NG Gemeente Kerkenberg het aan die begin van 2019 'n splinternuwe kleingroep-bediening op die been gebring.
Die uitgangspunt en motivering vanaf die leierskap se kant was geskoei op die nuut geformuleerde gemeentevisie :
NG Gemeente Kerkenberg
hier
1) Streef ons na die wil van God
2) Koester ons mekaar in liefde
3) Dien ons ń gemeenskap in nood…
Goeie genade hoe skryf mens iets oor jouself!? Dit laat my dink aan daai leer-mekaar-beter-ken-episodes waar almal in ‘n kringetjie sit en uitfigure wanneer dit jou beurt is dat jy darem iets opbouend kan deel oor jou inkom en uitgaan, jou gaan slaap en jou opstaan...
My vrou Letia sou hierdie makliker gedoen het, want…
Ds Johann Kemp is gebore in Ermelo in Mpumalanga, waar hy ook grootgeword en gematrikuleer het. Hy wou al van kleins af 'n predikant word, maar dit is eers in sy matriekjaar dat hy bevestiging van sy roeping ontvang het en daarna by die Universiteit van Pretoria sy BA, BD en nagraadse diploma in Teologie voltooi…
Namate die grendeltyd voortsleep begin die adrenalien wat groot veranderinge vergesel afneem en word ons duideliker bewus van die uitdagings en tekortkominge van eredienste wat digitaal uitgesaai word. Een daarvan is die plek van sang en musiek in ons erediens.
“Om saam te sing voor die TV is nie dieselfde nie,” hoor jy gereeld. Daar…
In Welkom soos in baie ander dorpe en stede het ons maar ‘n wankelrige vorm van dienslewering. Onder ons was daar diegene wat graag ‘n positiewe verskil wou maak in die gemeenskap waarin ons woon. So het dit gebeur dat ek en Eddie O’Neil van Koninkryk Bedieninge by mekaar uitgekom het op uitnodiging van Eddie om…
Die leraars van die Ring van die Goudveld het dit goedgedink om vanjaar, met die draai van die seisoen, vanaf 1-10 September 2020, daagliks ‘n kort boodskappie van hoop via sosiale media uit te stuur. Die doel van hierdie boodskappies was om die Goudveld-gemeenskap gedurende hierdie moeilike en uitdagende tye net weer bietjie geestelik te…
Deur dr Christo Herbst, leraar van NG Gemeente Trompsbrug
Gebore in Standerton in Mpumalanga op 29 Mei 1969. Getroud met Alta op 4 Januarie 1997 en het twee kinders, Lené en Chris. Later jare het nog tweetjies deel van die gesin geword, Kareltjie en Friedel. Kareltjie het in Warmbad by die gesin aangesluit toe die sanger Fatman ons aan…
Dit is eers toe ek begin het om al my sagte plastiek te stoor, wat ek agtergekom het presies hoe baie plastiek ek net een keer gebruik en dan weggooi. En ons almal weet dat “weggooi” eintlik net ‘n eufemisme is vir “laat lê dit net op ‘n ander plek waar dit skadelik is vir…
Deur ds Jaco Thom, leraar van NG Gemeente Petrusburg
Toe ek in April 2019 in Petrusburg as predikant bevestig is, is die sirkel van my bediening voltooi. Ek is in Februarie 1985 in Monument (nou deel van Uitsig-Bloemfontein) georden. Van 1991 tot 2018 was ek predikant in Toringkerk in die Paarl. Ek kyk dankbaar terug…
Wéés kerk aanlyn!
“Dit is oulik, maar dis nie regtig kerk nie,” sê hy vir my. “Die mense kan darem die Woord hoor tot ons weer regtig kerk hou.”
