Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Wêreld-vleilanddag

Deur Mariëtte Odendaal

Op Sondag 2 Februarie word daar wêreldwyd Vleilanddag gevier, maar wat is ’n vleiland presies, en waarom is dit van kritieke belang dat dit bewaar word?

Vleilande is ekosisteme waar water die primêre faktor is wat die omgewing en die verwante plant- en dierelewe beheer. ’n Gebied word as ’n vleiland beskou as dit moerasagtige grond, waterliewende plante en ’n hoë watertafel het. Dit sluit beide varswater-, mariene en kus-ekosisteme in, asook alle mensgemaakte terreine soos visdamme, ryslande, reservoirs en soutpanne.

Die belangrikheid van vleilande
  • Dit funksioneer as sponse.
  • Dit vertraag vloedwater.
  • Vleilande is natuurlike filtrasiesisteme vir die suiwering van water.
  • Dit bied biodiversiteit.
  • Vleilande kan voordelig wees vir ekonomiese groei in gemeenskappe.

Alhoewel vleilande slegs sowat 6% van die aarde se landoppervlak bedek, woon of broei 40% van alle plant- en dierespesies in vleilande.

Meer as ’n miljard mense wêreldwyd is afhanklik van vleilande vir hul lewensbestaan – dit is sowat een uit elke agt mense op aarde.

Die bedreiging van vleilande

Vleilande is een van die mees bedreigde habitats ter wêreld. In sekere opvangsgebiede in Suid-Afrika het studies getoon dat meer as 50% van vleilande alreeds vernietig is. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die dreinering van vleilande vir die aanplanting van gewasse en weiding, swak bestuurde brande wat lei tot erosie, die aanplanting van uitheemse bome in vleilande, mynbouaktiwiteite, besoedeling en stedelike ontwikkeling.

Hierdie aktiwiteite verander die vloei van water en die watergehalte wat ’n vleiland óf beskadig óf vernietig. Voortdurende vernietiging van vleilande sal lei tot minder suiwer water, minder betroubare watervoorrade, toenemend ernstige vloede, laer landbouproduktiwiteit en meer bedreigde spesies

Voorbeeld van vleilande in die Vrystaat
Grasland-vleilande
  • Die graslandarea in die omgewing van Bethlehem
  • Die netwerk van vleilande langs die Caledonrivier