Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Vishoek se 30 jaar van genade

Oorgeneem uit Getuienisaksie, VrydagNuus Kaapkerk, 12 April 2024

As navolgers van Christus weet ons wat Hy bedoel het met die beelde van sout en lig; dat ons elkeen dit moet vergestalt in ons leefwêreld. Die mensdom is moreel bankrot; politieke leiers, ekonomiese stelsels en sosiale strukture slaag selde daarin om reg aan mense te laat geskied. Inteendeel. Daarom is dit van kardinale belang dat mense se harte aangeraak moet word met die kosbare boodskap van Christus. En daarvoor is daar, buiten ons wat as Christene daagliks die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld moet wees, ook sendelinge nodig. Daarom is dit ’n riem onder die hart as ’n mens hoor van gemeentes wat hierdie ondersteuningstaak ernstig opneem. “Ons gemeente het hierdie roeping in 1994 ontvang en van toe af hou ons elke jaar ons Geloofsofferfeesnaweek.” So vertel dr Martin Barnard van die NG Gemeente Vishoek. “Dit is vir ons baie spesiaal dat die Here reeds vir 30 jaar so getrou is dat ons al ons sendelinge tot nou toe kon onderhou en nooit ‘n maand se ondersteuning aan hulle oorgeslaan het nie.”

 | verskaf: Dr Daniël de Wet (Getuienisaksie, Wes-Kaapland) vertel meer oor ons susterskerke in Afrika tydens die Geloofsofferfeesnaweek in Vishoek.