Deur dr Pieter van Jaarsveld, Emeritus
Die Netwerk vir Gerontologie, ’n onderafdeling van Bedieningsbegeleiding van die NG Kerk Vrystaat wat fokus op betekenisvolle veroudering van mense, het op 11 September 2024 ’n aanbieding gereël in die Engosaal by Westerbloem waar daar aandag gegee is aan ’n baie aktuele onderwerp wat alle seniors raak. By…
Deur Mariëtte Odendaal | Gerontologie Netwerk
“Wat ’n inspirasie!” So sê ds Jors Reynders, sameroeper van die Gerontologie Netwerk van die NG Kerk Vrystaat, nadat hy op 13 Maart vanjaar ’n aanbieding van die welbekende Annie Coetzee, lewensafrigter en spesialis oor die verouderingsproses, bygewoon het. Sy praat ook gereeld op Radio Sonder Grense (RSG)…
Praktiese riglyne vir Gemeentes en Instansies vir die sinvolle gebruik van die gratis diens wat die netwek vir Gerontologie van due NG Kerk Vrystaat aan julle lewer rakende ‘n sinvolle senoirbediening
1. Gebruik die “WiFi-sein” by jou kerk of instansie deur op die skakel op ons advertensie te kliek om direk op…
Deur Mariëtte Odendaal
Luister
“Alhoewel die Gerontologie Netwerk nog in sy kinderskoene staan, kan daar met dankbaarheid na die verlede teruggekyk word.” So sê ds Jors Reynders, voorsitter van dié belangrike en onontbeerlike netwerk wat fokus op die betekenisvolle veroudering van ons senior burgers.
Ons droom vir die Gerontologie Netwerk
“Nie net kon ons ’n duidelike…
Die visie van die Gerontologie Netwerk, onder leiding van ds Jors Reynders van die NG Gemeente Bloemheuwel, is die bevordering van betekenisvolle veroudering onder senior volwassenes in die Vrystaatse kerk en samelewing. Die netwerk formuleer haar missie soos volg: Ons dien die sinodale gebied van die Vrystaatse NG Kerk met holistiese gerontologiese inligting en praktyke…
“Genesing kom wanneer ek kan gaan van verwonding na verwoording – wanneer ek ’n naam kan gee aan die seer. Dit help om die seerkry-gedagtes neer te skryf, met iemand daaroor te praat of selfs professionele hulp te kry.” | Prof Jan-Albert van den Berg
Wie van ons sit nie met letsels uit die…
Die grootste kopskuif wat ek gemaak het, was dat seniorbediening eerder ’n bediening deur as aan seniors kan wees. Hoe gebruik ons egter hierdie gawes, talente, liefde en vermoëns in die samelewing?
Ds Frans Oosthuizen, komiteelid: Gerontologie Netwerk
Gerontologie
Die Gerontologie Netwerk van die NG Kerk Vrystaat is in die lewe geroep met die doelgerigte visie…
As jy deesdae deur jou ouers se foto-albums blaai en na die vergeelde foto’s kyk, staan jy dikwels verstom om te hoor hulle was op daardie foto’s dieselfde ouderdom as jou oom of tannie (of jyself!) wat in vandag se tyd nog baie betrokke en aktief in hul gemeenskappe is. Tye het beslis verander. Ons…
No pain, no gain
Hoop dit het jou oog gevang: Wees anti-broos! Nou het ek nie die term uitgedink nie, dit word toegeskryf aan ‘n sekere Nassim Taleb (“anti-fragility”). In kort kom dit daarop neer dat ons swaarkry moet aanvaar as deel van die lewe en dat dit goed is vir ons. Thomas à Kempis het hierdie…
“Hoewel veroudering nie ’n nuwe verskynsel is nie, is ons tans meer bewus van die groeiende ouerwordende gemeenskappe en die uitdagings wat hiermee gepaard gaan.”
Op 15 Junie het prof Laetus OK Lategan, navorser oor geriatriese gemeenskappe in publieke gesondheidsorg, op versoek van dr Kruger du Preez (sameroeper van die NG Kerk Gerontologie Netwerk) ’n…
Hoe help ék my geliefde om te voel hulle word ‘gehoor’ en ‘raakgesien’? Onthou dis baie keer die gevoel van isolasie en ‘n omgewing wat nie ondersteunend is aan behoeftes nie, wat veroorsaak dat persone met demensie swak ‘mental health’ ervaar.
Aktiewe luistervaardighede (Google dit). Al verstaan jy nie wat die persoon sê nie, kyk…
OORFONE PROJEK
Ons het verlede week nog vier oorfone oorhandig aan Melissa Kilian, arbeidsterapeut van Ons Tuiste.
(Foto verskaf)
Die skenker van R2 000 is Carlos Marques van Meyerton. Die volledige stel met die geheuekaart kos bykans R500 per stel. Ons het welkome afslag gekry by Kloppers.
Die musiek oor die oorfone verskaf baie vreugde aan die…
Ouderdom is ‘n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.
(Spreuke 16: 31)
NG Gemeente Aandbloem se Kommissie vir Gerontologie het onlangs hulle naam verander na: Die Kommissie vir Betekenisvolle Veroudering. Dit is veelseggend. Hulle moes kies tussen verskillende moontlikhede wat vandag die Gerontologie scenario oorheers.
Optimale veroudering Klem val veral…
Artikel deur Gerontologie Netwerk
Reeds in 2017 het dr Pali Lehola, die direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Statistieke, besorgdheid uitgespreek oor die implikasies van die geweldige toename van bejaardes in Suid-Afrika. Hy wys uit dat daar tussen 2011 en 2016 ‘n “kommerwekkende” 9% toename is van mense oor 60 jaar in ons land. Alhoewel die blankes…