Op 12 Oktober 1962 het prof. EP Groenewald dié woorde van die profeet Sagaria gelees, in Kaapstad, ter opening van die eerste Algemene Sinode van die vyf NG Kerke in Suider-Afrika: “’n Man wat Loot heet, sal uitspruit en die tempel van die Here bou. ... Dit sal gebeur, as julle getrou luister na die stem…
Gaan die Vrystaatse Sinode die Algemene Sinode verlaat? Moet ons die bande verbreek? Dis die vrae wat vroeër hierdie week indringend bespreek is. Dr Leon M Foot gee sy indrukke:
Tydens die sinodesitting in Maart vanjaar was daar voorstelle dat die Vrystaat volgens Artikel 37 van die Kerkorde ons bande met die Algemene Sinode moes…
“… die wins aan die ander kant was veel groter as die skynbare verliese aan hierdie kant van die etniese verdeeldhede.”
Emeritus Deon Potgieter, tot in Maart 2021 VGK-predikant van Heidedal-Suid, is een van die kleurrykste persone in ons NG Kerk-familie. Jy wíl hom beter leer ken, want sy lewenservarings, belangstellings en diepe insigte sal…
Dit is moeilik om te glo dat ons al in die helfte van die jaar is. As ons terugkyk oor die afgelope ses maande, dan is dit met dankbaarheid. Dankie aan elke vrou in die Vrystaat wat op welke wyse ookal, hulp verleen en nood verlig waar dit nodig is.
Ons kon weer in Februarie…
Dit was aanvanklik vir my en ander sinodegangers ‘n skok om by die onlangse sinodesitting te verneem dat daar nuut gedink moet word oor die verhouding tussen die NG Kerk en Engo sowel as gemeentelike Diens van Barmhartigheid. Dit het vrae na vore gebring soos: Hoe sal Vrystaat gemeentes se Diens van Barmhartigheid lyk wanneer…
Met Vrouemaand op hande, wil ek graag hulde bring aan elke vrou wat op haar onderskeie manier 'n bydrae lewer op alle gebiede van die samelewing.
Vrouens kan nie in boksies gesit word nie, elke vrou is uniek geskep na die beeld van God en daarom is sy genoeg.
Sy kan haar roeping op verskeie…
“Ek sou graag die uitdaging wil aanvaar om leraars en kerkrade ’n liefde vir die Kerkorde te leer en hierdie een basiese reël vir almal te leer: Kom ons hoor net eers wat die Kerkorde sê!”
Christo Weideman, ons pas verkose STK-voorsitter van die Sinode Vrystaat, is gebore in Middelburg Kaap, en het grootgeword in…
Dit was maar so onlangs as dertig jaar gelede (en ’n rapsie) dat die NG Kerk dit vir die eerste keer gewaag het om vrouepredikante te begin orden. Waarom dit voorheen as nie-wenslik beskou is, bly vir ons skoner geslag steeds ’n raaisel, maar nou ja, intussen het daar baie water in die see geloop…
Moeder, Mamma, Mamsie, Mammie, Moeksie of net Ma is enkele name vir die vrou in jou lewe wat jou grootgemaak het, en jou natuurlik onvoorwaardelik liefhet. Die betekenis van ma-wees is legio. Soveel mense op planeet aarde, soveel antwoorde op hierdie skynbaar eenvoudige vraag: Wat beteken jou Moeder vir jou?
So, met Moedersdag wat binnekort…
"Ek het geleer: People don’t care how much you know, until they know how much you care."
