Oorgeneem uit www.ecolandscaping.org
Nadat die welbekende digter DJ Opperman destyds uit ’n diepe koma ontwaak en op ’n gevorderde ouderdom weer alle woorde en objekte van voor af moes leer ken, was een van die wonderlikste gewaarwordinge in sy herstelperiode dat daar iets groens met lewe uit die grond kon groei wat ons ‘boom’ noem. Hy was in totale verwondering daaroor; iets wat ons dikwels net as vanselfsprekend ervaar. Kom vier vanjaar Internasionale Plantwaarderingsdag saam met ons op Saterdag 13 April en staan verwonderd oor die skepping van God. Probeer ook in hierdie tyd om by te dra tot die “plant 1 miljoen bome”-veldtog en plant ‘n boom (of bome) tussen nou en die einde van Junie. Jy kan ook in die natuur gaan stap vir ’n ervaring van forest bathing in ’n boomryke area naby jou en ervaar hoe jy in hierdie ruimte die nabyheid van Christus ervaar.