belig deur dr Esté Kotzé en Lizelle Smit, navorsers en argivarisse van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
Oorspronklike briewe, ’n gordel van een van die veldpredikers en vele meer artefakte uit die NGK Argief was te siene.
2. De Kinderharp, hallelujas en Afrika-tromme
Die eerste NGK-musiekversameling is bekendgestel. Luister en sing saam. Dr Isabel Murray, kurator, het as verteller opgetree, met begeleiding deur dr Devandré Boonzaaier, orrelis en kenner van die Morawiese liedereskat.
3. A Square Meal
Hoe kan kosgeskiedenis weer lewe gegee word? Dr Amy Rommelspacher vertel hoe kunsstudente in hulle verkennings van die argief nuwe werke geskep het in reaksie op hulle ervarings met geskiedenis en kos. Studente het deur die versamelings van twee NGK-sendelinge gewerk om te verstaan hoe kos in die 19de eeu in Suider- en Sentraal-Afrika verkry en ervaar is. Kos is voorgesit wat aangesluit het by die dokumente en kuns.
4. Lê jou familiestorie verskuil in die argief?
Dr Andrew Kok, spesialis-genealoog, ontdek die opwindende storie van jou herkoms. Hy het stap vir stap vertel hoe om suksesvol in jou eie verlede te delf. Doopregisters en ander argivalia is ten toon gestel.
5. Andrew Murray: Untold story of a vulnerable father
Die briewe van dr Andrew Murray aan sy kinders vertel aangrypend van ’n praktiese vaderliefde gedurende lewenskrisisse. Dr Isabel Murray, Richard Hollaway en Cecile Murray-Louw het voorlesings en vertellings gedoen, terwyl Laurinda Hofmeyr se toonsettings (met Schalk Joubert op baskitaar) nuwe diepte en betekenis gegee het aan dié 100 jaar oue woorde. Briewe en manuskripte van Murray en sy kinders is ten toon gestel.