Dis nogal ’n riem onder die hart om te weet dat ons nuwe skriba, Leon Michael Foot, buiten om predikant te wees, ook baie ander passies in sy lewe het. Dit maak van hom ’n ryk-geskakeerde persoon – iets…
27 April 1994 is ingegraveer in elke persoon se geheue. Tydens daardie geskiedkundige verkiesing het ek die voorreg gehad om as verkiesingsbeampte te werk in die distrik Winburg. Daar was ‘n stukkie afwagting en onsekerheid, maar die gevoel van opgewondenheid was duidelik merkbaar in al die gemeenskappe waar ons tydens die verkiesing gewerk het. Talle…
Dr Dawie Botes is tydens die onlangse sinodesitting van die NG Kerk Sinode van die Vrystaat as ondervoorsitter van die moderatuur verkies. Hy was vir baie jare die eksterne kerklike moderator van ekklesiologie aan die UV (Universiteit van die Vrystaat) saam met ds Jan Lubbe (ons nuwe voorsitter van die moderamen) en prof Piet Strauss.…
As jy in die vroeë sewentigerjare op die Moffat Sendingstasie by Kuruman sou rondstap, sou jy dalk ’n klein seuntjie onder die doringbome daar sien speel het – in sy eie wêreld onder die reuse-skadu’s en totaal onbewus van watter draaie sy toekomspad nog sou loop.
Kalm. Billik. Gebalanseerd.
Dis die indruk wat ds Jan…
Stéfan Welthagen is ‘n Vrystater in murg en been – gebore en getoë in die pragtige rosestad, Bloemfontein. Dit is ook hier waar hy skoolgegaan en studeer het. Hy het sy primêre skoolopleiding aan die Laerskool Willem Postma voltooi en daarna sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Sentraal.
Maar wie is hierdie lewenslustige natuurliefhebber wat so…
Hanneke Lubbe, medestigter van Hospice Bloemfontein is baie dankbaar oor die IPU (In-Patient Unit), wat ’n ruk gelede by die Siësta Aftree-oord, die oudste aftree-oord in Bloemfontein, in gebruik geneem is.
“Dit is so goed en huislik moontlik ingerig en bied ’n tuiste aan pasiënte en hul families in die laaste fase van terminale siektes,” vertel Hanneke.…
As mens in die lente met die N7 langs oor die Olifantsrivier na Klawer ry, staan mens op ’n mooi reënjaar verstom oor hoe die landskap in uitbundige kleure uit sy nate bars. Maar dis eers as jy die Van Rhynspas uitry na Nieuwoudtville dat jou asem behoorlik wegslaan. En dis waarvandaan die NG Gemeente…
As jy vandag aan die pastoriedeur van die NG Gemeente Heuwelsig in Bloemfontein klop, sal jy verwelkom word deur die lewenslustige ds Craig Salzmann, vroeër van die NG Gemeente Hospitaalpark, ook in Bloemfontein.
Maar wie is hierdie man wat die buiteluglewe so geniet en ’n liefde vir fietsry en kunsaashengel het?
Craig is gebore in…
Ek onthou nog as kind hoe die dominee daar van die preekstoel af vertel van Christus se laaste opdrag – dat sy dissipels sy Goeie Boodskap tot aan die uiteindes van die aarde moes bring. Dit was natuurlik nie ’n maklike taak nie, want dit het beteken dat jy in ’n vreemde taal en kultuur…
Diegene wat al na ’n terminale pasiënt moes omsien, sal weet hoe nodig jy fisiese en emosionele ondersteuning in hierdie uitdagende tyd nodig het. Dit kan jou dikwels oorweldig, veral as jy die hoof-steunpilaar in hierdie brose situasie is. Daarom is dit vir mense in sulke omstandighede ’n groot hulp as daar ’n Hospice in…
Two guys walked into a bar. The third guy ducked. Daar is letterlik duisende van hierdie soort grappe. ‘n Storie wat begin met “Twee sendelinge stap in ‘n kroeg in …”, kan ook vir ‘n grap aangesien word. Dit is egter presies wat ‘n paar dae gelede met my en Dirk Taljaard gebeur het.
