Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Skribas word opgeskerp vir die taak

Deur Tertius Botha,
bestuurder van die Departement: Administrasie en Inligting, NG Kerk Vrystaat

Ek kan nie glo ons is al in April van 2024 nie! Die jaar het met ‘n spoed weggespring, en in so ‘n dolle gejaag is dit soms nodig om net vir ‘n oomblik te stop, terug te staan en te fokus op dit waarmee ons eintlik besig is.

Die skriba-opleiding is vir my so ‘n geleentheid. Ten spyte van baie opdragte en uitdagings wat op my tafel lê, was die opleiding van 9 April weer ‘n geleentheid wat my opnuut herinner het aan waarmee ek nou eintlik besig is. Skribas is plat-op-die-aarde-mense met goue harte. In ons gesprekke het ek weer daarvan bewus geword dat die werk daar buite groot is en die arbeiders min. Daar is baie wat gedoen moet word en ‘n skriba staan meestal reg en diensbaar.

Met die wete dat daar so baie is om te doen, maak dit sin om seker te maak jou toerusting is skerp en effektief. Skriba-opleiding bied so ‘n geleentheid om jouself weer op te skerp en meer effektief in jou kantoor te kan funksioneer. As jy dit nog nie bygewoon het nie, wil ek jou graag uitnooi.

Indien daar nog skribas is wat belangstel in die opleiding, kan hulle vir Tertius Botha kontak by tbotha@ngkvs.co.za of by 051 406 6700.

Nuwe datums en plekke vir opleiding sal gereël word soos die behoefte daaraan bekend word.

116 | Maatskaplike NOODLYN