Oorgeneem uit Maroela Media, 16 April 2022, AFP
Die woord “ietermagog” is ‘n inboorlingwoord (pangolin in Engels) vir die insek-vretende, reptielagtige soogdiertjie met skubbe wat net snags uitkom en die aarde al sowat 80 miljoen jaar lank bewoon. Op Saterdag 17 Februarie vier ons wêreldwyd die bestaan en beskerming van die ietermagog. Ongelukkig is hulle ook, soos ons renosters, ’n bedreigde spesie en waarskynlik die mees gesmokkelde soogdiere ter wêreld. Hulle is gesog vir hul skubbe (gemaak van keratien, soos die naels van mense), en word veral in Asië vir hul gewaande medisinale eienskappe gebruik. Lees gerus die mooi verhaal van Lumbi en ook Steve, twee ietermagogs wat ná ’n klopjag uit die kloue van stropers gered is, en van die besondere werk wat die Johannesburg Wildlewe-veeartshospitaal doen om inheemse wild te behandel en te rehabiliteer.