Sien, die…
Hoe gemaak as jy ’n geliefde het wat einde-van-lewe-versorging benodig en jy weet nie waar om vir raad en hulp te gaan aanklop nie? As jy gelukkig is, is daar ’n Hospice naby jou. Deesdae is Bloemfontein ook een van dié gelukkige plekke wat hierdie onontbeerlike diens kan lewer, danksy Hanneke Lubbe, stigterslid en bestuurder…
Referaat gelewer by die Excelsus Lentekonferensie, Universiteit van Pretoria | 15 September 2021
Foto: Bavinck Hoogleraar Kampen ca 1883
“Wij staan voor een geheel nieuwe orde van zaken. Er zijn machten opgetreden waartegen het Christendom nog nooit zijn krachten heeft beproefd; verschijnselen, waarvan de kerk nog nimmer zich rekenschap gaf. Daar is de moderne staatsidee…
Soos die meeste van ons is Carin nie werklik my naam nie, dit staan nie op my identiteitsdokument nie en ook nie iewers in 'n doopregister nie. Julle sal sien dat ek dokumente onderteken as CHJ van Schalkwyk. My volle name is Catharina Hester Johanna. Dit is name wat nooit gebruik word nie - my…
Kort na ek die bediening in 2013 betree het, draf-stap ek 'n hospitaal in Kimberley binne om 'n lidmaat te besoek. Die sekuriteit stop my vinnig: "Dit is nie nou besoektyd nie." Ek verseker hom vinnig dat ék die predikant is van die gemeente waarin sy is. Ons kom van Jacobsdal en ek het spesiaal…
Adrie Potgieter is onlangs as predikant by die NG Gemeente Senekal-Noord bevestig, maar wie is hierdie avontuurlustige natuurliefhebber wat graag stap en boonop ’n ywerige leser en wynversamelaar is?
Adrie is in Virginia gebore waar sy grootgeword het en waar haar ouers steeds woon. Sy was op Laerskool Virginia Volkskool en voltooi haar skoolloopbaan aan…
Sedert Maart 2021 is ek as tentmakerleraar verbonde aan die NG Kerk Bloemheuwel waar ek reeds 26 jaar lidmaat is.
Ek het doelbewus ‘n akademiese loopbaan gekies omdat ek soos my professore die wêreld van idees wou verken, maar ook aangespoor was deur oortuiging dat die Christelike geloof ‘n verskil aan die wêreld kan maak.…
Anton Meiring is gebore as ‘n Oos-Kapenaar op 30 Januarie 1960, het skoolgegaan in onder andere die Langkloof en matriek geskryf by die Nico Malan Hoërskool op Humansdorp. Hy onthou met groot dankbaarheid onderwysers op sy lewenspad wat ‘n groot rol gespeel het in sy vormingsjare. Van kleins af het hy ‘n diep bewustheid van…
Ons sal nie gaan lê nie. Ons sal opstaan. Dankie Here dat U voor ons uitgaan en ons sterk maak. Soms gaan die bitter beker nie by ons verby nie, ja soms moet ons daaruit drink. Maar ons bly onthou dat ons in en deur God se genade lewe. Ek hoef vir niemand te sê…
As dominees word ons geleer hoe om met lidmate te werk wat kanker het. Ons word geleer hoe om geestelike gesprekke met hulle te voer en hoe om hulle voor te berei op die prosesse wat gaan kom: van 'n operasie deur tot by chemo en bestraling tot by begeleiding deur die terminale fase heen.…
Arlington is een van die kleinste NG-gemeentes in die Vrystaat, maar die gemeente het ‘n groot hart. Die gemeente is geleë in die Riemland, ‘n vrugbare landboustreek in die Sentraal-Noordoos Vrystaat. Arlington is ‘n bitter klein dorpie, maar soos die geval is met die meeste sulke plattelandse dorpies, is daar ‘n groot township, met geweldige…
‘n Paar jaar gelede het ek in Bethlehem bedien. Een van my verantwoordelikhede was die kinderbediening. Dit was altyd vir my verskriklik lekker om met die “kids” te kon werk. Natuurlik het hulle by hulle ouers gehoor van ‘n “groot” woord met die naam “Dominee”. Vir hulle was ek egter net ‘n oom wat saam…
Die afgelope week lees ek in 'n gespreksgroep op Facebook hoe die lede met mekaar praat oor eerskomende Sondag se Moedersdag en hoe dit gevier moet word in die eredienste. Wat my dadelik opval van die gesprek, is dat die persone wat daaraan deelneem, almal vroue is wat ook jong ma’s is.
Ek het begrip…
Wát ‘n jaar was 2020 nie, en is 2021 steeds... vanjaar vier ons vir die tweede keer opeenvolgend Vryheidsdag, terwyl ons weliswaar nié so vry is nie. Dié keer word ons almal oor dieselfde kam geskeer, en word niemand gespaar nie.
