’n Klein groepie skribas het op 14 Junie in ’n koue Bloemfontein by die Sinodale kantoor bymekaargekom vir skriba-opleiding. Op 26 Julie het nog ’n groep bymekaargekom in ’n mistige Reitz.
Hier word die geleentheid geskep dat die skribas mekaar bietjie beter kan leer ken. Dié wat jare lange ondervinding het en dié wat nuut is in die rol van skriba-wees, kon lekker saamgesels oor die uitdagings in hulle onderskeie kantore.
Nuwe bande is gebou en die ondersteuningsnetwerk is vergroot. Dan het sommiges ook antwoorde gekry op goed waaroor hulle al lank wonder.
Indien daar nog skribas is wat belangstel in hierdie opleiding, kan Tertius Botha gekontak word by tbotha@ngkvs.co.za of by (051) 406 6700.
Nuwe datums en plekke vir opleiding sal gereël word soos die behoefte daarna bekend word.
Deur Tertius Botha, Bestuurder: Departement Administrasie en Inligting
Datum: 14 Junie 2023 | Plek: Sinodale Kantoor, Bloemfontein.
Foto verskaf: Vlnr: Franzel du Plessis (Hugenoot), Tertius Botha (Sinodale kantoor), Anmar Potgieter en Juanita le Roux (beide van Heuwelsig).
Datum: 26 Julie 2023 | Plek: Reitz-gemeente, Reitz.
Foto verskaf: Vlnr: Tertius Botha (Sinodale kantoor), Karina Greyling (BHM-Efrata), Corien Nel (Reitz-Wes), Elsie Heymans (Reitz), Atha Kruger (Deneysville), Lizette le Grange (Clarens), Elize Hattingh (Arlington), Marí van Wyk (Lindley). Voor vlnr: Ansie Smit (Petrus Steyn), Nunette Doyle (Oranjeville) en Hanli Wolmerans (Oranjeville).