Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Aardedag

Deur Mariëtte Odendaal

“Ons krag, ons planeet”

Opvoeding oor die beskerming van die aarde raak toenemend belangrik en ons as gemeentes kan ’n baie bepalende en invloedryke rol hierin speel.

Wat is nou mooier as ’n gloeiende sonsondergang oor ’n woestyn of oor die wye oop see? Wat is lekkerder as om deur branders te duik of op bospaadjies deur ’n digte woud te stap? Wat raak ons dieper as Namakwaland se kleurryke blommeprag of die sonsopkoms oor die heuningkleurige Golden Gate in die Malutiberge?

Ons planeet is ’n wonderwerk van lewe; ons enigste tuiste. Dit word egter bedreig deur ondeurdagte en selfsugtige aksies wat die voortbestaan van ons besondere planeet ernstig bedreig.

Opvoeding oor die beskerming van die aarde raak toenemend belangrik en ons as gemeentes kan ’n baie bepalende en invloedryke rol hierin speel.

Aardedag het in 1970 ontstaan en word sedertdien wêreldwyd gevier in ’n poging om die mensdom in te lig oor hoe om meer omgewingsvriendelik te leef. Vanjaar word dit op Saterdag 18 April gevier en die tema is “Ons krag, ons planeet”.

Meer as 192 lande vorm al deel hiervan met meer as 150 000 vennote wat daarop fokus om positiewe aksies ten gunste van die voortbestaan van ons planeet te ondersteun.

Mense soos Sir David Attenborough (wat vanjaar 100 word), wy hul lewens daaraan om ons van die noodsaaklikheid van ’n omgewingsvriendelike lewenstyl te oortuig.

Talle veldtogte ten gunste van Aardedag het al sedertdien ontstaan en jy en jou gemeente kan gerus deel van die volgende inisiatiewe word:

 

Doen jou klein deeltjie vir Aardedag en maak saam met miljoene mense oor die wêreld heen ’n beduidende verskil vir ons nageslag.

Lees meer oor Aardedag HIER.