Hierdie “on”-vryheid waarin ons ons tans bevind, kan egter in geen opsig vergelyk word…
Ons behoort met heilige eerbied oor God te praat. Na my oortuiging eerder stamelend waag as te versekerd spreek. Die Bybel getuig in metafore oor God en ons kan nie anders as om die Gans Andere metafories te bedink en te aanbid nie. Twee van die bekendste en mees geliefde metafore van God vind ons…
Oor die afgelope Paasnaweek het ek vir die eerste keer in sowat ses jaar besluit om oor Paasnaweek verlof te neem sodat ons as gesin saam kan rus oor ʼn naweek wat normaalweg baie besig is met eredienste en voorbereidings. Ek en my vrou het besluit dat ons by my skoonfamilie gaan kuier in Belfast.…
Toe ek jonk was, was ek oortuig dat ek ‘n vlieënier gaan word. Om die wêreld te kan sien en verantwoordelik te wees vir soveel ander mense se lewens. Volgens Hettie Brits se boek, “Kweek kinders met karakter”, floreer ek op verantwoordelikheid.
Toe ek ouer word het dit geskuif van vlieg na bou, ‘n siviele…
Gedagtes vanuit Jesus se verhoor soos vertel deur Markus (onder andere)
Barabbas of Christus? Wie word vrygelaat? Wie word tereggestel?
Die Romeinse Goewerneur, wat die keiser as hoogste gesag in Palestina verteenwoordig, word voor hierdie keuse gestel. Hy het die mag om te besluit wie vrygelaat en wie tereggestel word. Hy moet natuurlik sy primêre…
Elke jaar hierdie tyd vier ons in die land Menseregtedag. Die datum wat vir hierdie dag gekies is, word direk in verband gebring met die Sharpville-slagting wat op 21 Maart 1960 plaasgevind het. Tydens hierdie slagting het betogers en Polisie slaags geraak en is 69 betogers dood geskied, die meeste van agter. Na afloop van…
As jy in ‘n oostelike rigting van die N1 af mooi kyk sien jy Winburg se konsentrasiekampkerkhof waar dit teen ‘n “plato’tjie” lê. Reg onderkant die 487 grafte, waarvan die meeste kindergraffies is, is ‘n klompie Britse soldate begrawe. Opvallend in die kerkhof is die grafsteen van Alice Draper (gesterf 17/01/1902), wat volgens die skrywer…
Die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudings begin met ’n erkenning dat daar ’n vasgelooptheid oor die kwessie is. Die menings gaan só ver uiteen dat dit nie vir my lyk of daar ’n besluit kan kom wat almal tevrede sal stel nie. Aan die een kant is daar mense wat wil staan by…
Ons hoor in die Bybel dat hoop en geloof hand aan hand stap. Hebreërs 11 vertel dit vir ons in die eerste vers: 1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Hoe voel dit om hierdie hoop te kry, of…
Ek moes dink wat skryf ek en wat nie. Dis amper my hele lewensverhaal as ek moet skryf oor my reis as eerste vrouepredikant in die NGK. Ek het besef ek sal net penstrepe kan trek.
In my finale jaar belydenisklas het ek skielik begin worstel met die vraag: Hoekom kan daar nie vrouepredikante wees…
In onsekere tye het ons as Gemeente besluit om weer bietjie hoop te bring na die gemeenskap. Die inperkingsmaatreëls het dit moeilik gemaak vir ALLE gelowiges om kerk toe te gaan, maar het ons NIE gekeer om wel "aan te hou kerk LEEF nie". Op 6 Februarie het die Oos gemeente in Kroonstad 'n virtuele wedloop gehou…
Daar is ’n tyd om gebore te word, van blydskap te dans, te omhels. En daar is ’n tyd om te sterf en te treur, ’n tyd sonder omhelsing, soms oorlog. Só lui die woorde van die Prediker oor tyd, kunstig bepeins: Sewe woordpare, 14 reëls oor wat tussen die begin en einde van ’n mens se lewe lê.
