Deur Mariëtte Odendaal
“Wat hierdie geleentheid so besonders gemaak het, was dat almal die erns van die teologiese opleiding kon beleef en daarna ook die kuratoriumlede wat teenwoordig was, kon ontmoet.” Dr Andries Hoffmann
Op Dinsdag 4 Junie was daar groot vreugde in die NG Kerk in Afrika (NGKA) toe drie van hul finalejaar-teologiestudente,…
Deur Mariëtte Odendaal
Dis laatmiddag in ’n hoë gebou waar ’n vrou besig is om gange te stofsuig en snippermandjies leeg te maak. Niemand wat in die netjies versorgde gange stap, merk haar eintlik op nie, totdat sy dié dag genader word deur ’n Nobelpryswenner en staatspresident. Hy verskoon homself daardie dag vir ’n oomblik…
Deur Mariëtte Odendaal
“Op ’n emosionele vlak gee die beurs my groot gemoedsrus; dit het my bekommernis oor finansies heelwat verlig sodat ek my aandag baie meer op my studies kan fokus.”
Carla Greyling
Onderwysstudent, UV
Hoe gemaak as dit jou droom is om onderwys (grondslagfase) te studeer, maar die stygende studiekoste laat jou…
Deur Mariëtte Odendaal
“Aanvanklik was ek van plan om deeltyds te werk om die res van my klasgeld af te betaal, maar dit was moeilik om ’n werk te kry wat by my klastye inpas. Die Helpmekaar Beursfonds het dit egter vir my moontlik gemaak om voltyds te kan studeer; ek kan nou al…
Deur Tertius Botha,
bestuurder van die Departement: Administrasie en Inligting, NG Kerk Vrystaat
Ek kan nie glo ons is al in April van 2024 nie! Die jaar het met ‘n spoed weggespring, en in so ‘n dolle gejaag is dit soms nodig om net vir ‘n oomblik te stop, terug te staan en te fokus op…
Deur Mariëtte Odendaal
“Ek dink hierdie soort fondse is wonderlik. Dit dra baie daartoe by dat ons as studente ons studies kan voltooi. Terselfdertyd help dit ons ook om op ons beurt weer iets aan die gemeenskap terug te gee.” Bianca van der Vyver Helpmekaar Beursfonds-begunstigde
Tersiêre opleiding is ’n peperduur perd om…
Deur Mariëtte Odendaal
“Ek moedig enigiemand aan om ’n bydrae tot hierdie uiters verdienstelike beursfonds te maak. Jy kan maar vir seker weet dat dit met die uiterste omsigtigheid en verantwoordelikheid volgens meriete toegeken sal word. Vir ons as ouers met drie kinders op universiteit is dit van enorme hulp.” Elzanne Jansen van Rensburg…
Ondersteuning | Deur Mariëtte Odendaal
“Die wesenlike doel van die Helpmekaar Beursfonds in die Vrystaat is om studente te help om hul studies te voltooi en produktiewe lede van die gemeenskap te word. Hierdie hulpverlening moet ook volhoubaar gedoen word en as teken dien dat ons mense is wat vir mekaar omgee en mekaar help.…
Dit is altyd vir my lekker (en ’n voorreg) om die skriba-opleiding aan te bied. Daar ontmoet ek ’n klomp oulike mense. Dit maak nie saak hoe lank hulle al vir die kerk werk en of hulle uit ’n groot of ’n klein gemeente kom nie, hulle is ’n klomp oulike mense. Die skriba-opleiding wat…
Eerste dokumente, Laaste dokumente
“Die verlede is 'n ander land: waar is die pad wat daarheen voer? Die verlede is 'n ander land, onbereikbaar in sy verte, en wat daaruit herwin kan word, wat daaruit behou kan word, dra jy met jou saam.” | Karel Schoeman Die uur van die engel
Op Woensdag…
"Die hooffokus van hierdie aanbieding was dus om te verstaan dat kommunikasie baie meer is as wat ons dink ... Alles begin hier binne, in jouself."
| PG Paradigm
Ons leef in ’n era van inligtingsontploffings en word daagliks met meer wêreldnuus, fopnuus en sommer net gemeenskaps- en familienuus oorval as wat die hele mensdom…
’n Klein groepie skribas het op 14 Junie in ’n koue Bloemfontein by die Sinodale kantoor bymekaargekom vir skriba-opleiding. Op 26 Julie het nog ’n groep bymekaargekom in ’n mistige Reitz.
Hier word die geleentheid geskep dat die skribas mekaar bietjie beter kan leer ken. Dié wat jare lange ondervinding het en dié wat nuut…
“Wat verhoed ons as Christene, uit alle bevolkingsgroepe, om weer in ons land vol ellende so saam te staan met ’n nuwe fokus: om Christen-jongmense te help studeer om leiers op alle terreine van die samelewing, maar veral dan goeie onderwysers, te word?
