Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Praktiese riglyne vir gemeentes en instansies | Gerontologie

Praktiese riglyne vir Gemeentes en Instansies vir die sinvolle gebruik van die gratis diens wat die netwek vir Gerontologie van due NG Kerk Vrystaat aan julle lewer rakende ‘n sinvolle senoirbediening
1. Gebruik die “WiFi-sein” by jou kerk of instansie deur op die skakel op ons advertensie te kliek om direk op You Tube na die aanbieding in Bloemfontein te kyk

2. Gebruik ‘n “Smart TV” OF ‘n rekenaar gekoppel aan ‘n projector om die beeld en klank vir jou gehoor uit te saai.

3. Adverteer vroegtydig die byeenkoms aan jou gemeenskap wat jy wil dien: Bv. Woensdag 13 Maart: 9:00 tot 11:30 in die Kerksaal (of ander lokaal) : Annie Coetzee: Tema: “Voel jonger en gesonder omdat jy KAN”.

4. Reël tee en verversings vir jou gaste om dit tydens die 30 minuut pouse te geniet. (Die aanbieding word vanaf Bloemfontein gestroom vanaf 9:00 tot 10:00, dan is daar ‘n halfuur pouse. Daarna, vanaf 10:30 tot 11:30’ is daar ‘n tweede sub-tema waarna die byeenkoms afgesluit word.

5. Opsioneel: Bespreek die inhoud van die aanbieding met jou groep gaste en sluit die byeenkoms af.

6. Gee terugvoer aan die Gerontologienetwerk deur 082 783 0730 te “Whats-App” bv: NG Kerk Fouriesburg: 13 Maart: 14 persone.

(LW: Soortgelyke byeenkomste vir jul Seniors kan ook op ‘n later datum gehou word aangesien al die vorige aanbiedings se skakels beskikbaar is op die webblad van die NG. Kerk Vrystaat onder “Werksaamhede”, “Bedieningsbegeleiding”, “Netwerke”, “Gerontologie.”)

Vir enige navrae: Skakel ds Jors Reynders by 082 783 0730 of epos: jomarey@mweb.co.za.