Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Vrouemaand: Beplan ’n meer eko-vriendelike klerekas

Deur Mariëtte Odendaal

Augustus is Vrouemaand en bied aan ons as vroue ’n gulde geleentheid om ’n lewensveranderende impak op ons samelewing en veral ons huishoudings te maak. As navolgers van Christus is dit belangrik om oral waar moontlik, die gesindheid van ’n eko-vriendelike lewenswyse prakties uit te leef. As vroue is ons dikwels nie net die beplanner en aankoper van ons eie klerekas nie, maar ook dié van ons gesin. Hierdie week fokus ons op die verantwoordelike aankoop van nuwe klere. Voordat jy weer klerewinkels toe gaan, vra jouself die volgende af: Sal ek hierdie kledingstuk meer as dertig keer dra? Kan ek dalk soortgelyke klere by ’n goeie tweedehandse winkel koop? (Leerprodukte en jeans is byvoorbeeld goeie keuses.)

116 | Maatskaplike NOODLYN