Diere verskaf aan ons as mense van die grootste vreugdes in ons lewens. Of dit nou ’n getroue hondevriend, ’n liefdevolle kat of van die mees interessante wilde diere is wat ons in die talle wildtuine en natuurparke in ons mooi land te siene kry; diere verryk ons lewens op ontelbare maniere. Vier gerus vanjaar Wêreld-dieredag op Woensdag 4 Oktober en doen jou deel om van die wêreld ‘n beter plek vir alle diere te maak. Elkeen van ons kan, veral as Christene, ‘n groot verskil ten opsigte hiervan maak. Komaan, word deel van iets besonders.