Nie die eerste of laaste keer wat ek dit sou hoor nie. Wanneer gelowiges praat oor aanlynbediening kom ons heel gereeld by die vraag of aanlynkerk nou regtig kerk kan…
Sedert die begin van die kerk so ver terug as Handelinge in die eerste eeu nC, was die saamwees van die gelowiges ’n baie belangrike deel van hoe Jesus se volgelinge hulleself verstaan. Ons gemeenskap is belangrik. Ons deel nie net ’n stel oortuigings nie, ons deel ons lewe. Vandaar die term wat hulle van…
Sedert die begin van die kerk so ver terug as Handelinge in die eerste eeu nC, was die saamwees van die gelowiges ’n baie belangrike deel van hoe Jesus se volgelinge hulleself verstaan. Ons gemeenskap is belangrik. Ons deel nie net ’n stel oortuigings nie, ons deel ons lewe. Vandaar die term wat hulle van…
Deur ds Jors (Jannie) Reynders, leraar van NG Gemeente Bloemheuwel
Paulus sê dat wanneer hy oor homself praat, praat hy soos ‘n dwaas. Ek is ook versoek om hierdie “dwase ding” te doen en iets oor myself te skryf. Ek is ‘n gebore en getoë Vrystater. Op ‘n plaas in die Noord-Vrystaat grootgeword, in Wesselsbron matriek…
Deur ds Fanie Spamer, leraar van NG Gemeente Heuwelsig
Fanie Spamer, 'n amper oupa, gebore in Kroonstad op 18 September 1960. Ek het grootgeword in Welkom op die Vrystaatse goudvelde. My skooljare is aan die Laerskool Dagbreek (1967 – 1973) waar my ouma ook 'n onderwyseres was en die Hoërskool Welkom Gimnasium (1974 – 1978) waar my skoonpa…
My pad het in Maart 2018 gekruis met ‘n jongman met die naam Neo Khobotlo. Ons het mekaar op die “markplein” ontmoet, maar gou het ons gesprekke oor Christenskap en die kerk se roeping begin draai. In hierdie gesprekke ontdek ek dat hy ‘n lekeprediker is in ‘n onafhanklike Afrika Kerk wat as NPO geregistreer is onder die…
Hierdie is sommer net ‘n mooi storie wat drie jaar gelede op 'n sypaadjie begin het.
Ek het nog altyd 'n bewondering gehad vir straatverkopers...daai mense wat elke oggend in wind en weer hulle winkel moet oplaai en gaan uitpak en elke middag laat weer moet oppak. Hulle wilskrag en deursettingsvermoë fassineer my.
Martha Tshabalala is so…
Deur ds Anneri Viljoen, leraar by NG Gemeente Hugenoot
Ek is ‘n sondaar, ‘n Bloemfonteiner, een van twee dogters – die jongste – ‘n ma van twee seuntjies onder vier jaar oud, agt jaar in die bediening, ‘n Vrystaat rugby ondersteuner (dit is belangrike inligting), ‘n liefhebber van lente, die trotse eienaar van Sam ‘n rescue hond…
Die nuutste regulasies oor Covid-19 laat konferensies en vergaderings van organisasies toe. 'n Mens sou seker ook ‘n ringsitting as ‘n “godsdienstige byeenkoms” kon tipeer as jy regtig wil.
Ewenwel, die volgende is van toepassing op die hou van ‘n ringsitting:
maksimum vyftig persone
dra van maskers
al die reëls oor die reiniging van die…
Met die skryf van hierdie briefie aan u is ons reeds vir meer as 100 dae in inperking vanweë die Covid-19 virus. Ons besef dit is uitdagende tye vir u almal, maar ons het vanoggend ‘n briefie van ‘n kollega ontvang waarin hy getuig dat hy ‘n tyd beleef waar daar ‘n besondere band van liefde en omgee…
"Alive, alive, alive for ever more; My Jesus is alive, alive for ever more Alive, alive, alive for ever more: My Jesus is alive!" (a favourite song we sing when I visit the Covid-19 shelters)
It's already DAY 99 of the National Coronavirus lockdown. And Jesus is still alive. Like He was before the crisis.…
