Oorgeneem by VrydagNuus Kaapkerk, 9 Augustus 2024
“Ouers, veral ma’s, is onder soveel druk om alles perfek te doen, maar dis onmoontlik. Vroue voel maklik hulle misluk in hul poging om ekologies volhoubaar hul baba groot te maak,” sê Marizanne Pfeil-Wessels, lid van Getuienisaksie in die Wes-Kaap se Groenspan en predikant van die NG Kerk De Aar. Sy stel egter voor dat jy klein kan begin deur eers net op een volhoubare aspek te fokus.