In onsekere tye het ons as Gemeente besluit om weer bietjie hoop te bring na die gemeenskap. Die inperkingsmaatreëls het dit moeilik gemaak vir ALLE gelowiges om kerk toe te gaan, maar het ons NIE gekeer om wel “aan te hou kerk LEEF nie”. Op 6 Februarie het die Oos gemeente in Kroonstad ‘n virtuele wedloop gehou met die Hastag #runTHATrace. Ons het gelowiges oor die dorp (Engels & Afrikaans) uitgenooi om 5 km te loop/draf; 10 km te hardloop/21 km te draf/25 km fiets te ry. Die opkoms was verstommend!
Die konsep rakende die wedloop was eenvoudig:
- Begin daar waar jy bly.
- Beplan jou 5/10/21 of 25 km deur die Kerk se ligging in te sluit
- By die Kerk is ‘n groot bord opgesit met die woorde “Ons mag dalk nie kerk toe gaan nie, maar ons kan nogsteeds kerk wees” en gelowiges is gevra om daar foto’s van hulself te neem ter ondersteuning van die kerk.
Ek was nie so seker dat die inisiatief sou werk nie, maar daar was soveel foto’s en comments ná die tyd op ons FB dat ek nie anders kon as om in verwondering te staan oor hoe die Here leef in gelowiges se harte nie!
Ek het gehoop die inisiatief spoel oor na ander kerke toe en daar het sedertdien verskeie leraars navraag gedoen oor die aksie. Hulle wil dit by hulle gemeentes ook hou.
Ek moes hierdie storie van hoop deel, want dalk is daar ander kerke daarbuite wat dieselfde kan doen.
Hieronder is so paar foto’s (Daar’s nog vele meer waar dié vandaan kom)
My beker loop oor.
Ds. Marius Ellis
NG Kroonstad-Oos