Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Wêreld-trekvoëldag

Deur Mariëtte Odendaal
Oorgeneem uit nationaltoday.com

Dalk is jy een van die gelukkige mense wat ’n swaeltjienessie bokant jou voordeur of êrens onder jou stoepdak het. Op Saterdag 11 Mei vier ons Wêreld Trekvoëldag en kyk met nuwe oë na onder andere hierdie klein swaeltjie; ’n wonderwerkie daar reg op jou voorstoep. Ter wille van oorlewing migreer swaeltjies byvoorbeeld in die winter vanuit Brittanje na Suid-Afrika via Wes-Frankryk, Oos-Spanje en Marokko voordat hulle die Sahara-woestyn en die Kongo-reënwoud oorsteek. Hulle vlieg ongeveer 320 km per nag (ja, hulle vlieg nie bedags nie) en die hele reis neem ongeveer ses weke in beslag. Sommige spesies kan tot 9,656 km tydens hul migrasie vlieg. So, volgende keer as jy ’n swaeltjie sien wat deur die lug swiep, dan weet jy watter ongelooflike reise hulle oor kontinente heen aanpak.

116 | Maatskaplike NOODLYN