Deur Mariëtte Odendaal
Kom ons beveg voedselvermorsing!
Het jy geweet dat 33% van alle kos wat wêreldwyd geproduseer word, elke jaar verlore gaan of vermors word? As jy dan lees dat net ’n kwart van die kos wat wêreldwyd vermors word, gebruik kan word om die 795 miljoen mense wat ondervoed is, te voed, besef jy hier is iets drasties verkeerd.
Die doel van die Stop Voedselvermorsing-dag wat op 30 April wêreldwyd gevier word, is om mense anders te laat dink oor hoe ons met kos te werk gaan. Dit is ’n wêreldwye probleem wat dringend aandag vereis. Laat ons, as navolgers van Christus, ’n bewustheid help skep oor voedselvermorsing. Laat ons die mense in ons gemeenskappe op alle vlakke betrek en hieroor opvoed deur praktiese, kreatiewe en betekenisvolle maniere te deel waardeur ons ons gedrag kan verander om voedselvermorsing wêreldwyd te help verminder.
Hierdie maklike resepte wys jou hoe om die beste gebruik te maak van produkte en oorskietkos wat dikwels weggegooi word.