Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Wêreld-natuurlewedag

Oorgeneem uit uit www.un.org

Kom ons vier op Sondag 3 Maart saam met die res van die wêreld ons pragtige natuur. As Suid-Afrikaners is ons baie bevoorreg om een van die mees biodiverse fauna en flora ter wêreld te hê. Dink maar net aan ons unieke fynbos-areas en die groot vyf wat in verskeie van ons natuurparke te sien is. Wêreldwyd maak mense staat op die natuurlewe en biodiversiteitsgebaseerde hulpbronne om in hul behoeftes te voorsien – van kos tot brandstof, medisyne, behuising en klere. Vele organisasies fokus daarop om te verseker dat ekosisteme kan floreer en plant- en dierespesies vir toekomstige geslagte kan voortbestaan. Wêreld-natuurlewedag bied aan ons die geleentheid om ons besondere Suid-Afrikaanse fauna en flora te vier en mense bewus te help maak van die vele voordele wat die bewaring van ons kosbare natuurlewe aan die mens bied. Terselfdertyd herinner dié dag ons daaraan om die stryd teen misdaad teen ons mooi natuurlewe op te skerp en die menslik- veroorsaakte afname aan spesies te beveg. Kom ons vier hierdie besondere dag en die belangrike bewaringswerk wat regoor die wêreld in hierdie verband gedoen word.

116 | Maatskaplike NOODLYN