Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

‘n Goeie reis

Ek is Werner Burger as inboorling van Ermelo het ek ook hier my skoolloopbaan voltooi. Ek het my studies voltooi aan Kovsies in 2010. Die eerste paar jaar in my bediening was ’n goeie reis – ek stel dit so want ons het ’n klomp plekke ontdek op soek na ’n vaste betrekking.

Die gemeente waar ek sover die langste bedien het, was NG Elandsrand in Brits, waar ek vyf jaar leraar was. Ek is in 2019 na NG Zastron beroep en die plattelandse omgewing doen ongelooflik baie vir die menseverhoudings. Tog bied die platteland ook ’n klomp uitdagings waarvan goed soos ontvolking, droogte en misdaad voor op die lys is. Hiervoor kan ons net vir leiding vra van die Here, om ook hierdie sake sinvol aan te spreek en te hanteer.

Ek is getroud met Yolandi sy is ’n rekenmeester by BVSA in Zastron en ons het twee seuns. Vir dié twee sal hulle pa enige iets doen.

Ek sien die bediening, veral na die jaar wat ons beleef het, in ’n nuwe uitdagende tyd waar ons as gemeentes weer innoverend moet dink om relevant te bly. In hierdie soeke moet ons ook getrou bly aan die Bybelse waarhede wat ons bely. Mag ons as gemeentes, maar ook as gelowiges werklik God vind in hierdie uitdagende tye.

116 | Maatskaplike NOODLYN