Deur Mariëtte Odendaal
Gooi jy maklik oorskietkos weg en maak nie ’n plan om kos wat oorbly op ’n kreatiewe manier op te dis nie? Lees dan gerus verder.
Daar word al sedert 2007 jaarliks in Maart wêreldwyd gefokus op ‘n belangrike, maar dikwels onsigbare klimaatsveranderingskwessie, naamlik die vermorsing van voedsel.
Vanaf 9 tot 15 Maart vind die Week van Aksie teen die Vermorsing van Voedsel (Food Waste Action Week) plaas; ’n inisiatief wat al sedert 2007 deur Love Food Hate Waste via die internasionale klimaataksie-liefdadigheidsorganisasie, WRAP geloods word. Hulle pak hierdie week aan in samewerking met nasionale en plaaslike regerings, gemeenskapsgroepe, NRO’s en handelsmerke regoor die wêreld.
Dié week inspireer eenvoudige, praktiese wenke wat help om kos langer te laat hou. Dit bespaar geld, tyd en stres, terwyl die planeet beskerm word.
- Vestig ’n weeklikse kos-aankooproetine: beplan wat jy wil koop, hou daarby as jy inkopies doen en stoor die kos op die regte manier.
- Maak gebruik van kosbesparingsresepte.
- Herwin jou kosafval.
Word gerus deel as gemeente of skool van dié belangrike inisiatief; dit leer ons almal om baie meer bewustelik-spaarsamig met voedsel om te gaan.