Nie oor ure…
Soos baie ander van my tydgenote, het ek as kind ook met Geloftedag grootgeword. Dit het eers ook Dingaansdag geheet. Ons het elke jaar rondom die 16de Desember op die Dingaansfeesterrein, ‘n mooi stukkie boomryke kerkgrond in die Marquard distrik, gaan kamp. Dit was ‘n hele gedoente waaraan meeste van die boeregesinne deelgeneem het –…
Ek is Werner Burger as inboorling van Ermelo het ek ook hier my skoolloopbaan voltooi. Ek het my studies voltooi aan Kovsies in 2010. Die eerste paar jaar in my bediening was ’n goeie reis - ek stel dit so want ons het ’n klomp plekke ontdek op soek na ’n vaste betrekking.
Die gemeente waar…
My naam is Willem Andreas Smit, maar noem my sommer net Willem. Ek is gebore in 1989 in Pretoria, waar ek die eerste 30 jaar van my lewe deurgebring het. Ek het nou nie die tradisionele pad tot die bediening in die NG Kerk gevolg nie.
In 2008 begin my Teologiese opleiding aan Lewende Woord se…
My naam is Elandré. Ek is die jongste predikant in my ring en verseker die kortste! Maar soos wat hulle sê: “Klein botteltjies, groot gif.” Dit was altyd die sê-ding oor my gewees in my skooljare. Ek was altyd die kortste een op die rugbyveld, maar altyd die een wat die grootste (“vetste”) outjie gesoek…
In die sentrale provinsie van Zambië, ongeveer 500 kilometer noordoos van Lusaka (en ook 30 kilometer van die Demokratiese Republiek van die Congo), is daar ‘n wildtuin van ongeveer 390 vierkante kilometer met die naam “Kasanka National Park”. Hierdie klein wildtuin is bekend vir gemeenskapsbetrokkenheid – daar word wildbewaarders opgelei, en lede van die gemeenskap…
Dit is seker al teen hierdie tyd ‘n cliché om te praat van die COVID-19 pandemie en wat dit aan ons land en aan die wêreld gedoen het, maar ek wil tog hierdie storie van hoop met die lesers deel.
Ek is predikant by NG Clocolan. Toe die pandemie ons getref het, het ons almal gehoop dat…
Die afgelope Sondag, 15 November 2020, was die NG Kerk Berg-en-Dal bevoorreg om 54 katkisante as jong belydende lidmate te ontvang en saam met hulle en hul families Nagmaal te vier. Hierdie uitsonderlike groot groep het vanjaar bestaan uit 26 koshuiskatkisante (van Huis Eie Haard, Hoërskool Sentraal) en wat van regoor die Vrystaat en uit…
Die dominees van die NG Gemeente Rustenburg-Proteapark vertel dat ‘n vrou op die dorp ‘n lammetjie hoor blêr het. Geen vee in die nabyheid nie en tog hierdie bewuswording van ‘n deurdringende noodroep. Net hierna volg berigte van die een verwoestende veldbrand op die ander in die Wes-Vrystaat. Duisende hektare weiveld tot as verbrand in…
Die eerste brand in die Boshof/Hertzogville area het op 16 Oktober 2020 uitgebreek. Ons plaas is in die Boshof-Wes area.
Donderdag 22 Oktober 2020, 20h15
Pieter bel: "Tish, die vuur het oor die pad gespring in ons wildkamp in. Maak vinnig planne, want die wind jaag die vuur, direk in die rigting van die plaashuise."…
Hoewel die gemeenskap van Reitz hier in die Oos-Vrystaat al oor die jare ‘n kultuur van voedselhulp vir minderbevoorregdes ontwikkel het, het die Korona-pandemie dit verder versterk.
Die driemanskap, naamlik VKB, die plaaslike gemeentes sowel as Engo het dit hul taak gemaak om daadwerklik ‘n verskil in die moeilike ekonomiese tyd te maak waar vele gesinne…
Einde verlede jaar het die Vrouediens ‘n oop stuk grond op die kerkterrein raakgesien vir die moontlike ontwikkeling van ‘n groentetuin. Met goedkeuring van die kerkraad is daarmee begin. Die doel was om aanvullend in die Barmhartigheidskomitee se voorsiening van kospakkies vir behoeftiges uit die gemeenskap, te voorsien. Baie gou is ontvangers van die kospakkies by…
