Die leraars van die Ring van die Goudveld het dit goedgedink om vanjaar, met die draai van die seisoen, vanaf 1-10 September 2020, daagliks ‘n kort boodskappie van hoop via sosiale media uit te stuur. Die doel van hierdie boodskappies was om die Goudveld-gemeenskap gedurende hierdie moeilike en uitdagende tye net weer bietjie geestelik te bemoedig en versterk. Leraars, tekste en temas was soos volg:
1 September – Ds Christo Nel van die NG Gemeente Riebeeckstad
“Kom saam na ‘n stil plek…en rus bietjie”
(Matteus 11:28; Lukas 5:16; Mark 6:31);
2 September – Ds Gerber Roux van die NG Gemeente Odendaalsrus
“Daar is Hoop, die Here maak alles nuut”
(Openbaring 21:1-8);
3 September – Ds Kobus Vermeulen van die NG Gemeente Virginia
“Hoop in die Liefde van God”
(Romeine 8:31-39);
4 September – Mnr Lé-Roy Wentink van die NG Gemeente Riebeeckstad-Erfdeel
“Jy is nooit alleen nie”
(Matteus 27:45-51)
5 September – Ds Rudolph Strydom van die NG Gemeente Hennenman
“Sien die mag van God”
(Johannes 11)
6 September – Dr Ben Joubert van die NG Gemeente Riebeeckstad
“God is ons Hoop”
(2 Korintiërs 1)
7 September – Ds Hendrik Conradie van die NG Gemeente Merriespruit
“Wees Heilig”
(1 Petrus 1:1, 13-16)
8 September – Ds Peet Louw van die NG Gemeente Erfdeel
“Kry Hoop – Leef een dag op ‘n slag”
(Jakobus 4:13-15)
9 September – Mnr Henk van der Walt van die NG Gemeente Harmonie
“Gewone mense vir spesiale aksies”
(Ringters 3:31)
10 September – Ds Erich Cornelissen van die NG Gemeente Harmonie
“Jy het ook vir Jesus”
(Johannes 6:1-7)