Dr Gideon van der Watt
Jy kyk na die Zoom-skakel van die eerste…
Die goue draad deur die argiefkomitee van die NG Kerk Vrystaat se vergadering op 7 Maart 2023, was dat verhoudings en samewerking die sleutel tot die veerkragtigheid van die kerkargief sal lei. Dit is geïllustreer en beklemtoon deur die gasspreker Nandor Sarkady van die Nederduitse Hervormde Kerk se Argiefbewaarplek. Uitdagings soortgelyk aan dié van die…
J.D. Kestell as Vrystaatse Veldprediker in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902
Inleidend
Een oortuiging wat in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in die gemoed van J.D. Kestell geleef het, was dat ‘n verlies van sy staatkundinge en politieke onafhanklikheid deur die oorlog nie die einde van die Afrikaner as kultuurgemeenskap hoef te beteken nie (Kestell 1902:94-95). Sy kultuurverbintenis…
Clarens – 10 tot 12 Oktober 2022
Daar is aan my gevra om my indrukke en ervaring wat ek beleef het tydens die werkswinkel, op skrif te stel. Nou laat ek net eerstens die hoek verduidelik van waar ek kom. As enigste ouderling tussen 42 plus predikante, was dit 'n ervaring op sigself, maar laat…
Toe Christus sterf, het ook die negende woord in die slag gebly: “Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.” Ook nie teen of oor die gestorwe naaste; ons historiese voorgangers en hul tyd en konteks nie. Daarom moet ‘n kerk altyd bly waak by die bronne waarin die verlede – oor haar vergange lewe en…
Die Skriba-opleiding, soos gehou op 7 Junie in Bethlehem en 14 Junie in Sasolburg, was weereens suksesvolle geleenthede. Dit bly lekker om hierdie vriendelike mense te ontmoet en hulle netwerk van ondersteuning uit te brei. Daar het nou altesaam 60 skribas hierdie opleiding bygewoon. Die wat dit nog nie bygewoon het nie, wil ons aanmoedig…
Adriaan Petrus van Zyl is op 4 Julie 1977 as die jongste van twee seuns in Bloemfontein gebore. Hy was vir sy hele skoolloopbaan in Bothaville op skool. Hy het sy laerskoolloopbaan aan die Primêre Skool Eben Dönges voltooi waar hy in 1989 hoofseun was en sy hoërskoolloopbaan aan die Bothaville Hoërskool waar hy in…
Nog twee skriba-opleidingsessies is gehou op 17 Mei in Welkom en op 24 Mei in Bloemfontein. Hier het skribas mekaar bietjie beter leer ken en lekker saamgesels oor die uitdagings in hulle onderskeie kantore. Die skribas se terugvoer is dat hulle die opleiding baie positief beleef en dit is ‘n welkome verandering om bietjie uit…
In strategiese prosesse wat vanaf 2018 by CLF beplan en bestuur word, is die noodsaaklikheid van die beskikbaarstelling van CLF-produkte nader aan die mense vir wie die produkte bedoel is, as kernfaktor uitgewys.
Die vestiging van kleinhandel-kanale om die produkte by die kliënte te lewer, het die afgelope ongeveer 12 maande stukrag gekry met die…
Op 12 April 2022 is die eerste skriba-opleiding in Bloemfontein gehou. Skriba’s van Gariepdam tot Hoopstad het die geleentheid bygewoon. Hulle het mekaar beter leer ken en besonderhede uitgeruil om op so ‘n manier nog meer bymekaar te leer en raad te vra. Die ondervinding in hierdie groep het gewissel van 2 maande tot 34…
By die laaste sinodesitting is die sogenaamde “dertig persent”-besluit geneem. Hiervolgens moes gemeentes se bydraes vir werk in meerdere verband (algemeen bekend as pro-rata bydraes) met 30% verminder word tydens die reses. Dit is sedertdien gedoen en die bedrag wat verhaal word van gemeentes het jaarliks verminder. Die dilemma is egter dat baie gemeentes finansieel…
Foto: Mariëtte Odendaal
Mariëtte Odendaal is ’n mediakonsultant wat ’n passie vir inspirerende stories het. Sy reis graag en hou daarvan om interessante mense en onbekende kulture te leer ken. Een van die lekkerste werke wat sy al ooit gedoen het, is haar betrokkenheid by die kommunikasieplatforms van ons NG Kerkfamilie Kaapstreek se Afrika Ekumene-inisiatiewe. Sy…
Een van die bekendste Xhosa-gesegdes, Umntu ngumntu ngabanye abantu (’n mens is ’n mens deur ander mense), kry nuwe betekenis as jy die storie agter die hoopgewende Ooshoek Beursfonds hoor.
Wat maak jy as jy in ’n kerkbank sit, werkloos is en jou toekoms uitsigloos voor jou uitstrek terwyl jy hoor hoe die predikant Sondag vir Sondag…
“Met goedkeuring van die Sinode is ‘n begin gemaak met ‘n Evangelisasiesentrum, ook genoem Bybelskool; ‘n stuk grond van 25 morge, twee myl van die stad se noordelike grens, met geboue en gronde pragtig uitgelê, is gekoop teen ‘n bedrag van £10,000 met oordragskoste”. So lui die 1960 Sinode se notule onder Evangelisasie en Aktuele…
Die Raad vir Ondersteuning het op 22 Februarie ons eerste vergadering vir die jaar gehou. ʼn Aantal sake is bespreek wat ook vir gemeentes van belang is.
Begroting
Tydens die 2017 sinode is besluit om die begroting met 30% af te bestuur. Dit beteken dat gemeentes se totale sinodale bydrae 30% minder moet word. Met…
Die Raad vir Ondersteuning het Maandag hulle laaste vergadering vir die jaar gehou. ʼn Aantal sake is bespreek wat ook vir gemeentes van belang is.
1. Die Argief: Die sinode beskik oor ʼn doelmatige argief en met die aftrede van ons argivaris word opnuut besin oor die beste moontlike benutting van hierdie bron. Die moontlikheid om die argiefstukke…