Oorgeneem uit cbd.int/conferences/2024
Die Verenigde Nasies (VN) se Biodiversiteitskonferensie (COP16) word van 21 Oktober tot 1 November 2024 in Cali, Colombia gehou.
Met slegs ses jaar oor om die wêreldwye biodiversiteitsteikens wat in 2022 aangeneem is, te bereik, verteenwoordig COP16 ‘n kritieke oomblik om finansiering te mobiliseer en aksies vir die natuur op te skaal.
In Vrye Weekblad is daar op 22 Oktober gerapporteer dat die mensdom op die punt is om die perke oor te steek wat die aarde kan hanteer weens die verlies aan biodiversiteit. So het kenners in Cali in Colombia gewaarsku waar hulle tans byeen is vir die VN se Cop16-beraad oor dié onderwerp. Tom Oliver, professor in toegepaste ekologie aan die Universiteit van Reading in Brittanje, is onder die kenners wat gewaarsku het dat drastiese verandering nie meer gekeer kan word nie: “I really worry that negative changes could be very rapid.”
Lees meer oor die COP16-beraad HIER