Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

DIDASKO – ‘n Lerende Gemeenskap

Deur dr Leon M Foot, uitvoerende amptenaar van Bedieningsbegeleiding

Die afgelope Dinsdag 19 Augustus 2025 was ‘n vreugdevolle dag in die Vrystaat. Op hierdie dag het Didasko amptelik die lig gesien.

Didasko is die handelsnaam waaronder VBO in die Vrystaat voortaan aangebied gaan word. Die Griekse woord, didasko, beteken om te leer. En dit is wat Bedieningsbegeleiding wil doen: Om leraars te kry om self te leer en om ander te leer.

Didasko het afgeskop met nie net een nie, maar sommer twee VBO-geleenthede. Die oggend het ‘n Sentrum vir Predikantebegeleiding (Fase 1) begin met vier deelnemers en agt begeleiers.

Hier is leraars se gedragsbekwaamhede op-geskerp deur rolspel en gevallestudies. Later die aand was daar ook die eerste van vier aanlyn-geleenthede. Prof Marius Nel het die eerste aanbieding gelwer in die reeks oor verantwoordelike hermeneutiek in die 21ste eeu. Sy tema was Ingenooi in die eeue-oue gesprek met en oor God se verbondstrou. Daar was 39 deelnemers by hierdie geleentheid. Oor die volgende drie Dinsdae is daar weer aanbiedings in hierdie reeks. Hierdie aanlyn-byeenkomste is almal gratis.

Kyk uit vir die Didasko-logo – opwindende geleenthede lê voor.

 

 | Verskaf deur: Dr Leon M Foot.